Wednesday, 24 April 2019



 Happiness can only be real when it is shared!


Hallo Almal!

Dis 'n nuwe seisoen en soos ons almal weet, het dit altyd sy uitdagings en opgewondenhede met laagte en hoogte punte! Die laaste week het ek alle aspekte van emosies bereik.

Die Sondagoggend het Jono en Sara my afgesien en het ek alleen die hitte, verkeer en probleme daarna trotseer. Dit het alle emosies in my losgemaak en die trane het vrylik gevloei! Ek was alleen en weg van almal wat ek ken. Geen vriende en familie, net die pad, hitte, hartseer en verlange. Is dit wat my nuwe seisoen gaan behels? Oor en oor het ek myself begin bevraagteken, ook die motorfiets, aangesien my ekstra petrol tank skielik nie meer gekoppel is met die hoof tank nie. Ek het enige moontlike rede bedink om terug te draai en dit uit te stel. Dit was 41grade. Met my ry-pak aan het ek gevoel of ek in n oond is en my helmet het my ore gedruk, die windskerm het losgekom en ek het n fitting verloor, ens.


Ek moes myself gou regruk en besef dat ek nie alleen is nie en dat die Here my elke oomblik gaan bystaan en dat ek net opnuut moet sterf, want daar is n baie groter doel as die "ek" en selfbejammering. Onmiddellik het ek siele weer gesien .. verlore en onbereikte mense vir wie Jesus gesterf het. Die Heilige Gees het my hart gevul met blydskap en ek het skielik n opgewondenheid beleef en vrede wat alle verstand te bowe gaan!

My home is in Heaven, I'm just travelling through this world - Billy Graham

Na 7 ure se ry het ek naby Bangkok verblyf gekry. Die hoteletjie het geen shampoo, seep of toiletpapier gehad nie en moes ek n 7 Eleven gaan soek. Die volgende oggend net voor ek ry, skuif ek my helmet weg en daar is n koekie seep van die hotel langs die tissue boks...WAT.... daar is n tissue boks!!!! Ek kon dit gebruik het vir toiletpapier! Daarna is ek Bangkok toe om n paar dinge te doen en ook om n Thai Buddhist (Biker) wat ek al geruime tyd mee kommunikeer middag ete te he. Die Here is besig om in sy lewe te werk en ek is so dankbaar.

Die 3 ure in Bangkok met sy belaglike verkeer het my redelik teruggesit en ek het weer so 7 ure gery. Die aand het my bene erg begin jeuk en ek was geskok om die tropiese uitslag te sien. My bene waar my kouse was onder die bootse was oral rou en stukkend en vol knoppies. Ek het gelukkig Tropiese salf gehad en ek het daarna my spesiale kouse vir ry aangetrek en genesing het vinnig ingetree gesamentlik met gebed.

Die volgende dag het ek dit gedruk om verlore tyd in te haal aangesien ek n sekere tyd in Kuala Lampur moes wees. Die gesindheid van meeste Thais in die Suide was baie aggressief en daar is meer Muslims as Buddhiste. Ek het 2 ure gesukkel om verblyf te kry, aangesien dit die Songkran fees was en daar oral horde toeriste was. Woensdag is ek na Immigration om my Re-entry permit te kry en daarna na die grens wat redelik vinning was alhoewel ek vir amper n uur in die bloedige son op my motorfiets moes wag.

To be a soul winner is the happiest thing in the world. And with every soul you bring to Christ, you seem to get a new heaven here upon earth. - Charles Spurgeon

Dit was letterlik soos dag en nag verskil toe ek eers in Malaysia inry. Daar is orde en nie mal bestuurders nie en die paaie is van die beste wat ek nog gesien het in Asia. Daar is min motorfietse en ons kon op die tolpaaie ry wat nie die geval in Thailand is nie. Motorfietse hoef ook nie tolgeld te betaal nie. Ek het later probeer verblyf kry, maar dit was n frustrasie omdat Google my na plekke gestuur het waar dit net huise was en het ek maar besluit om deur te ry Kuala Lampur toe wat veroorsaak het dat ek 13ure 30 min op die pad was voordat ek Klang Port in Kuala Lamphur bereik het.

