Tuesday 31 October 2023

 

 

 “Live as if Christ died yesterday, rose this morning and is comingback tomorrow” - Martin Luther

 

Hi almal,

 

Dis weer tyd vir nuus vanaf ons kant. Ons vertrou julle almal ervaar Jesus se liefde en ontferming en

verbly julle in Sy Genade ongeag van enige omstandigede.



Vandat ek terug is in Thailand was daar tye wat redelik besig was maar andersins is dit nou die rustige paar maande. Nie dat dit beteken dat ek op "vakansie" kon gaan nie want Ywam vergaderings en beplanning vir vorentoe het ons besig gehou en daar het wel spanne ingekom en nuwes het aansoek gedoen wat my goed besig gehou het. 

Ons het ook 'n week lange Nationale Ywam Konferensie gehad in Pattaya langs die see, maar ek kon dit nie bywoon nie weens spanne wat gedurende daardie tyd ingekom en ek moes Orientasie en lering doen. 300 Ywamers vanaf oral oor Thailand het daar byeengekom. 

So ek het die see weereens gemis. Dis nou al 5 jaar wat ek laas die see en strand kon ervaar. Meeste wat my ken weet hoe lief ek vir die see is, maar ek hoop en vertrou ek kan 'n week iewers bederf word om see toe te gaan. 

Jono hulle kon darem gaan en dit was 'n groot plesier vir hulle om die kinders op die strand te kry.


“The missionary heart: Care more than some think is wise. Risk more than some think is safe. Dream more than some think is practical. Expect more than some think is possible. I was called not to comfort or success but to obedience… There is no joy outside of knowing Jesus and serving him.” - Karen Watson



Ek is genooi om in Januarie lering te gaan gee oor Sending en Evangelisasie in een van die provinsies sowat 600 km vanaf Chiang Mai. Maar steeds nie naby die see nie...lol. Dis dieselfde plek waarheen ek jaarliks gaan, maar weens Covid moes ek altyd via die internet (zoom) met hul doen.  

Al die verwikkelinge oor die wêreld bring nou heelwat veranderinge mee aan my huidige aanbieding, aangesien dit belangrik is om die huidige stand van Sending en Christen populasie oor te dra.

Bid ook asb vir Jono wat op die stadium met 4 mense 'n pad moet stap om hul die lig te laat sien en hul harte te kan oopmaak vir Sy genade en waarheid. Dis soms nie n vinnige proses nie soos julle weet.


“Death alone will put a stop to my effort!” - David Livingstone

 

Ek weet daar was groot skade in Suid Afrika weens verspoeling ens. en ons kon regtig vir ons land en mense intree, maar die reënseisoen maak ook amok hier in Thailand. Soos julle weet dis Monsoon tydperk en dit reën daagliks. Oral  is vloede en skade. Paaie wat verspoel en die plek waar ek bly se geute het ingegee. Die water is oral en ek moet bont staan om die duisende Bybels wat ek hier het onder seil te hou, weg van die geute af want dit staan onder 'n afdak maar oop lanks die kante. Van ons belangrike Bybels "Comic Bibles - Good vs evil" is daar net 120 oor en ons vertrou die Here vir 'n donateur wat kan help om weer te druk. Bid asb saam met ons want dis nie 'n klein bedraggie nie.

 

“Let us not glide through this world and then slip quietly into heaven, without having blown the trumpet loud and long for our Redeemer, Jesus Christ. Let us see to it that the devil will hold a thanksgiving service in hell, when he gets the news of our departure from the field of battle.” - C.T. Studd


Ek weet ons almal bid baie ernstig vir Israel en Ukraïne, maar ons vra net weereens om ook die Burmese mense op te dra in gebed. Duisende oorleef steeds in die oerwoud en dit is bitter moeilik om by hul uit te kom weens die reën en die soldate wat steeds op soek is na hulle. Hulle leef in haglike omstandighede en daar is bitter baie Christene tussen hulle.


Met Jono hulle gaan dit baie goed. Die kinders word nou groot. Danni is Jono uitgeknip. Rustig, liefdevol en nie hiper aktief nie. Sara se ouers en haar een suster kom in November Thailand toe vir 2 weke. 

Ek weet Jono hulle kan nie bekostig om Amerika toe te gaan op die stadium nie. Ek vertrou steeds vir 'n deurbraak om weer vir 'n slag na my geliefde land en julle almal te kom besoek en sal net bly vertrou vir die finansies en die regte geleentheid. Ons staan verbysterd om te sien wat kaartjies kos vanaf hier SA toe. Dis baie duurder vanaf hier soontoe as vanaf daar hierheen. Dit maak net nie sin nie. Dis nou amper 5 jaar wat ek laas vir Dawie en sy familie gesien het. Ons kommunikeer darem amper daagliks, maar dit sal lekker wees om hulle net in lewende wese te sien.

 

 

 

 

When James Calvert went out as a missionary to the cannibals of the Fiji Islands, the ship captain tried to turn him back, saying:

“You will lose your life and the lives of those with you if you go among such savages.”

To that, Calvert replied, “We died before we came here.”

 

 

Weereens dankie vir julle liefde, ondersteuning, gebede en passie om deel te wees om harte te verander en Sy Naam groot te maak ongeag hoe klein of gering julle dit sien, wees verseker dat die Here enige saad kan gebruik en laat groei. Ons bid steeds en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.

 

We know only too well that what we are doing is nothing more than a drop in the ocean. But if the drop were not there, the ocean would be missing something. - Mother Theresa

Hier saam met n ywam biker vriend van my. Hy het al die pad vanaf Georgia gekom vir n konferensie en ons kon een dag saam motorfiets gaan ry. Mymotorfiets staan by sy ywam basis in Tbilisi. Ander leiers en vriende vanaf Ywam Figi.

 

 

Baie liefde en vrede

Len, Jono, Sara en kleintjies.

 


ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

BANK CODE: 632005

 Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com