Tuesday 25 July 2017

Hier is weer n nuusbriefie.

 Ek is terug na n wonderlike uitreik in Laos waar ons kon evangeliseer en ook lering gee. Dit was n baie interressante tyd in alle opsigte! Die aand voor ek en n Thai pastoor vertrek het, kon ek net nie slaap nie en het seker so uur kon oe toemaak. Ons is 5 uur die oggend voort met ons motorfietse op ons eerste dag van 12 ure ry. Dit het sowat 2 ure gevat om deur die grensposte te gaan en was dankbaar dat hul nie ons bagasie deursoek het nie. Dit is nou reen seisoen in Asia en ons het van die begin af reen gekry.

 Die paaie in Laos was maar dieselfde as Afrika paaie, vol slag gate en die reen het dit moeilik gemaak met plekke waar ons op grond paaie moes ry en aankomende motors het geen genade getoon deur ons met modderwater te slash nie. 0ns het behoorlik soos modderstoeiers gelyk toe ons so 5 uur by ons oornag bestemming kom. Ek moet eerlik wees dat ek die laaste klompie ure omgebid het omdat ek so moeg was weens n tekort aan slaap.


Die volgende oggend was ons vroeg op die pad en moes weer die reen trotseer. Die ergste was die diere en kinders in die paaie. Die huise word omtrent op die paaie gebou en dan moet mens maar koes vir die boerbokke, varke, donkies, hoenders, honde en kinders wat oral in die strate leef.

By die aankoms in Luang Prabang het ons onmiddelik begin lering gee aan die ondergrondse kerk en ek was bevoorreg om baie getuienisse aan te hoor oor die vervolging in Laos maar ook hoe Jesus hulle bystaan. Wat my getref het, was dat al die stories nuut was. Als wat onlangs gebeur het. Die pyn, trane, seer en vervolging wat Christene moet deurmaak (selfs jong bekeerlinge) het my hard geruk. Baie word onmiddelik uitgedryf uit hul “village” deur die Buddhists en moet soms vlug aangesien skares hul huise aan die brand steek.





Hierdie mense vra net vir gebed en hul is so "bold" om ongeag alles nie op te hou om oral te getuig nie! Daar is 3 pastore ook in hegtenis geneem net voor ons vertrek het na Laos toe. Daar is ook n jong familie wat moes vlug en het hul tuiste in n ou “begrafplaas” gemaak terwyl ons daar was.

Ek het soms so plasties gevoel om hul harte, doelgerigtheid en deursettings vermoe waar te neem. Mense wat dankbaar is vir n Bybel of lering of gebed. Mense wat stukkend is maar vol hoop en blydskap dat hul Jesus kan ken.


Ek dink die hoogtepunt van hierdie uitreik was toe ek en n Laos pastoor n “village” besoek het waar daar 8 maande gelede net een Christen familie was. Toe ons deur die modderige village stap hoor ons skielik kinders lof liedere sing. Terwyl ons met verbasing dit aanhoor sien ek, in die huisie langsaan, omtrent 20 vrouens sit met bybels op hul skote besig met Bybel studie. Die pastoor het net verstom gestaan en besef wat die Here in 8 maande se tyd gedoen het om n village na Hom te laat uitreik.

Ek het ook geleenthede gehad om met backpackers en bikers te deel. Die een meisietjie vanaf Peru, het skielik in trane uitgebars en my gehug uit dankbaarheid nadat ek haar aan Jesus bekend gestel het (Alle eer aan ons verlosser).  Ons kommunikeer steeds en ek ondersteun haar steeds geestelik. Op die stadium ry sy alleen deur Asia met n motorfiets wat sy in Laos gekoop het. My motorfiets is soos n trek pleister en mense will kom gesels en vrae vra. Wel, dit skep baie geleenthede om die woord te verkondig….alle eer en dankbaarheid aan Hom.


Ek moes ook maar baie geloof uitoefen waneer dit my etes kom want dis totaal anders as in Thailand en ek het sekere "kosse" geeet wat ek nog nooit voorheen eens hesien het nie. Ons het as sendelinge geleer dat jy nie vrae vra nie en net wys dat jy dankbaar is vir die kos ongeag....Dit is altyd n voorreg vit die lokale mense om jou te "bederf" met n ete. Ek kan net se dat ek nog nooit hierdie bamboo geeet het nie en die hoenders is so taai dat jy moet kou asof dit n sening is, maar dit het hul uit hul harte gegee alhoewel hul nie veel het nie.Van die mense op die foto is van die ondergrondse kerk en wat nie n probleem het dat ek dit wys solank dit nie op social media kom nie.