Soos n bestiering was die hotel wat ek sommer gegoogle het 7 minute vanaf die shipping agent en ek het nie eens die adres gehad voor die tyd nie. Die shipping agent het my vroeg Donderdag gekontak om te hoor of ek nie al dalk in Kuala Lampur is nie, want hy moes die verpakking met een dag vervroeg...weereens n absolute bestiering om deur te gery het die vorige dag.



Ek was baie beindruk met hul verpakking, maar ek moes al die petrol uittap en die battery ontkoppel wat n pyn is om by die battery uit te kom. Ek moes ook die bokse afhaal en die windskerm. Ook maar n warm dag gehad en het die hele tyd gesweet, maar ek was darem toe al gewoond daaraan. Ek kon Vrydagaand terugvlieg Chiang Mai toe en is baie dankbaar vir die Here se voorsiening en het genoeg fondse gehad om vandag die shipping koste te betaal.


I will never leave you nor forsake you - Heb 13:5 

Ek sal nou geduldig moet wees vir n maand voor ek Vladivostok toe vlieg om van daar Mangolia toe te ry. Dit sal darem n totale ander trip wees aangesien daar geen haas in gaan wees nie en dan begin die uitreik na elke persoon op die pad wat Jesus my aan blootstel. Daarvoor kan ek nie wag nie en met n dankbare hart kan ek se dat die temperatuur baie beter sal wees. My sitvlak was bitter seer elke dag van ry en ek het gedink ek sal dit gewoond raak, maar ek sal eerder my spesiale kussing wat ek het gebruik in die toekoms.

Die YWAM basis in Ulaanbaatar wag vir my en ek weet dat daar nuwe uitdagings wag, maar Hy het n belofte gemaak "ek sal jou nooit begewe of verlaat nie" en dat Hy my sal lei en help om n blessing vir Hom te wees!

Almal wil weet oor my knie, en al wat ek kan se is dat ek steeds die Here vertrou as my geneesheer en dat daar elke dag n verbetering is! Staan asb saam met my in gebed vir vinnige herstel en veral krag in my bene en totale hegting van die spiere! Baie dankie!!!!

Wel, my nuus was nou baie lank gewees, maar ek het net gevoel om julle meer bloot te stel aan alles wat ek deurmaak van nou af. Ek sal julle op hoogte hou wanneer ek Vladivostok toe beweeg.

Mag julle net die Here se awesomeness ervaar end dit deel met soveel wat Jesus nie ken nie.

Baie liefde,
Len


 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005





Wednesday, 19 September 2018


This morning about nine I withdrew to the woods for prayer. I was in such anguish that when I arose from my knees I felt extremely weak and overcome....I cared not how or where I lived, or what hardships I went through, so that I could but gain souls for Christ - David Brainerd

More my boeties en sussies in Christus,

Ons vertrou dit gaan goed met julle. Ons hou nie op om vir julle te bid en ook vir Suid Afrika se onrustige omstandighede nie. Mag die Here julle elke dag beskerm maar ons bid ook dat Hy n groot verandering in ons geliefde land sal maak.

Ons hier, duisende myle weg, het ook maar ons eie uitdagings. Dit is die meeste reen wat ek nog in my lewe ervaar het. Ek kan nie meer onthou hoe die son lyk nie...haha. Als is klam en nat maar ek kla geensins want dit is baie beter as die hitte wat ons die laaste vyf jaar ervaar het nie. Die humiditeit is wel steeds hoog. Ons het ook baie gebed nodig t.o.v visas hier in Thailand aangesien die army (nou die goverment) dinge harder maak vir sendeling.

Daar is n afdeling van ywam wat sterk werk met human trafficking en die rooi lig area en hulle het n film deur CBN (Christian Broadcasting Network) laat maak wat n groot inpak in baie se lewens sal he. Drie weke gelede was ons bevoorreg om deel te wees van n wonderlike uitreik waar n cinema gereel is om hierdie evangelistiese film te wys. Ons het almal, omtrent n week voor die tyd, uitnodigings kaartjies begin uitdeel oral in die stad en die resultate was wonderbaarlik.Die cinemas was so vol dat die mense in die paadjies en op die vloer gesit het. Daar is ook n evangeliese boodskap in dit en ons glo dat dit n groot impak in the Thais se lewens sal he.

