Wednesday 30 August 2023

 

 


“Do not allow yourselves to be disheartened by any failure as long as you have done your best.” – Mother Theresa

 

Hi almal,

 

Ek vertrou als gaan goed julle kant en die Here doen awesome dinge in julle en deur julle lewens! Ons bly bid vir my geliefde land Suid Afrika en vertrou die Here sal al die duisternis verander in Lig.

 

Soos meeste van julle weet is ek 2 maande terug Mongolia toe om my motorfiets daar uit die land te kry en deur te ry Georgia toe. Ek het dit gekombineer met my jaarlikse uitreik wat gepootjie is deur Covid en gesluite grense vir 'n lang tydperk. Spoiler alert: Ek het dit gedoen en is weer terug in Thailand!

 

“Remember who you are. Don’t compromise for anyone, for any reason. You are a child of the Almighty God. Live that truth.” – Lysa Terkeurst


Dit was 'n goeie tyd vir my om net bietjie uit Thailand te kon kom na 4 jaar. Mongolia was besonders want ek het honderde Bybels en SD kaarte (met die Bybel en die Jesus film op) kon uitgee en het wonderlike 'Divine appointments' gehad. Nadat ek my motorfiets gekry het, wat ek gestoor het by YWAM, moes ek bietjie hestelwerk doen, diens en nuwe bande opsit. Ek was bietjie beperk met fondse en moes ek net die noodsaaklikste doen wat later so bietjie gebackfire het, maar gelukkig nie ernstig nie. Ek het weer in n yurk gebly en daar verder werk op my motorfiets gedoen en alles gereed gemaak vir die lang pad vorentoe.


Ek het ook n goeie tyd saam met my vriend Amos die ywam leier van Ulaanbaatar gehad en kon die basis en studente besoek en ons het ook lekker vetterige Mongolia etes saam en fellowship saam gehad. Amos het my baie gehelp gedurende die 4 jaar wat my motorfiets gestoor was en het ook gehelp om die motorfiets by KTM (motorfiets herstel plek) te kry voor my aankoms in Mongolia. Ek was verbaas om te sien hy en 3 ander ywam staf die basis (huis) self gebou het met geen kennis nie.


“A religion that gives nothing, costs nothing, and suffers nothing, is worth nothing.” 

- Martin Luther

 

 

Na 'n week het ek die pad gevat na die Mongolia/Rusland grens. Ek was bevoorreg om oral Bybels en SD kaarte te kon uitgee en op 'n sekere dag het ek in die woestein gery en die laaste petrol pomp geïgnoreer, want ek het gedink daar is nog petrol vorentoe. Tot my spyt, want ek het honderde kilometers gery met geen petrolpomp in sig nie. My motorfiets se tank was dol leeg en ek het begin bid, want die naaste petrol stasie/dorpie was sowat 'n 100 km van daar af. My nood gebed is nog altyd Psalm 50:15 'Roep my aan in die dag van benoudheid, Ek sal jou help en jy moet my eer' en net na ek die gebed gebid het en vir die Here dankie gesê het en dat ek hom alreeds eer, sien ek 'n klein geroeste en verblykte bordjie na aan die grond langs die pad wat wys 2 km en 'n petrol teken. Ek sien toe in die verte was 'n klompie geboue en draai onmiddelik in daai rigting. Toe ek uiteiendelik daar kom sien ek n enkel petrol pomp in die middel van die village en die eienaar glimlag van oor tot oor

Terwyl hy besig was om my motorfiets se tanks te vul, kom daar 'n klomp jeug daaraan. Hul probeer kommunikeer, maar dit het bietjie geknaag. Ek besef toe ek kan wel vir hulle Bybels uitdeel asook die SD kaarte! Toe hul sien wat dit is vra hulle met opgewonde harte vir meer vir hul vriende. Ek besef toe dat hulle heel moontlik nooit die geleentheid sou kry om die Gospel te hoor nie want hulle was so vêr weg vanaf die beskawing wat daar darem kerke en Christene is. Ek het regtig wonderlike geleenthede gehad om Bybels uit te deel. Dit was 'n bitter koue trip deur Mongolia maar naby die grens het dit begin warm word. In die woestyn was dit erg warm maar die berge in die omtrek het sneeu opgehad.





