Friday 23 August 2019

"If Jesus Christ be God and died for me, then no sacrifice can be too great for me to make for Him - C.T Studd"


Hi almal,

Hier is my nuutste nuusbriefie. Ek hoop als is wel julle kant en laat asb weet indien ons julle kan opdra in gebed vir enige spesifieke rede.


Ek is so pas terug vanaf Mongolia en dis nogals n aanpassing vir my om weer terug te wees in die hitte en humiditeit. Dit reen wel elke dag maar dit bly maar steeds warm en bedompig maar ek is vergenoegd.

 Mongolia is n asemrowende plek. Daar net ooptes is so ver as wat die oog kan sien. Met n nederige hart en alle eer aan Hom was dit, volgens my, die mees vrugtevolle en bevredigendste geestelike tydperk wat ek lanklaas ondervind het om vir ure lank met
soveel mense (Atheiste, Buddiste en Muslims ) vanaf oral oor die wereld die Woord mee kon deel. Die Bybel verspreiding was ook n wonderlike sukses aangesien al die spanne en die Mongolia kerk amper 600 000 Bybels in hierdie kort tydjie kon versprei. Ons het n sateliet sisteem wat elke area, huis en yurd in die oop vlaktes
met n kleur aandui presies hoe elke familie se reaksie was. Nou het die kerk in Mongolia n groot taak om opvolg werk te doen. Die Mongoliese mense is mooi en regtig baie ontvanglik vir die evangelie. Bitter baie Mongoliese Christene word sendelinge nadat hul Jesus aangeneem het weend die feit dat hul nomads is en n warrior mentaliteit het.

Ek was ook bevoorreg om saam met n Ywam media span te werk en scouting trips vir hulle te kon doen. Hul doelwit was en is om n film te maak om jong mense te motiveer om sendingwerk te doen en om die Blye Boodskap oral te versprei....EBP (End Bible Poverty). Daar was ook wonderbaarlike genesings en mooi getuienisse van mense wat Jesus aangeneem het.

"No one has the right to hear the Gospel twice, while there is someone who hasn't heard it once. - Oswald J. Smith"

Die visa probleem vir Mongolia bly n frustrasie aangesien die maksimum tydperk is 2 maande en as jy gelukkig is, 3 maande. Ywam Mongolia het regtig uit hul pad gegaan om dit moontlik te maak vir my om langer te kon bly maar die enigste opsie was om terug te gaan Rusland toe en weer daar aansoek te doen. Die kanse was dat as hulle dit sou weier, sou dit my weerhou het om weer April terug te gaan.

Ek het my motorfiets (Blessing) gestoor in n lekkende motorhuis maar ek is dankbaar dat Ywam wel iets vir my kon reel. Blessing gaan bitter koud kry weens die winter wat op hande is. Dit word minus 40 grade daar!

Nou kom daar weer n tyd wat ek na my gesondheid moet kyk. My skouer, na my val in Rusland, het my nogals erg geknou en moes ek vir vir maande dag en nag pyn verduur, maar dit was regtig verdraagsaam weens Sy genade. Ek sal vir n MRI scan moet gaan vir my skouer sowel as my been en ek vra nederig net almal se gebede asb.
 Ek sal beslis al die vleis mis van Mongolia aangesien daar bitter min is in Thailand, maar ek sien uit na al die groente en vrugte. Ek moet eerlik wees dat die kos baie vetterig is en ek sal maar nou eers bietjie al die cholestorol moet uitsny vir n tydperk.

Die interaksie en eenheid van die honderde mense vanaf oral oor die wereld was ook so amazing! Hier was net een doelwit en dit was om God se genade deur Jesus aan almal te verkondig deur enige moontlike wyse en veral deur Bybel verspreiding!



The history of missions is a history of prayer. Everything vital to the success of the world's evangelization hinges on prayer - John R. Mott




 Daar was soveel hoogpunte gedurende hierdie tydperk, maar die innerlike satisfaksie om Jesus aan die mense voor te stel was die hoogste op my lys! Elke oomblik was n voorreg om te kon doen wat Hy wou he ons moes doen, maar dit was ook n eer om die kerke te besoek en met die Mongolia Christene en mede sendelinge wat daar gevestig is te kommunikeer en ook hul stories te hoor. Ek gee alle eer aan my hemelse Vader vir Sy genade, voorsiening en ook Sy beskerming gedurende hierdie besondere uitreik en Bybel verspreiding. Ek dank ook elkeen van julle vir julle liefde, ondersteuning en gebede. Onthou net dat elke ledemaat van die liggaam een liggaam maak en julle net soveel deel het aan als wat op die stadium gebeur in die geestelike realm. Ek sal binnekort julle laat weet wat die uitslag van my skouer en been is maar ek sal bly vertrou en eerder fokus op die pyn wat die Here het vir elke siel wat Hom verwerp, want dis nie Sy wil dat sommige sal vergaan nie 2 Petrus 3:9.

Baie liefde en seen vir julle. (Sal Jono se nuusbrief binnekort stuur)
Len, Jono en Sara

"There is not a square inch in the whole domain of our human existence over which Christ, who is Sovereign over all, does not cry, MINE!!!" - Abraham Kuyper


BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005