Voorverlede week was dit ons YWAM Global konferensie wat 4000 ywamers, van reg oor die wereld, bygewoon het. Daar is nou meer as 2000 ywam basis oor die wereld en in meer as n 100 lande. Ek en Jono het gevolenteer om te help met sekuriteit aangesien hoofkantoor gesmeek het vir volenteers. Mmmm....min wetende dat daar n groep van 15 Thais en 9 Napalies wat gevolenteer het, nie gaan opdaag nie. Ek en Jono moes toe ook die leierskap oorneem en vanaf die oggende 7 uur tot in die aande 10 - 11 uur pal werk en toesighou ens. Ons het n probleem met die Chinese "secret police" gehad en n hele paar ander gevalle maar ek wil eerder oor die positiewe praat.

God, send me anywhere, only go with me. Lay any burden on me, only sustain me. And sever any tie in my heart except the tie that binds my heart to Yours - David Livingstone

 Ons het darem so hier en daar kon insit en getuienisse en terugvoer hoor en dit was baie inspirerend wat die Here besig is om te doen oral oor die wereld. Die vervolging het bitter erg begin word in die laaste jaar in China en India en die leiers se dat baie kerke word verwoed afgebreek en aan die brand gesteek. Sendelinge wat al 30 jaar daar is word visas en werk permitte geweier en moet die land onmiddelik verlaat. Dis die geval met meeste Christen organisasies. Gelukkig het baie deure oopgegaan in Noord Korea.


Op Woensdag van die week van die konferensie het ons almal, 4000 ywamer's, op uitreike gegaan oral oor Pattaya. Dit was n belewenis om al die taxi's te sien kom en gaan en ons het goeie terugvoering gekry. Die transsexuals en gays het maar baie vinnig verdwyn waneer ons die woord gedeel het maar daar was heelwat wat bly luister het en het vra gehad. Ek het lank met n Hollander gedeel wat omtrent my ouderdom is en dit het maar geknoei maar sy hart het darem teen die eiende sagter geword en het baie om te oordink en ek bid dat die Here die saad kan gebruik wat geplant is deur daardie dag van uitreik in n baie donker area van Thailand.

Die Here het die hele konferensie laat draai na Mongolia. Loren Cunningham (founder) het n beroep op mense gedoen om soontoe te gaan en gevra en gebid vir n duisend spanne om uit te reik met Bybel verspreiding en gevra vir meer lang termyn staf. Daar is n herlewing in Mongolia aangesien daar net 1 kerkie met 4 Christenne was in 1990 en nou is daar sowat 40 000 met 600 kerke. Ongelukkig is dit minder as 4 persent van die populasie maar dinge verander vinnig en ons dien n God van die onmoontlike. Ek kan nog baie noem maar sal eerder vertel waneer ons daar is.


Na baie gebed het ek oor en oor bevestiging gekry om Mongolia toe te gaan. Ek weet nie vir hoe lank ek daar gaan wees nie nie maar die Here het al 2 jaar terug met my begin deel om Mongolia toe te gaan en dit lyk na Mei volgende jaar. Meer waneer ons kom kuier.








Ek vertrou steeds om in Oktober the kom en Jono hulle in November. Die rand het net verskriklik verswak en die kaartjies is nou R5 000 meer per kaartjie as wat dit was 2 maande gelede.

Nou ja my nuusbrief is nou te lank. Glo ek sien julle volgende maand.

Mag julle net seeninge ontvang, groei in geloof en uitreik na mense en almal impakteer met Jesus se liefde.

Let us more and more insist on raising funds of love, of kindness, of understanding, of peace. Money will come if we seek first the Kingdom of God - the rest will be given - Mother Theresa

 

BANK DETAILS 


Account Name: New Hope Ministries International 
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005

Thursday, 26 July 2018

GOD IS USING PEOPLE WHO ARE WEAK AND FEEBLE ENOUGH TO LEAN ON HIM - HUDSON TAYLOR

Hi almal,


Dis darem weer tyd vir n nuusbriefie! Sal probeer om nie te lank te wees nie.

Ek het so n verlange na my mooi land en nog mooier mense! Ek kan nie wag om net weer daar te wees nie. Ek word darem bederf met boerewors omdat daar n oom van die Karoo ook hier n sendeling is en hy bederf ons darem nou en dan en kan ons by hom koop.

