Monday 12 December 2022





 

"God never said that the journey would be easy, but He did say that the arrival would be worthwhile" - Max Lucado

 

Hi almal,

 

Ons hoop dit gaan goed en vertrou dat julle 'n wonderlike breek gaan hê gedurende Desember! Julle
weer in SA klink lekker en dit was 'n voorreg vir my om die Springbokke teen Engeland op TV te kyk verlede week.

 

Soos baie van julle reeds weet het Covid my in die hande gekry vir die eerste keer. Ek het myself geisoleer en ek kan net met 'n dankbare hart getuig dat ek werklik nie baie sleg gevoel het nie, maar ek was beslis moeg en effens swak liggaamlik. My smaak en eetlus is ook nog nie terug nie en dit is ook n goeie ding want nou verloor ek gewig.
Daar is skielik weer baie gevalle hier, maar ons hanteer dit maar soos verkoue en griep deesdae. Ek kan net se ek is baie dankbaar om so vinnig te herstel.

 

"The Christian life is not a constant high. I have my moments of deep discouragement. I have to go to God in prayer with tears in my eyes, and say, 'O God, forgive me,' or 'Help me.'” - Billy Graham

 

Ons "winter" het aangebreek en ons daaglikse tempretuur is so 30C maar ons aande is 20C wat dit baie meer leefbaar maak. Ons hoop net hierdie temperature sal langer as net 'n paar weke hou! 

Dit gaan goed met ons, maar natuurlik rof besig met al die spanne wat hier is en wat veral Desember en Januarie hierheen kom. Die ark is defnitief oop weens die Covid "restrictions" wat gelig is en ons het spanne van regoor die wêreld wat hierheen stroom. Daar gaan horde spanne oor dieselfde tyd hier wees en ek het soms daagliks orientations om te doen. Baie spanne vra ook nou voor die tyd vir Bybels en dit maak my hart bly om die passie te sien vir Bybel verspreiding. Ek moet nou selfs amper 'n 1000 Bybels Bangkok toe stuur vir spanne wat eers met hul uitreike daar begin.


"You are the only Bible some unbelievers will ever read." - John MacArthur

 


 

 
 Die tronke maak ook nou weer oop sodat ons tronk bediening kan doen en ons ervaar 'n hongerte onderdie mense hier. Die kerke kom ook nou meer en meer bymekaar en die eenheid is duidelik sigbaar. Ek is ook nou klaar om online evangelisasie te doen vir die jaar en sal weer volgende jaar hervat. Met die werk tussen the vlugtelinge van Burma gaan dit nog goed en ons voorsien steeds maandeliks voorraad vir hulle weens die omstandighede in Burma wat nie verbeter het nie. Die aandag van die media het beslis geskuif na Ukraine en dis ook nodig om aan te hou bid vir beide lande.

 



"We can see hope in the midst of hopelessness. We can see peace in the midst of chaos. We have a hope that the world does not have. We can see clearly that all things work together for the good of them that love Him and are called according to His purpose." - Priscilla Shirer

 

Jono hulle maak gereed om Amerika toe te gaan aangesien Sara se sending organisasie hul verplig om vir drie maande terug te gaan om veral vir support te gaan vra. Hul vertrek middel Desember en sal eers weer in April terug wees. Ek sal beslis hulle mis, maar ek gun hulle ook om bietjie uit Thailand uit te kom. Dit gaan regtig baie goed met hulle en die kleintjies word nou groot en meer "sweet"! Die twee boeties is erg oor mekaar en hul speel en lag lekker saam.

 

 

Death is no more than passing from one room into another. But there's a difference for me, you know. Because in that other room I shall be able to see.- Helen Keller

 

Baie van julle het my gevra wat gebeur het met my sussie. Soos meeste van julle weet, is sy skielik in
Oktober oorlede. Dit was 'n skok vir ons almal. Sy het haar oudste dogter meer as 10 jaar gelede verloor weens kanker en kon net nooit oor dit kom nie, alhoeweel sy by haar jonger dogter gebly het. Sy het geleef op anti-depressante en het sowat 'n maand voor haar dood skielik in die hospitaal beland weens haar maag wande wat te beskadig was weens al die medikasie en anti-depressante. Die dokter het dat sy onmiddelik stop met alle medikasie. Sowat 2 weke voor sy oorlede is, het ek met haar gekommunikeer en het sy vir my gesê sy kan nie meer nie! Sy het baie skuld gehad weens die hospitaal kostes, sy het ook verhoudings probleme met haar jongste dogter gehad. Haar laaste woorde aan my was dat sy ook soos ek wou wees met my verhouding met Jesus.

 

 Ek het haar mooi verduidelik dat die Here haar sal aanvaar soos sy is maar sy moet nie die verandering wil maak net om die Here te wil gebruik weens haar omstandigehede nie. Haar mooi verduidelik dat baie mense baie beloftes aan die Here maak maar sodra dit beter gaan, dan is Hy onmiddelik vergete. Ek het daarna nog boodskappe vir haar gestuur, mooi getuienisse en amazing worship liedjies van Brandon soos: "Gratitude" en die amazing lied "Too good to not believe". Sy het ongelukkig nie reply nie en 'n paar weke later het sy selfmoord gepleeg. Haar dogter het haar gevind in haar kamer in haar dogter se huis waar sy haarself gehang het. Dit was hart verskeurend vir ons en ek was eers vir 'n tyd hartseer en toe was ek kwaad vir haar! Ek glo en vertrou sy het totaal reggemaak met Jesus voor sy oorlede is en hoop om haar eendag ook in die hemel te sien. Dankie vir almal wat ons in gebed opgedra het.

 

'n Thai vriend van my het my genooi om saam met hom op motorfietse Loas toe te gaan vir 'n uitreik, maar weens Covid en al die spanne wat oppad is, moes ek nee sê. Daar is vroeg volgende jaar weer so geleentheid en dit sal wonderlik wees om net weer bietjie die pad te vat en oral geleenthede in Loas te kry om te evangeliseer.

 

"Death alone will put a stop to my effort!" – David Livingston

 

 

Ons bid steeds vir julle en vertrou dat hierdie tyd wat kom julle Jesus se teeenwoordigheid sal ervaar en dat elkeen 'n verskil sal maak in die harte van mense om julle. Bly asb. steeds vir ons bid en vertrou saam met ons dat die Here daaglik ongeredde mense oor ons pad sal stuur sodat hul die waarheid van die Koningkryk sal sien en Hom ontmoet as hul Saligmaker.

 

I Will Not Offer to the Lord What Costs Me Nothing - David

 

BANK DETAILS

 ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

 BANK CODE: 632005

 

 Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org 

 

 Jono +66 80 815 5791

 Jono.dupreez@gmail.com