Monday 31 January 2022

If the Lord be with us, we have no cause of fear. His eye is upon us, His arm over us, His ear open to our prayer - His grace sufficient, His promise unchangeable.- John Newton

 

Môre my dierbare Boeties en sussies,

 


Dis weer tyd vir ñ nuusbrief. Ons vertrou die Here is die fokus punt vir jul elkeen en dat julle vertroue totaal in Hom is gedurende hierdie onseker tye! Ongeag wat ons omstandighede en pyn is, is Jesus daar en altyd gereed om in te tree as ons Hom toelaat en in Hom vertrou!

 

Hierdie jaar het met n "bang" begin en voel ek alreeds of ek ñ vakansie nodig het, alhoewel ek nie eens kan onthou waneer laas ek ñ vakansie gehad het nie. Die beplanning vir elke span in Thailand (nie net in die noorde nie) was nogals senutergend om elke dingetjie in plek te kry vir hul uitreike en die kommunikasie tussen die uitreik ministries en spanne het soms maar geknaag! Ek het soms gevoel dit was aanslae direk vanaf die hel en ek sal eerlik wees dat my bloeddruk met tye baie hoog was, heel moontlik van die stress en frustrasies!

 

“The true soldier fights not because he hates what is in front of him, but because he loves what is behind him.”  - G.K Chesterton

Op die einde het als in plek geval en is al die spanne besig met uitreike dwars oor die land en met die guns en hulp van die Here kan ek net met ñ dankbare hart my dank getuig! Uit al die is daar reeds mooi getuienisse van wat Jesus doen en Thais wat Jesus aanneem as hul verlosser en saligmaker.

 

Ek het verlede week online teaching gedoen vir YWAM DTS (Discipleship training school) in Phitsanulok. Phitsanulok is so 500 km vanaf hier en ek sou daar in persoon wees soos vorige kere, maar weens die beperkinge van Covid was dit nie moontlik om te reis nie. (Covid gevalle is darem nou so 8000 per dag i.p.v die 20000 per dag van Desember). Dit was my eerste keer online maar dit het heel goed afgeloop. Die leier, staf en studente het my gesmeek om meer stories te vertel en ek was natuurlik toe in my element. Ek gee net altyd die eer aan die Here, want die stories is nooit van ons nie maar eerlikwaar oor Sy getrouheid, beskerming, voorsiening en liefde!

 

Never be afraid to trust an unknown future to a known God. - Corrie Ten Boom

 

Ek het verlede week verbasende en blye nuus ontvang: Sara is weer swanger!!! Nou sal ek vir die derde keer oupa word. Dis maar nog vroeg in die swangerskap maar ons vertrou dat die kleinding iewers in Oktober gebore sal word. Jono en Zachie het n wonderbaarlike en baie intieme verhouding en ek sien dit net soos wat ek en hy gehad en nog steeds het! Dit is baie goedkoper vir hulle om die geboorte weer hier in Thailand te hê en hopelik sal Sara se ouers hierdie keer kan reis en in Thailand wees vir die geboorte met die reis beperkinge wat redelik gelig word.Niemand van Sara se familie weet nog nie maar hul het my toestemming gegee om dit met julle te deel.

 

“Here I am, send me; send me to the ends of the earth; send me to the rough, the savage pagans of the wilderness; send me from all that is called comfort on earth; send me even to death itself, if it be but in Thy service, and to promote Thy Kingdom.” — David Brainerd

 

Daar is so baie getuienisse maar hierdie een is baie sweet:

 In Thailand is dit ongelukkig algemeen om klein kindertjies te sien
wat items op straat verkoop om vir hul gesin te help voorsien. Een aand was een van ons YWAM spanne by 'n plaaslike restaurant vir aandete. 'n Jong seun van ongeveer 8 jaar oud het ingekom en probeer om klein botteltjies sap aan hulle te verkoop. Omdat die span net beperkte Thai kon praat, het hulle Thai Gospel traktaatjies uitgedeel waar hulle ookal gegaan het. Hulle kon vir hom 'n Gospel traktaatjie gee en die seun het in die middel van die restaurant gestop om deur die hele boekie te lees ( dit is in 'n 'comic' vorm geskryf). Terwyl hy daar staan en deur die bladsye blaai, het ons translator met hom gedeel dat hy geskep is deur 'n God wat hom lief het en 'n verhouding met hom wil hê. Hy het met hom gedeel oor Jesus en hoe hierdie God hom sou beskerm en vir hom sorg. Dit was 'n voorreg om Jesus Christus aan hierdie jong seun te kon bekendstel. Daar is soveel mense in Thailand wat nog nie van die goeie nuus gehoor het nie! Mag die Evangelie aanhou om oor die nasie te versprei!

 

“The way you store up treasure in heaven is by investing in getting people there.” — Rick Warren

 


 Die voorsiening van noodsaaklike voorade vir die Burmese vlugtelinge bly steeds aangaan en bid asb die getuienisse van mense wat Jesus aanneem is verblyend. Ek beplan steeds om Mei maand Mongolia toe te gaan maar op die stadium is dit nog nie moontlik vir toerisme nie! Ek betaal huur vir my motorfiets se staanplek elke maand en het nou dringend nodig om hom weg te kry! Bid asb dat die Here deure sal oopmaak en guns gee om Mei in te gaan! Dit is noodsaaklik dat ek my motorfiets uit Mongolia te kry en miskien in Georgia te los. Al die pad deur verskeie lande is die meeste mense Moslem en ook die naburige lande van Georgia en ek kan nie wag om Jesus met hulle te deel nie. Daar is baie Suid Afrikaners wat in Georgia bly en ek is besig om rond te vra vir ñ plek waar ek my motorfiets kan stoor tot na die winter in 2023. Ek sal dit baie waardeer indien julle my kan laat weet indien julle enige kontakte daar het.

 

Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach 

 

The Gospel is only good news if it gets there in time – Carl F. H. Henry

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA

ACCOUNT NO: 9106492455

BRANCH: PAROW

BANK CODE: 632005 

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com