Thursday 24 August 2017



Hi almal,

Hier volg ons maandelikse nuusbriefie.

Ons bid en vertrou dat dit goed gaan en dat ons Koning en salligmaker, Sy hart aan julle openbaar vir jul lewens vorentoe. My gebed vir my en julle: Vader help ons om so na aan U te kom sodat ons U hartklop kan hoor en voel. Breek asb my hart vir wat U hart breek. Help my om U as my eerste liefde te he en niks voor U te plaas nie en gebruik my om U Koningkryk te versterk en te vergroot.

Die Here het die afgelope tyd baie ernstig met my begin deel oor Sy hart en verlange na meer van ons. Wanneer laas het ons gevas of n dag in gebed spandeer of net gevra dat Hy mense op ons pad moet stuur of ons op hulle pad om Sy weg, waarheid, genade en liefde te verkondig en openbaar. Christopher McCandless wat gejaag het na “happiness” het net voor hy oorlede is, alleen op n eiland in Alaska geskryf: “Happiness can’t be real unless it has been shared”. Kom ons deel ons verblyende Jesus vervulde verhouding met ander.

Ek weet nie wie almal my vorige blog gelees het nie en of julle dit kon oopmaak nie en wil net seker maak dat dit wel moontlik was. Laat weet ook asb of julle die nuusbrief verkies op Messenger of is die Blog met fotos voldoende wat ek attach op Messenger. Hier is n heerlike padda gereg en ek soek net n bietjie reaksie asb.

Ons het verskriklik baie reen in Thailand en ek wens ons kon van die reen SA toe stuur. Baie villages is oorspoel en van ons YWAM basisse het ook groot skade gekry. Daar was weke wat ons nie geweet het of daar nog n son is nie. Ons het ons 2 jaarlikse YWAM Thailand konferensie 2 weke gelede gehad en ek het ook n paar meetings in Bangkok gehad en het besluit om met my motorfiets af te ry aangesien dit baie goedkoper is. Glo my as ek se dat ek NOOIT weer gedurende spits verkeer in Bangkok sal inry nie. Dit het my amper 4 ure gevat om tot by die plek te kom waar ek moes oornag. Ek moes my eie paaie later maak en motorfietse mag nie op brue en tol paaie rye nie en sodoende het ek n geveg met my GPS die heeltyd gehad en in sirkels gery.

 Meetings het goed afgeloop en ek het n paar dae vry gehad voor die konferensie en is toe Pattaya toe
om die see te sien vir die eerste keer in meer as n jaar. Ek het eerlik so emosioneel geraak toe ek die see sien. Die liefde wat ek vir die see het kan ek vir geen mens beskryf nie en met n dankbare hart die paar dae rustig verkeer. Ons as sendelinge het nooit vakansie dae nie want ons vier nie Thailand se Buddhistiese vakansie dae nie (behalwe Songkran wanneer dit die warmste paar dae is) en ook nie SA se vakansie dae nie want ons weet nie eens meer waneer dit is nie ens.Pattaya was net verskiklik besig met al die toeriste.

Die konferensie was goed en motiferend en dit was aangenaam om te sien hoeveel nuwe Thai YWAMers daar was. Bid asb vir hulle want hulle kry baie vervolging omdat hul Christene is en soos julle weet kry niemand in YWAM salaris of finansieele ondersteuning nie en moet hul ook in geloof lewe met bitter min ondersteuning.


Die spanne begin weer instroom in September en ek is druk besig om alle voorbereidings te tref vir hul uitreike. Die spanne vir wie ons die afgelope tyd uitreike gekordineer het, was meestal vanaf ander sending organisasies en kerk groepe. Dit is so n voorreg om nie net YWAM te wees nie maar daar te wees vir die hele liggaam van Christus.

Ons is ook nou baie ernstig besig om te werk met die - A Bible in every home – projek en Jono is in beheer daarvan in Chiang Mai. Hy is ook baie gemaklik met sy nuwe verantwoordelikhede in die leiers span en ook om elke 2 de sondag te preek by n kerk/sending basis. Hulle bereik die Thai student en sien goeie resultate. 


Ek bid en vertrou dat dit moontlik sal wees om Februarie of Maart weer bietjie SA toe te gaan en vra net ook julle gebede. Ek sal binnekort weer n paar wonderlike getuienisse stuur maar ek weet mense hou nie van n lang nuusbrief nie. Ons wil net weereens dankie se vir al julle vriendskap, ondersteuning, liefde en omgee. Mag die Vader julle oorvloediglik seen in alle opsigte! Ons bid en tree vir julle in by ons Koning en God. Julle is kosbaar vir Hom en ons!

Gebeds versoeke:
Bid asb dat die Here n herlewing in Thailand sal veroorsaak.
Dat Hy meer arbeiders sal uitstuur om hierdie laaste taak te volbring.
Dat Sy woord nie leeg sal terugkeer nie en dat Hy ook die Christene in Laos sal beskerm en magtiglik gebruik.
Dat die Christene in Thailand ook met vrymoedigheid die evangelie sal verkondig.
Dat die Heilige Gees mense op ons pad sal stuur en ons op mense se pad wat honger en dors na die waarheid.
Dat ons Jesus se hande, voete, mond en hart sal he met alle mense.
Vir wysheid en leiding om toetaal in Sy wil te wees en om gehoorsaam te wees vir enige nuwe seisoen.

 Baie Liefde
Len en Jono

No comments:

Post a Comment