 

 

 

“If you believe in a God who controls the big things, you have to believe in a God who controls the little things.  It is we, of course, to whom things look ‘little’ or ‘big’.” – 

 Elisabeth Elliot

 

Ek het geen probleme met my motorfiets gehad nie behalwe dat ek n "slow punkture" in my voorste wiel die hele pad gehad het. Dit was nie die band nie maar die rim self aangesien ek die wiele "tubeless" gemaak het. Ek moes elke 2 de dag my wiele pomp en dis heel anders as in Suid Africa waar jy dit kan pomp by vulstasies. Meeste lande moet jy na n werktuigkundige plek toe gaan. Ek het gelukkig my eie toerusting wat ek dit kon pomp vanaf my eie motorfiets se krag,

 

Toe ek by die grens kom, was alles toe en ek het nie geweet Rusland het 'n vakansie dag gehad nie. Ek het toe verblyf gesoek daar naby maar moes tevrede wees om in n "kraal" te slaap. Dit was n yurk wat gebruik was om hulle diere in te sit en daar was oral gate met ysige wind wat deurgekom het gedurende die nag. Dit het erg gestirk en ek het een of ander insek in my kouse gekry wat my erg gebyt het tot ek dit later moes weggooi. Die volgende oggend vroeg is ek grens toe en die eienaar van die yurk het my laat weet dat hy my kan help om vinnig deur die grens te gaan. Ek volg hom toe en hy laat my toe om reg deur te ry tot voor by die hek. Hy reël toe 'n nommer en ek staan toe gereed om die amptenare te "face". Ek het geweet dit gaan 'n probleem wees, want my motorfiets was onwettig in Mongolia vir 4 jaar.


Terwyl  ek staan en wag kom daar 3 Russe (wel, Russiese engele) op motorfietse aan en baie vriendelik stel hulself voor. Ek verduidelik toe aan hulle dat ek dalk 'n probleem gaan hê en hulle sê toe onmiddelik, "don't worry it's normal and we will help you"! Wel, ek het nie besef van hoe groot waarde hul werklik sou wees nie, want niemand kon 'n woord Engels verstaan nie. Ek staan toe en wag en wag en wag en verskeie mense vat my dokumentasie en probeer inligting kry op hul rekenaars, maar dan staan dit weer. Die Russiese engele was na 'n uur klaar maar weier toe om te vertrek tot ek gehelp word. Ek het so sleg gevoel want hul het daar gebly en kort kort vertaal tot 4 uur daai middag. Dit was n bitter veeleisende en kommerwekende tyd en ek het so sleg gevoel omdat die Russe vroeg die oggend al kon vertrek het. Elke keer as ek vir hul sê dat hul moet gaan, dan së hulle nee, hul bly tot ek saam met hul na die Russiese grenspos kon gaan. Nege ure later arriveer ons en hul help my toe steeds en 'n uur later vertrek hulle na hul bestemming en 7 uur daardie aand ry ek in Rusland in. Eerlikwaar ek glo die Here het hul op my pad gestuur, want ek glo amper nie dit sou moontlik wees sonder hulle kommunikasie nie. Ek kon nie daar met hul deel nie, maar is nou gereeld in kommunikasie met hulle en sal stelselmatig die Woord aan hulle verkondig.

 

“Send me anywhere, only go with me. Lay any burden on me, only sustain me. Sever any tie, but the ties that bind me to your service and to your heart.” - David Livingstone



Elkeen van hierdie fotos het sy eie storie: Vanaf mense wat nog nooit die Gospel gehoor het nie tor die wat wonderlike broers in Christus is. Die Here het selfs mense op my pad gestuur sodat ek nie n onregverdige polisie boete kon kry nie.

Ek is net een keer in Rusland deur 'n polisieman voorgekeer terwyl ek op 'n soliede wit lyn na 'n vulstasie 'n draai gemaak het. Hy het sy sirene aangeskakel en vir my gewys om te stop maar ek het net onkundig gespeel en vir hom gewaai. Hy het dit weer aangeskakel maar ek het van my fiets afgeklim en ek kon sien hy stap vinnig oor die snelweg na my toe en ek het moeilikheid geruik.  Twee ouens van Kroasië het gesien wat besig is om te gebeur en onmiddelik na my gestap voor die polisie by my kon uitkom en gevra waar ek vandaan kom en hulle kon nie glo ek is van SA nie. Hulle het omhels en 'n bohaai gemaak en wou foto's hê terwyl die polisieman vra vir my dokumente en staan ​​en wag. Ek kon nie glo nie maar hulle se toe vir hom hy kan wag maar ek besluit toe om dit vir hom te gee. Hy kon sien dit is 'n "vergadering" en party wat hier aangaan en sê toe ek kan gaan. Dankie Kroatiese ouens!






