Friday 26 March 2021



 

 When I stand before God at the end of my life, I would hope that I would not have a single bit of talent left, and could say, I used everything You gave me! - Erma Bombeck

 Hi almal,

 

Ek hoop en vertrou als gaan goed julle kant! Ek weet ons almal het ons eie uitdagings, maar wees verseker dat die Here se Woord waar is wat sê: "Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie, daarom kan ons met vertroue sê: Die Here is my Helper, ek ken geen vrees nie". Ons mag magteloos voel weens sekere omstandighede, maar dis nie waardeur ons gaan wat saak maak nie, maar eerder met wie gaan ons deur dit! Vrees en onsekerheid kan ons laat struikel, maar Hy is met ons en gee om vir ons en weet als van die nou en die môre in ons lewens. Kom ons sit opnuut ons vertroue in Hom en "stir up the gift of God...for God has not given us a spirit of fear, but of power, of love and self-control". Maak 'n verskil vir Hom en kom ons sien weer die groter prentjie wat belangrik is vir ons Vader!

 

Ons het ons jaarlikse byeenkoms einde April, maar meeste van ons hier in Chiang Mai gaan dit 'n mis gee weens koste en die beperkinge wat daar is weens Covid! Ons het ons maandelikse Thailand North vergadering hierdie week gehad en duidelik gehoor dat ons ernstig vir Burma (Myanmar) moet intree! Soos julle weet, is ek en Jono ook persoonlik betrokke met kos pakkie verspreiding ens. vir die vlugtelinge vanaf Burma! Nie almal weet wat die werklike feite is in ons buurland nie, maar dis bitter erg! Ons mede werker, Alu ('n Burmees) het ons ingelig: Mense mag glad nie op straat wees tussen 8 in die aand en 8 die oggend nie en geen byeenkomste word toegelaat nie! Die weermag skiet mense oral wat verdag lyk en het n vrees tegniek! 

 

 Alu, het ook persoonlike tragedie weens van sy familie lede wat geurende die laaste paar weke dood geskiet is deur die weermag! 'n Moeder met kinders wat uitgegaan het om te probeer kos koop vir haar familie is dood geskiet. Een van sy ander familie lede het 'n seuntjie uitgestuur om kos te probeer kry, maar is in die kop geskiet! Die weermag martel die ambulans personeel omdat hul hulp verleen aan die gewondes! Ek het persoonlik al hierdie terrible fotos en videos gesien en om eerlik te wees, dis skokkend! (Jammer maar ons mag onder geen omstandighede enige fotos plaas nie!)


Prayer is not a preperation for the battle, it is the battle - Leonard Ravenhill
 

Die mense staan saam op die stadium, aangesien hul nie verder die weermag aanvaar wat hul vir 70 jaar al manipuleer en kontroleer nie! Ongeag van al die skietery beweeg die mense steeds soos een in die strate en staan op teen die diktator! Daar word Christen lof liedere gesing deur die menigte wat duidelik die weermag meer aggresief maak! Duisende der duisende vlug na China, India en ook Thailand! Die weermag ontsien niemand nie! Die werklike persoon wat deur Satan gebruik word is die Generaal se seun! Hy is 'n "nut case" en ook tradisionele toor dokter! Hy ontsien geen geloof nie en bitter baie Buddhist monks, Christene en Muslims word dood geskiet. Dit het veroorsaak dat alle gelowe begin saam staan! Die Monks en mense moet spesiale toestemming kry om na die "spirit houses" toe te gaan om offergawes te gee! Alle kerk dienste is belet en die slegste van als is, is dat alle sendelinge Burma onmiddelik moet verlaat! Heelwat Koreaanse sendelinge het so pas in Chiang Mai opgedaag en die seer en pyn is duidelik sigbaar!

 

Die goeie nuus is dat die kerk saamstaan  vir die eerste keer ooit! Bitter baie mense neem ook Jesus aan en baie keer terug na hul eerste liefde weens die verdrukking en vervolging! Bid asb vir Burma! Daar is 4 miljoen Christene in die land wat amper 10 persent van die bevolking is! Ons boeties en sussies het julle gebede nodig en kom ons vertrou dat Sy lig meer sal skyn as ooit tevore!

 

This generation of Christians is responsible for this generation of souls on the earth - Keith Green

 

Ons sien ook amazing dinge hier in hierdie stad gebeur aangesien daar meer en meer mense Jesus aanneem! Van ons het begin vergader in 'n Hotel hier naby en die werkers begin een na die ander die Here aanneem! Die hotel eienaar, Khun Im, is die hoof evangelis van die uitreikgroepie die afgelope 9 maande. Ons groepie is daar om die Thais by te staan en te ondersteun aangesien Thai tot Thai net meer effektief is, hulle ken die Buddist agtergrond, hulle praat die taal, almal was ook Buddist vantevore! Khun Im se hotel personeel het almal dopgehou oor 'n tydperk, aangesien die groepie elke week daar bymekaar kom en bid voor die uitreike in die gemeenskap. So het die sekuriteitswag begin om te vra hy wil ook Jesus aanneem, elke week word ook die sjef en die kelnerin nadergeroep en voor gebid. 

