Wednesday 26 June 2019

 NEVER BE AFRAID TO TRUST AN UNKNOWN FUTURE TO A KNOWN GOD

More my Boeties en Sussies,

Ek vertrou dit gaan goed en dat Jesus deur julle n verskil maak in ander se lewens.

Dit was n lang 3 weke vandat ek in Vladivostok gearriveer het. Dit het n hele paar dae gevat om my motorfiets uit customs te kry en ek het n slegte verkoue/griep gekry maar moes maar so deur die sleg voel woel met als.

Ek het n New Zealand paartjie in Vladivostok ontmoet wat die oudste paartjie in die wereld is wat op n motorfiets om die wereld reis. Ek wou bitter graag he ons moes saam ry na Ulaanbaatar maar ek het kontak verloor met hulle. Die dag toe ek vertrek uit Vladivostok moes ek gou petrol ingooi en skielik stop hulle ook agter my om ook petrol in te gooi. Wat n blydskap en n wonderlike gebeds verhoring. Ons het heelwat van die pad saam gery maar ek het hul al hoe meer gelos omdat hul my bietjie beperk het om die woord te verkondig langs die pad.

NOT ALL OF US CAN DO GREAT THINGS BUT WE CAN DO SMALL THINGS WITH GREAT LOVE. - Mother Theresa

Dit was soms n baie harde tyd aangesien ek net nie die verkoue kon afskud nie en ek moes soms lang ure insit omdat die paaie baie sleg was, soms gereend het en geen verblyf beskikbaar was nie. Dit was ook so 11 - 16 grade in die oggende en het weer redelik warm geword in die middae. Ek het op n stadium bitter lank gery en moes gou stop langs die pad en het konsentrasie verloor en my motorfiets het begin val. Ek het probeer keer maar my been was te swak en my skouer se spier het sleg getrek en ek het laat gaan. Ek het in die middel van die pad geval maar ek dank die Vader dat daar geen karre op daai oomblik was nie. Gelukkig het n Rus gestop en my gehelp om die motorfiets weer op die kry.

Ek het wonderlike tye alleen met die Here gehad en ook geleendhede gehad om met baie mense te deel. Daar was heelwat mense wat op fietse deur Rusland en die wereld gery het en dit was lekker om met hul te praat en die Woord te verkondig. Die Here het my op n stadium terug gestuur na n Chinees op n fiets om verder met hom die deel. Daar was ook
wonderlike geleenthede om baie
diep gesprekke met die lokale mense te he en om vir hul te bid.
Ons kan nie altyd die pyn verstaan wat hul deurmaak weens die vervolging wat hulle kry vanaf hul families en vriende omdat hul Jesus dien en volg en soms die enigste Christen is in hul familie en baie keer hul hele omgewing. Daar is n skreeu in hul harte na hulp, help, bemoediging en net aanvaarding. 

OUR LIVES BEGIN TO END THE DAY WE BECOME SILENT ABOUT THINGS THAT MATTER. - Martin Luther King Jnr.

Daar was tye wat dit baie eensaam was maar die Here was meer as genoeg en om net na Sy skepping te kyk en te ervaar was vergenoegd. Ek was ook Lake Baikal toe waar dit n awesome tyd was met die Here! Dit was koud maar heerlik om alleen te wees in Sy teenwoordigheid.

Dit het my 4 ure gevat om oor die grens te beweeg in Mongolia. Seker net n uur aan Rusland kant en 3 ure aan Mongolia kant. Die ooptes en vlaktes was asemrowend tot in Ulaanbaatar en ek bly nou in n Backpacker waar ek amazing geleendhede het om met alle nasies die woord te verkondig. Hier kom daagliks bikers en overlanders en backpackers in en Jesus skep wonderlike geleenthede om met hul te deel.

Ek het meetings met YWAM gehad en was saam met die basis leier na n missions meeting toe wat so uur en n half uit die stad op n horribale pad is. Ons het n tradisionele Mongolia ete gehad wat n vrag skaap vleis en aartapels en wortels is. Dit was sooooo smaaklik en het my laat verlang na SA en my mense! Ek begin nou te help om die uitreik afdeling op die been te bring vir YWAM en daar wag n bitter besige tyd vir ons almal aangesien daar horde spanne is wat hierheen kom in Julie. Ek was ook Sondag in n kerk en daar was n gebou met 3 verskillende kerke in. Almal was vol en dit was vir my n belewenis!

Ek bly nou in n yurt en dis nogal warm deur die dag en koud deur die nag maar ek kla nie, miskien meer dat die toilet so 30 meter van my yurt is...lol. Die pad in Rusland en Mongolia was ook soms baie winderig en self die pad tekens getuig van dit! Ulaanbaatar is n bitter besige stad en ek het nog nooit soveel verkeer beleef nie alhoewel Bangkok ook maar baie erg was. Die lug is baie droog en daar is geweldig baie stof oral weens die grond paaie en wind ens.




Nou ja, ek wil nie die nuusbrief te lank maak nie maar will net vra dat julle asb sal bid vir die mense wat ek mee gedeel het en vir nog baie geleenthede. Bid ook vir my gesondheid asb sodat ek kan effektief wees deur die woord te verkondig en te doen wat die Here wil he ek moet doen hier. Ook vir my finansies aangesien als baie duur is hier omdat hul meeste goed moet invoer. Indien julle meer fotos wil sien dan loer net op my Facebook of op Ride2allnations op Facebook.

Baie lief vir julle almal, waardeer julle en my verlange is groot!

  
GOD CAN PART THE RED SEA FOR YOU, BUT YOU HAVE TO WALK INTO IT TO HAPPEN. - John Hagee
 

BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005