Thursday 30 September 2021

“Missionaries are very human folks, just doing what they are asked. Simply a bunch of nobodies trying to exalt Somebody.” — Jim Elliot

 

Môre my dierbare boeties en sussies,

 

Ons bid en vertrou julle dien Jesus met nuwe passie en maak 'n inpak en verskil in die mense om julle se lewens! Laat asb. weet hoe dit gaan en waar ons julle kan ondersteun in gebed ens. Dis nou weer tyd vir 'n nuusbrief en ek sal probeer om dit nie te lank te maak nie! 

 

Dinge is maar steeds chaoties hier, maar stadig maar seker werk ons Vader om weer 'n impak in die mense se lewens hier te maak! Ons het nou omtrent 12 000 nuwe Covid gevalle daagliks, maar dis darem baie beter as die 20 000 per dag van verlede maand! Chiang Mai is steeds 'n rooi area. Gelukkig ons mag darem tot maksimum 50 mense bymekaar kom! Ek is dankbaar om te sien dat SA nou net 2000 nuwe gevalle per dag het, maar ons bid steeds vir elkeen van julle vir totale beskerming!

 

 Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin. - Mother Theresa

 

Dit is nou monsoon tydperk en dit reën onophoudelik daagliks. Daar is tye wat ons wonder of die son nog bestaan! Dis gelukkig nie so warm meer nie, maar die humiditeit is baie erg! Zachi speel  in die water na reenval.

 

Die goeie nuus is dat ons nou 4 nuwe spanne het wat op uitreik kom en 2 daarvan sal oor 'n paar dae opdaag alhoewel hul steeds in "kwarentyn" moet wees vir 2 weke! Die spanne kom ons help met Bybel verspreiding, kos voorsien vir die Burmese refugees en evangelisasie. Hulle het almal covid inentings gekry en kan dan selfs gedurende hul 2 weke kwarentyn rondbeweeg en uitreik maar hul mag nie die area verlaat nie!


Ek het weer die voorreg gehad om Bybels aan te koop en het ook wonderlike geleenthede gekry om die afgelope tyd in ons blomme mark te evangeliseer en Bybel verspreiding te doen. Ek het selfs n Thai ontmoet wat al in Pretoria was en goeie Engels kon praat! Die eerste vraag natuurlik aan my was: "so what good are you doing now?" Buddhism is mos absoluut gebaseer op goeie werke en reïnkarnasie! Ons kan so dankbaar wees vir die genade in Jesus en die sekerheid oor die ewige lewe saam met ons God!

 

Die uitreike na die Burmese vlugtelinge gaan steeds voort en ons voorsien nou kos in verskillende plekke in Burma sowel as in Thailand! Die gevegte in Burma woed nog voort. Baie oorleef nou in die oerwoud en dis moeilik om almal te bereik, maar die gidse vind baie van hulle en voorsien sakke rys en ook mediese hulp. Bid asseblief vir al hierdie mensies om gered te word, geestelik sowel as fisies, aangesien hul omstandighede erg is met bitter min hoop!

 




 

Ook goeie nuus is dat in die rooi lig area hier plaaslik het 12 meisies hul harte vir Jesus gegee! Ses is verlede week gedoop! Hulle bid nou almal daagliks saam en het Bybelstudies met van ons staf! Deure is ook oopgemaak vir al die meisies deurdat n fondasie hier hul bemagtig deur te leer bak asook klere en juweliersware te maak vir 'n waardige vorm van inkomste! Van die staf het hierdie week op 3 van die meisies afgekom wat saam sit en bid het met trane wat vrylik geloop het. Toe daar gevra is wat fout is, was hul antwoord dat hul so dankbaar is vir Covid anders sou hul nooit Jesus ontmoet het nie!

 

I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples. – Mother Theresa


Jono hulle is terug en hulle het 'n goeie tyd saam met Sara se ouers gehad! Die 2 weke in 'n klein hotel kamer vir kwarentyn was 'n redelike nagmerrie aangesien Zachi geval het en sy koppie oopgesny het. Net een ouer is toegelaat om saam in 'n ambulans te ry na die hospitaal en weer 'n week later om sy 6 steke uit te haal. Dit het hul natuurlik 'n fortuin gekos aangesien dit 'n noodgeval was gedurende kwarentyn. Dit is so wonderlik om hulle weer hier te hê! Zachi is te oulik, het so ontwikkel gedurende die 2 en n half maande wat hul in Amerika was en loop nou die wêreld vol! Ons is weer besig om saam beplanning te doen vir sekere aktiewiteite en uitreik geleethede met YWAM hier in Chiang Mai. 

 

Wel, nou word my nuusbrief weer te lank, maar ek sou wat wil gee om eerder al die nuus in persoon met julle almal te kon deel maar dit is steeds nie moontlik op die stadium nie.

 

Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach 


“Here I am, send me; send me to the ends of the earth; send me to the rough, the savage pagans of the wilderness; send me from all that is called comfort on earth; send me even to death itself, if it be but in Thy service, and to promote Thy Kingdom.” — David Brainerd



BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com