Thursday 26 July 2018

GOD IS USING PEOPLE WHO ARE WEAK AND FEEBLE ENOUGH TO LEAN ON HIM - HUDSON TAYLOR

Hi almal,


Dis darem weer tyd vir n nuusbriefie! Sal probeer om nie te lank te wees nie.

Ek het so n verlange na my mooi land en nog mooier mense! Ek kan nie wag om net weer daar te wees nie. Ek word darem bederf met boerewors omdat daar n oom van die Karoo ook hier n sendeling is en hy bederf ons darem nou en dan en kan ons by hom koop.

Ons vertrou dit gaan baie goed met julle en dat julle groei en honger en dors vir meer van die Here en Sy teenwoordigheid.












Dit gaan goed alhoewel ons as sendelinge maar altyd ons eie "challenges" het. Ek het skielik n baie slegte uitslag op my gesig gekry en son en hitte beinvloed dit baie negatief. Ek probeer om uit die son te bly maar dis nie altyd moontlik nie. Ek het werklik jul gebede nodig en om saam met my in geloof te staan vir n vinnige totale genesing.

Dit is n stil tydperk op die stadium wat spanne betref maar ons bly uitreik na al die onbereikte mense. Ons was so 2 weke terug weer op in die berge in en ek en n Thai pastoor het met ons motorfietse gegaan terwyl ander net met 4X4 voertuie daar kon kom. Ons was bevoorreg om die Jesus film en die "Prodical son" vir hul te wys, van huis tot huis te gaan en Jesus te verkondig en vir siekes te bid. Drie van ons het in een van die huis wat ons besoek het skielik vreeslike maag krampe begin kry en ons het die demone bestraf en n kort rukkie daarna is als weer reg en kon ons Jesus aan n vrou verkondig. Ons het later uitgevind dat mense se sy is n heks. Ons kon vir haar bid. Daar was ook n geleentheid om een oggend uit te reik na baie kinders en met praktiese dade Jesus aan hul oor te dra. Ons kon ook n totaal van 230 Bybels uitdeel and die mense in daai village.Die enigste kerkie in die berge daar sal ook help opvolg ens. Meer as 30 Buddhists het Jesus aangeneem. Alle eer aan Hom!!!

GOD, END ME ANYWHERE, ONLY GO WITH ME. LAY ANY BURDEN ON ME, ONLY SUSTAIN ME. AND SEVER ANY TIE IN MY HEART EXCEPT THE TIE THAT BLINDS MY HEART TO YOURS. - DAVID LIVINGSTON


Ek het ook gereeld kans om met bikers te deel maar die Aussies is maar n tawwe klomp maar niks wat die Here nie kan doen nie. Hy se: My Woord is soos n hammer wat n rots kan vermorsel - Jer 23:29

Die Here het ook amazingly bevestig vir my om te gaan uitreik in Mongolia en die Stan's. Iemand het dit bevestig wat niks geweet het nie, Loren Cunningham, die stigter van YWAM het n beroep op sendelinge gedoen om uit te reik na Mongolia en hy vertrou vir n duisend spanne om Mongolia te betreik. Die Heilige Gees het ook een oggend dit bevestig en met skrif ook bevestig:  Jes 43:19 See, I'm doing a new thing! Now it springs up, don't you perceive it? I'm making a way in the wilderness and streams in the wasteland....because I provide water in the wilderness and streams in the wasteland to give drink to my people, the people I formed for myself that they may proclaim my praise!


Ons kry vreeslik baie reen en ek kla nie maar dit beinvloed die mense in
Thailand, Laos en Cambodia. Daar is baie dood weens vloede en ongelukke en dood op die paaie is net soveel meer waneer dit reen. Thailand is steeds die land met die meeste pad sterftes in die wereld.

Ons tydjie kom al hoe nader om weer vir n slag SA toe te kom en die finansie is darem 2 derdes in plek. Niks wat die Here nie kan doen nie. Laat weet maar as daar n geleentheid is om iewers te bedien of te kom getuig. Moet net asb nie my 10 minute gee nie en hoe langer hoe beter asb.

Nou moet ek seker weer stop want ek is ver in beserings tyd....sal Saterdag vir die Leeus skreeu en is net bly ek hoef nie vir die Bulle te skreeu nie...haha. Ai, waar is my Stormers???

Mag julle Sy teenwoordigheid ervaar en mag Hy elkeen se harte aanraak om te ervaar wat Hy ervaar en mag julle Sy hande, voete en mond wees. Ek bid dat julle elkeen mense sal sien dur Sy oe.

Baie seeninge en liefde en sien julle oor drie maande.

Len, Jono en Sara!

 But the best argument of all for evangelism is found in the wounds of Jesus. You want to honor Him, your desire is to put many crowns upon His head, and this you can best do by winning souls for Him.- Charles Spurgeon

BANK DETAILS 

Account Name: New Hope Ministries International 
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005