Wednesday 25 March 2020



How sweet the name of Jesus sounds in a believer's ear! It smooths his sorrows, heals his wounds, and drives away his fears - John Newton


Hi almal, 

Net 'n vinnige terugvoer! Ons bid vir julle weens die “lockdown” en wat julle nou as gevolg daarvan moet deurgaan! Ons hoop en vertroue is in Jesus en weet dat Hy met ons is, wie of wat kan dan teen ons wees? Die Engels klink so mooi met die vers: Deuteronomy 31:6 Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the Lord your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.” Onthou asb, als is net tydelik en dit sal weer oorgaan!

Die verspreiding van die Corona virus het skielik intens oornag vermeerder maar ons het baie meer gevalle hier in Thailand as wat voorgegee word aangesien dit 'n land van “denial” en "keeping face" is! Ons het nog nie n totale “lockdown” nie maar meeste winkel sentrums, (selfs supermarkte soos Makro), pubs, maseer salonne, haarkappers ens is toe! Ons kleiner kruideniersware winkels se rakke is leeg en dit lyk of 7Eleven ook gaan toemaak maar eerder aflewerings sal doen! Ons het ook n “State of emergency” (lockdown) vanaf vandag tot einde April!

Waar ons ookal beweeg word ons soos 'n plaag vermy deur die Thais! Die hartseer is die rassisme! Die Thais wil die wit mense uitskop en daar word nou openlik op TV Thai nuus gesê dat almal moet wegbly van die “stinkende wit mense”, want hulle is vuil en stort nie en is die oorsaak van die verspreiding van die virus in Thailand! Die Health Minister Anutin Charnvirakul het 'n stelling op TV gemaak dat ons die oorsaak van die verspreiding in Thailand is en nie Asians nie! Ja, daar is ook rassisme teen die Chinese, maar op 'n klein skaal! Daar was nog altyd 'n probleem met die Buddistiese denkwyse van die Thais, aangesien hul sê dat as daar n motor of motorfiets ongeluk is, dan is dit die westerling wat skuldig is, ongeag of dit die waarheid is of nie, omdat die ongeluk nie sou plaasvind as die westerling nie hier was nie!

Never be afraid to trust an unknown future to a known God - Corrie Ten Boom

Ons word ook beperk met byeenkomste en alle vergaderings en als word nou “online” of op Skype gedoen! Ons het ook ‘n erns in ons harte deur meer tyd in gebed te spandeer en stop nie om vir die mense iets te beteken nie. Ons lewer kos pakkies ens af en bly die liefde van Jesus te wys ongeag, maar ons moet ook maar net wysheid gebruik end it lyk of ons nie meer uit ons huise sal mag gaan vanaf Donderdag nie. Ons laat ons nie beinvloed deur al die negatiewe dinge nie en bly steeds vir die Here vra om ons te help om deur Sy oë na die mense om ons te kyk! 

Al die uitreikspanne is nou eers op hou geplaas totdat die storm bedaar het. 'n Paar YWAM spanne was onlangs vir 14 dae in kwaratyn geplaas wat aangeland het voordat die grens poste gesluit is. Ook 'n span wat hier vertrek het na Mongolia! Hulle het hulle tyd wel deeglik gebruik om die Gesondheidsdiens mense wat hulle daagliks moes monitor, die liefde van Jesus mee te deel op baie kreatiewe maniere! 

Verlede week het ons 'n "crazy" paar dae beleef!  
Drie WorldRace uitreik spanne het hier aangeland van Malaysia die Donderdagaand. Alles was nog rustig en volgens beplanning. Vrydag het ek en Jono vir hulle Orientasie gegee. Saterdagoggend vroeg is hulle na hulle onderskeie Ministries in Lampang en Fang, beide so 3 ure se reis hiervandaan. Sondagoggend breek die storm los!! 8uur kry ons ‘n oproep om ons mee te deel dat die spanne word onmiddellik teruggeroep Amerika toe en moet binne 5 minute pak en terugkom Chiang Mai toe en wag vir hulle nuwe vliegkaartjies! Groot was die ontsteltenis van al die spanlede sowel as die Ministry leiers! Baie het gehuil van teleurstelling! ‘n Vierde span het Saterdag die oornag bus geneem vanaf Bangkok tot in Fang, het net die Ministry leier ontmoet by die busstasie, die nuus ontvang om onmiddellik terug te keer Chiang Mai toe, met ‘n verdere 3 ure warm plaaslike bus rit hierheen! Dit was ‘n emosiebelaaide tydperk vir hulle met diế dat hulle 11 maande uitreik, skielik kortgeknip is waarvan hulle nou eers by maand 3 van uitreik was! Tesame met al die onsekerhede rakende hulle omstandighede terug in Amerika wat op hulle sou wag. Ewe skielik moes ons deel met 4 spanne in totaal van 24, debrief met hulle doen in die lig van hulle ontsteltenis en teleurstelling, ondersteun en bemoedig tot die Dinsdag wat hulle teruggevlieg het Amerika toe!  Hier kan dae kan met 1 oproep of ‘n e-mail skielik verander!


"God is looking for people to use, and if you can get usable, he will wear you out. The most dangerous prayer you can pray is this: 'Use me.'" - Rick Warren

Jono en Sara is baie opgewonde oor die nuweling wat kom en Sara en die baba doen baie goed! Hul het nog nie op ‘n naam besluit nie, maar daar is darem nog baie tyd! Die geboorte sal begin Junie wees en ons vertrou almal dat die histerie sal bedaar het teen daardie tyd en die virus epidemie uitgesorteer sal wees! Sara se ouers wil bitter graag hier wees vir die geboorte!

Nou begin ek weer te langtand raak! Ons bly vir julle almal bid en vertrou saam dat die Here in elkeen van ons lewens Homself sal openbaar en in hierdie uitdagende tyd ons verhouding en vertroue met ons awesome God sal verskerp! Mis julle baie!

Baie liefde,
Len Jono en Sara.