Friday 28 May 2021

 


 

“The Spirit of the Lord GOD is upon me; because the LORD hath anointed me to preach good tidings unto the meek; he hath sent me to bind up the brokenhearted, to proclaim liberty to the captives, and the opening of the prison to them that are bound;” Isaiah 61:1

 

Hi almal,

Dis weer tyd vir ñ bietjie nuus vanaf ons kant! Ons bid en vertrou dat julle ons Koning en God se liefde, vrede, beskerming en voorsiening daagliks ervaar ook dat ons almal ñ lewe sal leef wat Jesus verheerlik! Kom ons dank Hom dat Hy altyd daar is vir ons as gelowiges en dat ons ons lewens so sal leef om Sy wil te doen en nie ons eie nie, ook so elke oomblik ñ plesier vir Hom sal wees!

Ons is steeds besig om die Burmese mense te help en daar is nou byna 30 000 in een Refugee kamp! Ons deel maar op ñ klein skaal, maar soos Mother Theresa gesê het:

I never look at the masses as my responsibility; I look at the individual. I can only love one person at a time - just one, one, one. So you begin. 

We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.




 

Hier is fotos van sommige Burmese families wat ons voorsien met noodsaaklike rantsoene. Daar is baie wat Christene is en werklik jul gebede nodig het! Baie leef in die oerwoud of in die veld weens hul vrees vir die Burmees weermag. Die wat wel oor die grens gevlug het, vrees weer op hul beurt die Thai polisie weens die feit dat hulle net weer summier terug gestuur word Indien hul hier gevang word. Hierdie mense is werklik so desperaat, maar hul vertrou dat Jesus hul sal help en dat hul lewens tog weer sal terug keer na normaal!  

"If Jesus Christ be God and died for me, then no sacrifice can be too great for me to make for Him." -C.T. Studd.

 




My kerk voorsien ook nou tonne rys ens. vir die duisende in die kampe, maar dit bly maar ñ tragiese scenario en ontwrigting vir hierdie mense! Niks het verander in Burma self nie en die geveg gaan voort. Ongelukkig het die wêreld se media aanbeweeg na Israel en ander plekke en die brutale wreedheid wat nog plaasvind word nie meer geopenbaar nie! Ons hou net aan bid en help waar ons kan om die seer en pyn te help genees en die oplossing vir dit te gee, naamlik genade in Jesus. 

 


Ons is nou in die middel van somer en ervaar die warmste Mei wat ons nog beleef het gedurende die laaste 8 jaar wat ons hier is! Ons het ñ gemiddelde van 37 grade, wat voel soos 42 en dis ongeveer 27 grade gedurende die nag! Binnekort is dit Monsoon tydperk en dan is die humiditeit ñ nagmerrie! Ek mis SA se weer werklik baie, maar ek wil nie n kla-kous wees nie en moet net vergenoegd bly in my omstandighede. Covid is nog steeds n groot probleem hier met n "stage 2" wat skielik sy kop uitgesteek het! Ons kan steeds nie byeenkomste he wat groter as 10 mense is nie alhoewel die meeste van Thailand 50 is. Chiang Mai is n rooi omgewing met baie nuwe gevalle.

 


Dit was Zachi se eerste verjaarsdag en ek het die voorreg gehad om meeste van die dag die Du Preez's by my te hê! Jono hulle se huis was nie meer leefbaar nie aangesien hul riool vol was en die toilet als laat oorloop. Hier moet ons ons eie riool laat verwyder deur trokke wat als kom uitsuig en kan nooit bepaal waneer dit vol is nie! Jono hulle se toilet het toe gebreek en die wêreld vol uitgeloop en die stank was oorweldigend. Dit was ook ñ Buddistiese vakansiedag en niemand wou uitkom om dit te herstel nie!


Ek het iemand gekry wat hier heerlike Suid Afrikaanse boerewors en droë wors maak, maar dis net bitter duur! Ek het vir Zachi ñ stukkie gegee en hy wou dit net nie ophou suig en peusel met sy een tandjie nie! Hy het non-stop gelag en toe besef ek hy is ons Suid Afrikanertjie! Jono hulle gaan volgende maand vir 2 maande Amerika toe. Sara se familie het nog nie Zachi ontmoet nie weens Covid, maar hul het nou die geleentheid om te gaan. Dit sal ñ aardige bedrag wees om terug te keer met die vereiste kwarantyn, maar hulle is vol geloof en vertroue dat die Here mense sal kry om hul finansieel te ondersteun! Ek vertrou om binnekort Kaap toe te kom voor ek weer Mongolia toe gaan, maar is op die stadium in gebed opsoek na antwoorde vir die wanneer, hoe ens.

The Missionary Heart:
Care more than some think is wise.
Risk more than some think is safe.
Dream more than some think is practical.
Expect more than some think is possible.





Ons loof die Here! Nou onlangs is die groep van 19 nuwe gelowiges gedoop in ‘n bergstroom! Ons
besef net weereens die waarde van Uitreikspanne met een van ons ministry leiers se mooi boodskap wat die foto’s vergesel het : “Baie dankie vir elke YWAM span”!   

 


Ook is die groep van 8 nuwe gelowiges nou onlangs gedoop van die Lua groep. Ons is baie opgewonde oor wat gebeur hier en daar tussenin die Covid gebeure en sien met ‘n groot verwagting uit na nog vele wat sal besef Jesus is die Die Weg, Die Waarheid en die Lewe!

 

“When you do your part, the Lord adds His power to your efforts.”— Henry B. Eyring

Ons gebede en liefde met jul almal en net weer n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons verland baie!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zachi.

 

 

BANK DETAILS


ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  


Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com

meisjono@yahoo.com