Ek het ook deur n area sowat 500 km vanaf Ukraine en ek moet eerlik wees dat dit my mees kommerwekkende tyd was. Almal was moslems en dit was n area waar die Wagner soldate en die  leier van Chechen Republic, Ramzan Kadyrov aanbid word. 

 

Ek het nie baie motorfietsryers in Kazakstan gesien nie, maar een dag moet ek petrol ingooi en n  ongelooflike vriendelike motorfietsryer waai toe vir my vanaf n oop area sowat 50 meter van daar af hy wys die heeltyd dat ek soontoe moes kom en was so opgewonde om my te sien. Hy gee toe dadelik vir my 2 groot pasta-etes en 'n rooi soetrissie! Ek moet eerlik wees dat ek glad nie daai dag geeet het nie en bitter honger was. Ek kon toe een eet en het die ander een weggegee. So kyk die Here na ons almal.

 

So, het ek baie stories en daar was amazing 'Divine appointments' in elke land en selfs in Rusland met die wat kon Engels praat. Ek wens ek kon al die stories deel, maar dan sal my nuusbrief vêr te lank wees. Ek kon wel my motorfiets in Georgia by Ywam los en het die keer seker gemaak dis wettig daar om hom te registreer wat my toelaat om die motorfiets daar te hou vir 3 jaar. 

 

 

“I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples.” - Mother Theresa


Ek is nou 'n hele paar weke al terug in Thailand en dit begin nou weer besig raak met spanne wat aansoek doen om hierheen te kom vir uitreik. Ons is ook besig om te kyk na areas waar daar nog nooit uitreike was nie. Thailand het steeds net 1 persent Christene en van ons voel partymaal so oorweldig en nutteloos as ons na die 1 persent kyk maar Mother Theresa se woorde:

“We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.” 

Bid asb vir the honderd duisende Burmese mense wat skuiling soek in die oerwoud en self in Thailand, want hulle het geen dak oor hul koppe nie en leef in haglike omstandighede. Daar is bitter baie Christene onder hulle en ons stuur steed voorraad daarheen.Nike het so pas 4600 pare skoene gegee en dit het 'n groot impak gemaak met laggende gesiggies. Van die tekkies sal ook in die oerwoud vir die kinders uitgedeel word.

 




“I used to believe that prayer changes things, but now I know that prayer changes us, and we change things.” – Motor Theresa


Met Jono hulle gaan dit goed alhoewel hulle 'n sekere soort griep of iets gekry het wat Jono en die kinders plat in die bed het. Ons weet nie wat dit is nie, maar kan selfs 'Dengue fever' wees. Stem asb saam in gebed dat hul sommer gou weer op die been sal wees. Ons weet mos met God is niks onmoontlik nie. Daniel word 1 hierdie Saterdag en ek hoop om hulle te sien. Ons is nou in die Monsoon tydperk en dit reën verskriklik baie. Die humiditeit is baie hoog en ek is elke dag sop nat van sweet. 'n YWAM vriend van my, die YWAM direkteur van Georgia by wie ek my motorfiets gelos het, kom oor 'n paar weke hierheen vir n Asian Evangelism konferensie en daarna sal ek en hy op 'n motorfiets uitreik gaan vir 'n paar dae. Bid asb dat die Here deure sal oopmaak sodat ons effektief vir Sy Koningkryk sal wees. Van my staf wat my hier ondersteun gaan weg vir 'n geruime tydperk en ek het werklik jul gebede nodig dat ek sal kan deurdruk en als doen wat gedoen moet word met al die spanne wat kom.

 



Ek wil net weereens dankie se vir almal se liefde, ondesteuning, gebede en passie om deel te wees om mense aan Jesus voor te stel en dat julle self n impak maak vir die Koningkryk van God. Ons bid steeds vir julle almal en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.

Baie liefde en vrede

Len, Jono en familie.

 

“My deepest awareness of myself is that I am deeply loved by Jesus Christ and I have done nothing to earn it or deserve it.” – Brennan Manning

 

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

BANK CODE: 632005

 Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com