 



Drie weke gelede het die dame wat werk in die hotel se wassery gekom en gevra vir gebed in die parkeer area waar hulle gestaan en gesels het, sy sou die Maandag ingaan vir 'n operasie aan haar goiter, Daar is vir haar gebid en opgewonde het sy die volgende week kom vertel die dr sê die operarsie is nie meer nodig nie! Sy is nou vuur en vlam en het Jesus aangeneem! Die hotel se ingenieur is ook die groepie se bussie drywer elke week op uitreik in die gemeenskap die afgelope paar maande. In die begin was hy skugter en eenkant, elke week het hy nader gestaan en hulle dopgehou op 'n afstand. Sy vrou is 'n Christen, hy tot nog toe was 'n Buddist. Verlede Saterdagmiddag na afloop van nog 'n uitreik, het hy aandagtig geluister na een van die nou Christen dames se getuienis. Hy het opgestaan, 'n kussing gaan haal en daar op die grond gaan kniel en vasbeslote gesê hy is nou reg om Jesus aan te neem! Almal was oorstelp! Daar is ook gebid vir die vrou wat bemarking doen vir die hotel, sy is ook aangeraak! So is 'n Bybelstudie in die hotel eetkamer begin vir die hotel personeel! Prys die Here! Hou hulle asb in julle gebede, veral die hotel se sjef, aangesien hy wil aansluit, maar nog huiwerig is agv vrees van verwerping deur sy familie. 








Ons Bybel verspreiding gaan nou weer aan en die tronke het ook begin om ons toe te laat om daar te kom bedien. Ons het ook nou plaaslike Thai spanne wat na ander provinsies uitreik! Hierdie Christene het opleiding gekry en doen uitreike onder hul eie mense. Hul bereik baie mense oral en le hande op siekes en bid vir hulle! Dit is so wonderlik vir ons om te sien en hoor wat Jesus deur hulle doen daagliks! Ons het darem ook ander spanne wat aansoek doen om later die jaar Thailand toe te kom op uitrek!




Dit is nou bitter warm met temperature tusen 35 en 40 maar dit sal seker opgaan na 45 in April maar ons hunisiteit is bitter hoog en ons sweet baie!

 

Dit lyk darem of ons reis beperkings in Oktober gelig sal word en dan sal ek terugkeer Mongolia toe! Ek mis my motorfiets baie maar ek dink ek mis meer rooibos tee, boerewors, chutney en biltong op die stadium! Ek het my laaste rooibos sakkie die week gebruik en kyk nou na 'n moontlikheid om 'n paar goedjies vanaf SA te bestel! Ek wens aan die ander kant dat dit moontlik was om terug te kom SA toe vir 'n paar maande, maar die kostes is te veel. Jono hulle gaan wel vir 2 maande terug Amerika toe vanaf Junie, aangesien Zachi se Amerikaanse oupa en ouma nog nie die voorreg gehad het om hom vas te hou nie, maar die dollars is darem vir hulle voorsien! Nie seker oor die finansies waneer hul moet terugkom nie, maar die Here sal voorsien!

 



Dit gaan verder goed met Jono, Sara en Zachi! Jono het hiedie naweek spesiaal vir my gemaak deur 'n paar parytjies te reël vir my verjaarsdag en dit sal 'n baie sosiale naweek wees! Dit lyk of hy vanaand gaan braai en ek kan nie wag om weer bietjie braaivleis te eet nie. Sal dan ook 'n bietjie tyd met Zachi kan hê! Ek sien hom darem gereeld aangesien Jono hom saambring na ons byeenkomste en vergaderings. Die mannetjie word nou by die dag groter en ouliker! Hy kruip die wêreld vol en wil oral staan. Hy is regtig 'n bitter soet kind en ek dank die Vader daarvoor. Dit gaan ook baie goed met Sara maar sy is bitter besig met Bybel vertaling en opleiding! Jono is ook baie besig met die internationale projekte en dit vat baie van sy tyd maar hy doen meestal als online!


Let us not lose heart in doing good for in due time we will reap if we do not grow weary - Gal 6:9


Ons gebede en liefde met jul almal en net weer n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en onsland baie! Laat weet hoe dit daar gaan asb!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zachi.

 


BANK DETAILS


ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  


Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com

meisjono@yahoo.com