Thursday 19 November 2020


 

I tell you that in the same way, there will be more joy in heaven over one sinner who repents than over ninety-nine righteous persons who need no repentance - Luke 15:7

 

Môre my liewe boeties en sussies!

 

Ons vertou dit gaan goed met julle almal. My verlange is groot en ek smag om net weer bietjie terug te kom SA toe! Dis nou meer as twee jaar wat ek laas daar was en vertrou om iewers in 2021 bietjie te kom kuier. Binnekort sal die kersfees liggies begin brand en dit is nogals pynlik om nie deel te hê daarin nie. Hier is beperkte kers versierings maar is darem in 'n paar winkel sentrums. Ek smag so na 'n klompie dinge wat net ons almal sal verstaan en dis, MrsBalls se chutny, Rooibos tee, biltong, droë wors, melk tert en regte boere wors! Ons kan nie nou daar wees nie maar wees verseker ons staan saam as een met julle almal in vertroue dat ons Koning drasties veranderinge sal teweeg bring in SA, vir julle almal se beskerming en veral ook ons boere!


Dis bietjie oor my tyd vir 'n nuusbrief, maar ons was baie besig vir 'n geruime tyd. Ons scenario in
Thailand aangaande die Covid virus het redelik teruggekeer na nomaal toe! Ons kan nou byeenkomste soos vergaderings en kerk bywoon in persoon en hoef nie daar maskers te dra nie! Meeste restaurante is oop maar heelwat het steeds beperkte sitplekke per tafel vir "social distance". Ons word ook steeds verplig om maskers te dra in die publiek en in malls en winkels soos 7/11 ens. Daar was 'n totaal van 3875 covid gevalle en net 60 mense is oorlede! 

 

 

God will meet you where you are in order to take you where He wants you to go – Tony Evans

 

 Baie sendelinge is steeds in die buiteland en 'n baie klein hoeveelheid het dit reggekry om visas te bekom en terug te keer. Die vereistes om terug te keer is is amper nie bekostigbaar nie, weens duur vlugte, 14 dae in kwarantyn in spesifieke hotelle ens. Daar is riots in Bangkok en 'n "state of emergency" is verklaar aangesien die Thais demokrasie verlang! Daar is 'n nood vir toerisme aangesien dit 22 persent van Thailand se ekonomie bepaal. Die armoede en werkloosheid is besig om hand uit ruk en mense is besig om desperaat te raak 

Ons het nou weer groepe wat hierheen kom vir vergaderings, verblyf en kursusse wat aangebied word.


Heelwat van ons nationale vergaderings word ook hier in persoon gehou en die mense reis van oral oor Thailand hierheen. Ek en Jono moet nogals bontstaan om als te beheer, maar Sy genade is genoeg! Jono raak nou goed met houtwerk aangesien hy verskillende houtwerk take verrig en is nou besig om kaste vir 'n sending kinderhuis te maak, Hy preek ook nog elke Sondag by Abba House en is redelik betrokke by dierdie kinderhuis. Ons kospakkie verspreiding met die evangelie is steeds aktief en die mense is bitter dankbaar. Ons is ook steeds betrokke met Bybel verspreiding maar kan nie wag vir spanne om te kom help nie.

 
 
Ek is steeds besig met my boek maar het regtig gebed nodig vir inspirasie, aangesien dit maar stadig gaan om met my twee vingers te tik! Ek sal hopelik vroeg 2021 klaar wees! Ons het steeds weeklikse uitreike en heelwat mense neem Jesus aan en verwerp Buddhism. Hul word gedoop, word opgevolg met selgroepe wat behels Bybel studie en ook al die Bybel stories wat vertel word.    Ons het gelukkig Thai's wat vertaal en het nou baie studie en Bybel materiaal wat ons aan hul gee. Covid het veroorsaak dat baie meer online en media materiaal beskikbaar is en dit maak werklik deure oop in 'n nuwe aspek van evangelisasie.   

“Outside of the will of God there is nothing I want. And in the will of God there is nothing I fear.” – A.W. Jogger 

 

 Die man het na ñ lang gewag stadig uit sy woonvertrek gekom. Sy voordeur is vol van idols. Onder andere ook ñ sertifikaat wat hy ontvang het van die Prinses van Thailand vir Sy musiek talent. Na vele aanmoedig het hy ñ fluit gaan haal en ñ liedjie begin speel. Na gebed het hy Jesus aanvaar en sy gesig het begin verhelder en met ñ glimlag op sy gelaat is ons toe weer vort na die volgende huisie. Hy word nou gereeld opgevolg. 

 


 

Die man het nogals ñ redelike wye kennis van Buddhism. Hinduism, asook al gehoor van Jesus. Hy was gretig om meer te hoor van Jesus. Na ñ lang gesprek was hy oop om Jesus in te nooi in sy hart. Hou hom asb in jul gebede, die stryd bly groot om Buddism finaal vaarwel te sê! 

“Lord give me souls or take my soul” – George Whitefield

 

 

Die vrou het haar man verloor in 'n motorfiets ongeluk 'n maand terug. Hy was die village chief se seun. Ons kon bid vir haar vir vertroosting in haar rou tydperk asook vir haar lewenspad vorentoe. Sy was ook gewillig om Jesus kans te gee in haar lewe, hou haar ook asb in jul gebede!

The most terrible poverty is loneliness, and the feeling of being unloved – Mother Theresa

 


 
Ek is werklik so dankbaar vir fonse wat ingekom het om nog Bybels en inkleur boeke vir kinders met al die Bybel stories agter elke bladsy te druk en dit sal ook uitgegee word gedurende Desember (Kers-seisoen)! Ons is ook besig om te kyk na inkleur kruit en ander geskenke wat ons kan saam gee. Ons sal dit in pakkies opmaak en die pakkies uitdeel in verskeie plekke! Natuurlik gaan die kospakkies nog goed aan maar ons word nou beperk om Christelike literatuur saam met dit uit te deel. Niks wat die Here nie kan verander nie!


“The Lord repay you for what you have done, and a full reward be given you by the Lord, the God of Israel, under whose wings you have come to take refuge!” – Ruth 2:12

 

 Dit gaan goed met klein Zachie en hy word nou net ouliker by die dag! Hy is stroop soet en mens hoor hom skaars aangesien hy omtrent nooit huil of kerm nie...net as hy natuurlik honger raak! Hy lag baie en ek sien een honderd persent in hom hoe Jono was op sy ouderdom, stil en vol Jesus vrede! Dit was Jono se 37 ste verjaarsdag Dinsdag en ek besef ons almal word ouer! Ek dink dis die eerste keer dat ek nie op sy verjaarsdag hom kon sien nie, maar dit was maar 'n besige dag en ek was darem op sy verjaarsdag party wat Vrydag aand gehou is! 

 

I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples – Mother Theresa

Ek wil net weereens dankie sê vir al julle awesome liefde, omgee en gebede! Sonder julle sal ons nooit die vyand kan trotseer soos ons daagliks moet doen nie! Julle almal is kosbaar en ons is baie lief vir julle! Ons bid vir julle en vertou vir n tyd saam in 2021.


Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zachie.


BANK DETAILS


ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com

meisjono@yahoo.com