Ons vertrou dit gaan baie goed met julle en dat julle groei en honger en dors vir meer van die Here en Sy teenwoordigheid.












Dit gaan goed alhoewel ons as sendelinge maar altyd ons eie "challenges" het. Ek het skielik n baie slegte uitslag op my gesig gekry en son en hitte beinvloed dit baie negatief. Ek probeer om uit die son te bly maar dis nie altyd moontlik nie. Ek het werklik jul gebede nodig en om saam met my in geloof te staan vir n vinnige totale genesing.

Dit is n stil tydperk op die stadium wat spanne betref maar ons bly uitreik na al die onbereikte mense. Ons was so 2 weke terug weer op in die berge in en ek en n Thai pastoor het met ons motorfietse gegaan terwyl ander net met 4X4 voertuie daar kon kom. Ons was bevoorreg om die Jesus film en die "Prodical son" vir hul te wys, van huis tot huis te gaan en Jesus te verkondig en vir siekes te bid. Drie van ons het in een van die huis wat ons besoek het skielik vreeslike maag krampe begin kry en ons het die demone bestraf en n kort rukkie daarna is als weer reg en kon ons Jesus aan n vrou verkondig. Ons het later uitgevind dat mense se sy is n heks. Ons kon vir haar bid. Daar was ook n geleentheid om een oggend uit te reik na baie kinders en met praktiese dade Jesus aan hul oor te dra. Ons kon ook n totaal van 230 Bybels uitdeel and die mense in daai village.Die enigste kerkie in die berge daar sal ook help opvolg ens. Meer as 30 Buddhists het Jesus aangeneem. Alle eer aan Hom!!!

GOD, END ME ANYWHERE, ONLY GO WITH ME. LAY ANY BURDEN ON ME, ONLY SUSTAIN ME. AND SEVER ANY TIE IN MY HEART EXCEPT THE TIE THAT BLINDS MY HEART TO YOURS. - DAVID LIVINGSTON


Ek het ook gereeld kans om met bikers te deel maar die Aussies is maar n tawwe klomp maar niks wat die Here nie kan doen nie. Hy se: My Woord is soos n hammer wat n rots kan vermorsel - Jer 23:29

Die Here het ook amazingly bevestig vir my om te gaan uitreik in Mongolia en die Stan's. Iemand het dit bevestig wat niks geweet het nie, Loren Cunningham, die stigter van YWAM het n beroep op sendelinge gedoen om uit te reik na Mongolia en hy vertrou vir n duisend spanne om Mongolia te betreik. Die Heilige Gees het ook een oggend dit bevestig en met skrif ook bevestig:  Jes 43:19 See, I'm doing a new thing! Now it springs up, don't you perceive it? I'm making a way in the wilderness and streams in the wasteland....because I provide water in the wilderness and streams in the wasteland to give drink to my people, the people I formed for myself that they may proclaim my praise!


Ons kry vreeslik baie reen en ek kla nie maar dit beinvloed die mense in
Thailand, Laos en Cambodia. Daar is baie dood weens vloede en ongelukke en dood op die paaie is net soveel meer waneer dit reen. Thailand is steeds die land met die meeste pad sterftes in die wereld.

Ons tydjie kom al hoe nader om weer vir n slag SA toe te kom en die finansie is darem 2 derdes in plek. Niks wat die Here nie kan doen nie. Laat weet maar as daar n geleentheid is om iewers te bedien of te kom getuig. Moet net asb nie my 10 minute gee nie en hoe langer hoe beter asb.

Nou moet ek seker weer stop want ek is ver in beserings tyd....sal Saterdag vir die Leeus skreeu en is net bly ek hoef nie vir die Bulle te skreeu nie...haha. Ai, waar is my Stormers???

Mag julle Sy teenwoordigheid ervaar en mag Hy elkeen se harte aanraak om te ervaar wat Hy ervaar en mag julle Sy hande, voete en mond wees. Ek bid dat julle elkeen mense sal sien dur Sy oe.

Baie seeninge en liefde en sien julle oor drie maande.

Len, Jono en Sara!

 But the best argument of all for evangelism is found in the wounds of Jesus. You want to honor Him, your desire is to put many crowns upon His head, and this you can best do by winning souls for Him.- Charles Spurgeon

BANK DETAILS 

Account Name: New Hope Ministries International 
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005