Friday 10 June 2022

 

“He is no fool who gives up whathe cannot keep to gain that
which he cannot lose.”
 

― Jim Elliot

  More almal,

 

My gebed vir julle is dat ons Hemelse Vader julle oorvloediglik seën, beskerm in elke fase van julle lewe en lei om 'n impak te hê in almal se lewens om julle. Ook dat jul opnuut 'n versterkte passie sal hê vir Hom en elkeen sal sien deur Sy oë.

 

Dit gaan goed met ons die kant en dis altyd 'n voorreg om te weet daar is blessings in Suid Afrika wat vir ons bid. Die laaste 2 maande was redelik besig met spanne wat weer terug kom en ook met mense wat uit China vlug weens Covid, die beperkings wat hul regering op hul toepas asook die sendelinge wat uit die land gesit word. Ons het spanne vanaf Norway, Germany, Napal en ook kerk spanne vanaf Amerika. Daar is ook spanne oppad vanaf Malaysia, Switzerland ens. en ons is baie dankbaar, want Malaysia is oor die algemeen Muslim.

 

“Father, make of me a crisis man. Bring those I contact to decision. Let me not be a milepost on a single road; make me a fork, that men must turn one way or another on facing Christ in me.” ― Jim Elliot



Vir die wat nie weet nie, die Chinese regering het alle grense gesluit en die stad Shanghai met 26 miljoen mense, is totaal onder kwarentyn. Dit is so erg dat niemand uit hul huise mag gaan behalwe met spesiale begeleiding om kos te gaan kry en spesiale aflewerings van noodsaaklike items soos medikasie ens. Daar is 'n seël op elke deur geplaas en dit gaan nou al aan vir 2 maande! Die hartseer is dat baie meer westerlinge (geheime sendelinge) nou uit die land gesit word. China plaas ook baie regulasies vir die wat vlieg na ander lande om sodoende te keer dat mense die land verlaat. Daar is 'n Chinese Christen wat by my bly wat intens probeer om van hul familie lede uit China te kry! Die Chinese Bybelskool wat ons hier het is ongelukkig redelik beïnvloed weens hierdie kontrole wat die Chinese regering toepas. Daar is gelukkig heelwat Chinese wat nou in Chiang Mai woon en daar is selfs 'n kerk begin. Sondag is 5 Chinese gedoop en 'n Chinese tannie van in haar sewentigs het Jesus aanvaar as haar verlosser. Sy het getuig en gesê dat alhoewel sy haar hele lewe 'n Buddhist was het sy van kleins af geweet  daar moet 'n skepper wees. 

 

“We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.”- Mother Theresa

 

Die Bybel verspreiding gaan nou goed aan en meer en meer villages is nou weer toegangklik vir ons. Die tronke is ongelukkig steeds toe weens Covid en ons bid en vertrou dat hulle dit binnekort sal oopmaak vir tronkbediening. Ons kon ook 'n geleentheid kry om by 'n Buddhiste skool te gaan preek en 15 het hul harte vir Jesus gegee! Ons is ook dankbaar om steeds die Burmese vlugtelinge te help met kos en noodsaaklikhede. Dit gaan steeds woes in hul land en duisende leef in grotte en in die oerwoud. Dit is uitdagend genoeg dat baie gesinne vir hul lewe in die oerwoude moet hardloop terwyl hulle deur die Burmese Militêre Junta agtervolg, op geskiet en gebombardeer word. Nou het hulle die bykomende uitdaging om sonder skuiling in swaar reën te wees en deur oorstroomde riviere van veilige hawens verhinder te word. Bid asb. vir die mense van Myanmar!

 

“Father, make of me a crisis man. Bring those I contact to decision. Let me not be a milepost on a single road; make me a fork, that men must turn one way or another on facing Christ in me.”― Jim Elliot

 

Ek moet ongelukkig my trip Mongolia toe kanselleer aangesien alle grense daar nou gesluit is weens die oorlog tussen Rusland en Ukraïne! Dis baie hartseer aangesien my motorfiets nou amper 3 jaar lank daar staan en dit vir my onmoontlik is om aan te gaan en selfs die motorfiets terug te bring weens China wat hul grense ook totaal gesluit het. Die Here weet beter en op die regte tyd sal dit wel geskiet.

 

Met Jono, Sara en Zachi gaan dit goed/ Dit was Zachi se 2 de verjaarsdag en dis asemrowend hoe vinnig tyd vlieg. Die volgende enetjie sal iewers in September gebore word. Dit is weer 'n seuntjie en ons is dankbaar dat hy en Sara baie gesond is. Sara se ouers sal heel moontlik hierheen kom vir die geboorte en hopelik sal die weer beter wees want die hitte is op die stadium onverdraaglik. Ons het wel reën elke nou en dan maar dan is die humiditeit weer bitter erg! Jono preek ook nou weer elke Sondag in die Thai kerk, want daar was n redelike lang vakansie en Covid beperkinge. Ons mag nou weer buite rondloop sonder maskers, maar sodra jy in 'n gebou is, dan moet jy 'n masker dra. Die boete is 25 000 baht (R12 000) indien jy dit nie dra nie maar om eerlik te wees ek weet nie van een persoon wat beboet is nie!

 

Wel, my nuusbrief word nou weer lank. Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach 

 

“We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.” - Mother Theresa

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA

ACCOUNT NO: 9106492455

BRANCH: PAROW

BANK CODE: 632005 

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com