Wednesday 12 February 2020


"The Gospel is only good news if it gets there in time" - Carl .H. Henry

Hi my liewe Boetas en sussies,

Ek hoop en vertrou dit gaan goed aan julle kant en wees verseker ons bly julle daagliks opdra in gebed!

Dis weer tyd vir n bietjie terugvoering!

Eerstens wil ek net laat weet dat ons darem nog nie in direkte kontak met die nuwe Convus virus was nie maar dit lyk ook nie goed hier in Thailand nie, ongeag wat die media se. Ons het reeds baie mense wat gehospitaliseer is in Chiang Mai en dit is beslis te danke aan al die Chinese wat hierdie tydperk Thailand besoek. Dit was Chinese nuwe jaar en bitter baie Chinese was al reeds hier voor dit n epidemie geraak het. Ons neem voorsorg deur maskers te dra in publieke plekke en ons staan almal in geloof vir Sy beskerming! Daar is ongelukkig ook n vlaag van griep weens die "koue" winter wat ons beleef het die laaste 2 maande en die Convus virus se simptome is baie dieselfde!

Die laaste meer as n maand was erg besig met horde uitreik spanne en kerk spanne met die koordinering by die lokale ministries en kerke. Daar was meer spanne as voorheen aangesien baie weerhou is om China of Mongolia te bereik a.g.v die virus! Ek is baie dankbaar vir Jono se hulp! Die lokale kerke is besig om baie te groei en baie staan verstom en kan nie glo wat nou skielik besig is om te gebeur na bitter baie jare se plant met bitter min resultate!

 "I have but one passion: It is He, it is He alone. The world is the field and the field is the world, and henceforth that country shall be my home where I can be most used in winning souls for Christ" Counr Nicolaus Ludwig von Zinzendorf


YWAM het my gevra om n "elder" te wees, ongeag van my betrokkenheid in Mongolia en ek het na baie gebed dit aanvaar met voorwaarde dat helfde van die jaar in Mongolia en die Stan's sal wees. Ek bly steeds die 'outreach coordinater maar Jono sal die verantwoordelikheid oorneem waneer ek in Mongolia is. 'Dit lyk of Jono City koordineerder gaan word en dan sal hy nog meer verantwoordelikhede he as voorheen. Wel, dit klink nou wel wonderlik maar dis beslis maar net mooi name met meer verantwoordelikheid en geen betaling nie....haha...maar ons vertrou daar sal darem so bietjie belonings wees vir ons en julle waneer ons eendag die poorte van die hemel sal instap. (Foto met YWAM Phitsanulok waar ek gaan teach het)

Ek het ook verlede week gou na n provinsie in die middel van Thailand gegaan om n week DTS (Disscipleship training school) lering te gaan gee met die onderwerp as Missions. Dit was my voorreg om die Thai studente te kon inspireer en motiveer vir die taak wat Jesus vir hul beplan in sending! Dit was lekker om net vir n slag weg te kom en snaaks genoeg was daar geen spanne wat ek moes koordineer of orientasie doen gedurende laas week nie...dankie Jesus! (Foto:sommige van die Thai studente)

Ek is ook weer besig om te beplan vir my tyd in Mongolia en die Stan's wat seker in Julie sal begin aangesien dit lyk om my kleinseun in Junie gebore sal word. Yip, dis n seuntjie en Sara is baie opgewonde aangesien dit n seuntjie is en hul familie bestaan net uit dogtertjies! Haar ouers sal ook hierheen kom in Junie!

 "If a commission by an earthly king is considered an honor, how can a commission by the Heavenly King be considered a sacrifice" - David Livingston
 
Die Here is aan die werk hier in Chiang Mai! Nou onlangs het een van ons sendelinge 'n monk, wat kaalvoet tussen die grafte rondgeloop het om meer "krag" te bekom van die voorvader geeste en demone, hom bekend gestel aan die krag van die Heilige Gees. Omdat hulle bekend is met  die geestes wêreld, het hy dadelik die Goddelikheid, reinheid en krag beleef. Dit het hom so oorweldig en onmiddelik sy hart vir die Here gegee en is nou die enigste Christen in sy village!!  Hy is nou 'n wonderlike getuie vir die Here, so passievol, dat hy selfs mede Thais wat tot bekering kom, help doop in die watervall (Foto Bekeerde monk doop mense by n waterval)

Tydens een aand wat hy sy getuienis gelewer het aan 'n groepie, was daar 'n ladyboy in volle vroulike voorkoms. Die bekeerde monk het prontuit getuig van hoe die kindertjies net na geboorte toegewy word aan 1 of ander gees wat die familie wil behaag. Almal het verstrak na hom sit en luister, want, hul het geweet dis die waarheid!  Dié aand is daar ondermeer vir die ladyboy gebid. Die ladyboy het geval onder die krag van die Heilige Gees en gelê vir meer as n half uur. Twee dae later  toe hulle weer bymekaar kom, sien hulle die 'nuweling' onder hulle. Die ladyboy se hare is toe kortgesny en is toe pure man en opgestaan saam met Christus in 'n nuwe identiteit en lewe. (Foto's: Lering, motifering en orientation met spanne)

Daar is ook ander wonderwerke in Chiang Mai Spanne het gebid vir groepies plaaslike mense in n villages, waar geen gelowiges was nie. By een village het hulle aan die een kant nog offers aan Budda gebring. Net langsaan het die span gebid vir 'n vrou se verminkte arm wat onmiddellik ten volle genees is en so ook vele ander genesings! Die mense het begin gil van verwondering en blydskap en die wat besig was met offerhande aan Budda hardloop toe oor na die ander groep wat in ekstase is en begin ook hul harte vir die Here gee! Nou volg dissipelskap vir hulle. Volgende naweek word almal gedoop! "God is on the move"nie net hier nie, maar oral oor!!


Ons het weer duisende Bybels en 20 000 traktaaitjies geprint en die spanne is besig om dit te versprei en ons vertrou dat Sy Woord nie leeg sal terugkeer nie (Jes 55:11). (Foto:Een van die lokale kerkies met die traktaaitjies en Bybels)

Jammer die nuusbrief is bietjie lank! Mag julle net die Here se awesomeness beleef elke dag en mag julle gebruik word vir Sy Koningkryk in als wat julle doen. Laat asb wet hoe dit by julle gaan!
Baie liefde en vrede!

Len, Jono en Sara!

"When Christ calls a man, he bids him come and die" - Dietrich Bonhoeffer

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005