Heelwat mense het vir ons gebid om geen reen te he op ons pad terug nie en ons Vader het die gebede aangehoor en ons het geen reen ervaar op ons pad terug nie, alle eer aan ons Vader. Die oomblik toe ek terug is in Chiang Mai het dit weer gestort reen.

Die innerlike satisfaksie wat ek ervaar het deur die meer as n week in Laos is onbeskrywend. Ek is ook nou in n amper daaglikse kommunikasie met van die pastore in Laos en was ook bevoorreg om 3 van hulle met nuwe leer bybels te bless. Ons bid net dat die saad wat daar geplant is sal menigvuldig. Isaiah 55:11 so is my word that goes out from my mouth: It will not return to me empty, but will accomplish what I desire and achieve the purpose for which I sent it.


 Ek kan ongelukkig nie fotos wys van die ondergrondse kerk nie want dis baie sensitief. Ons is ook nou besig om te help om 3 van die Laos pastore, Thailand toe te laat kom vir n 5 maande DTS (Discipleship Training School). Hier is n foto van die Mahong rivier wat nog nie eens in sy volheid hardloop nie.




Jono het ook nou n leierskap posisie aanbod aanvaar en is self baie besig met sy verantwoordelikhede. Hy is steeds in beheer oor evangelisasie in Chiang Mai maar het nou adisionele verantwoordelikhede vir YWAM. Hy en Sara sal volgende week Bangkok toe gaan vir ons jaarlikse YWAM Thailand byeenkoms/konferensie. Ek het so bietjie “overspend” op die Laos trip en sal dit hierdie jaar moet n mis gee.

Ek wil net weereens noem en jul harte laat verbly dat Christenskap groei op n fenomenale spoed en daar nie n land is wat die Here nie besig is om aan te raak nie. Die herlewing in Asia is astronomies maar so is die vervolging ook. Thailand is steeds een van die lande met die kleinste persentasie Christene maar met n redelike vinnige groei maar ongelukkig net in sekere areas. Die groei het net in 3500 villages gebeur en daar is 80 677 villages in Thailand. Daar was net 5 kerke hier in 1870 en in 2016 is daar 5097.

Die verspreiding van die prentjie Bybels gaan steeds voort en ons het nou ook die normale Thai nuwe testament wat uitgedeel word.Ek wil net weereens dankie se aan almal wat bydrae lewer en gelewer het vir hierdie projek. Ons het al baie mooi getuienisse gehoor van wat die Here deur hierdie Bybels gedoen het en ons is ook bevoorreg die blydskap in kinders en volwassenes te bespeur.
 

Nou het my nuusbrief bietjie te lank geword maar ons wil net baie baie dankie se vir al jul liefde, omgee en gebede. Daar is nie nou gou sprake om SA toe te kom nie maar ons kommunikeer darem met Dawie hulle op Skype en dis wonderlik om te sien hoe my klein seun groei en hoe vriendelik hy is. Ons vertrou wel om Februarie se kant soontoe te kom as die Here dit so bestem!

Gebeds versoeke:
Bid asb dat die Here n herlewing in Thailand sal veroorsaak.
Dat Hy meer arbeiders sal uitstuur om hierdie laaste taak te volbring.
Dat Sy woord nie leeg sal terugkeer nie en dat Hy ook die Christene in Laos sal beskerm en magtiglik gebruik.
Dat die Christene in Thailand ook met vrymoedigheid die evangelie sal verkondig.
Dat die Heilige Gees mense op ons pad sal stuur en ons op mense se pad wat honger en dors na die waarheid.
Dat ons Jesus se hande, voete, mond en hart sal he met alle mense.
Vir wysheid en leiding om toetaal in Sy wil te wees en om gehoorsaam te wees vir enige nuwe seisoen.

Mag die Vader julle oorvloediglik seen in alle opsigte! Ons hou ook nie op om vir julle almal te bid en in te tree by die Vader nie. Wees verseker dat julle almal kosbaar is in ons lewens.


Baie liefde
Len en Jono