Thursday 31 March 2022

 

 

“I have but one passion: It is He, it is He alone. The world is the field and the field is the world; and henceforth that country shall be my home where I can be most used in winning souls for Christ.” – Count Nicolaus Ludwig von Zinzendorf

More almal,


Dis weer tyd vir 'n nuusbrief! Ons bid en vertrou dit gaan goed met julle in ons geliefde land Suid Afrika! My verlange is groot en ek wens ons kon nou eerder daar wees weens die omstandighede hier. Ons beweeg nou in die warmste tyd van die jaar en dis mos weer brand tyd ook. Dit is nie snaaks om 45'C te hê met 100 % humiditeit nie, Die lug is nie veilig nie weens al die rook, maar ons dra darem steeds maskers vir Covid en dit help vir die ongesonde lug.

 

“If Jesus Christ be God and died for me, then no sacrifice can be too great for me to make for Him.– C.T. Studd”

 

Ons het 'n goeie maand gehad met heelwat spanne wat kom uitreik doen het, maar ook nie sonder "challenges" nie. Heelwat ministries wou nie spanne aanvaar weens Covid en ek moes maar rond spring om die spanne besig te hou met uitreike, Bybel verspreiding en gemeenskaps werk. Een van Norway se spanne het ongelukkig ons sisteem omseil en nie deur die uitreik departement gewerk nie. Hul het nooit orientasie gehad nie en was reeds op hul laaste 2 weke van uitreik toe hul skielik vir ons nodig gehad het vir uitreike. Dit was te kort kennisgewing om 'n ministry te kry en ons moes vinnig hul help en daagliks na die regte plekke stuur in Chiang Mai om effektief te wees. Op hul af dag was hul stil en ek kon nie verstaan waar hul is nie en toe vind ek hulle op 'n erf langs ons Hospitality huis met hul bikini's en tan! Julle sal nie verstaan nie maar dit is totaal onaanvaarbaar hier in CM en ek kon sien hoe die Thai's stop met hul karre en motorfietse om die scenario met skok te aanskou. Ons kan nou lag daaroor maar dit het maar gekners gedurende die tyd.

“This generation of Christians is responsible for this generation of souls on the earth! – Keith Green”

Ons het ook 'n wonderlike samekoms gehad met 'n Ywam Chiang Mai jaarlikse vergadering wat ons amper 4 jaar laas kon doen. Dit was aangenaam om 'n klompie nuwe en ou gesigte te sien. Baie sendelinge het die afgelope 3 jaar die sendingveld in Thailand verlaat weens Covid en ander redes. Ons het hier en daar vergader, meestal online en nie almal was teenwoordig nie. Baie motiverende en inspirerende getuienisse is gegee ons het weer soos 'n eenheid gevoel en gereageer.


Ons kan steeds nie tronke besoek nie, maar bid en vertrou dat dit ook binnekort sal verander. Ons was bevoorreg om 'n hele paar Shan families te doop in die laaste maand en ook 'n klomp Burmees families wat oor die grens gevlug het gedurende die haglike aanvalle in hul land. Ons het ook kerk planting begin doen in areas waar daar geen Christene was nie en omtrent 8 villages het nou Christene. Van die jong mense is so vuur en vlam om voltyds vir die Here te werk in die villages! Daar is beslis n omwenteling hier in die noorde van Thailand en ons dank Jesus vir Sy genade en leiding.

 

 

 

 

 

 

“Prayer is the mighty engine that is to move the missionary work. – A. B. Simpson”

 

Die Here is besig om Homself te openbaar aan die Thais. Wat 'n "awesome" getuienis! Die Thaiman, Wanchai is
dood verklaar in 2019 deur 'n dr. in Suandok Hospitaal hier in Chiang Mai. Sy doodsertifikaat was klaar uitgereik en sy familie is in kennis gestel om sy lyk te kom afhaal. Hulle is van die Isan distrik en moes 12 ure reis na Chaing Mai. Toe hul hier arriveer by die hospitaal, sit die Thai broer ewe skielik regop van onder die laken, blaken gesond! Almal was natuurlik wit geskrik! Hy is opgerys uit die dood met 'n begeerte om Jesus te ken. Hy het dadelik begin rondvra na iemand om hom meer te vertel. Hy het opgeland by 'n baie goeie Thai pastoorvriend van my waarmee ek al op 'n motorfiets uitreik was in Laos, wat hom ook gedoop het! Die opgestane Thai man het al 2 huiskerke gestig en is vuur en vlam vir Jesus ten spyte van verwerping van mense in sy village wat nog toegewyde Buddiste is. Hy het littekens soos hy al geslaan is, maar sy vlammetjie bly brand hoog en getuig waar hy ookal kom! Hou Wanchai asb in julle gebede!

 

Die goeie nuus is dat Mongolia nou oop is vir toerisme en ook die grensposte na Rusland. Dit beteken ek behoort einde Mei te vertrek om  evangelisasie daar te doen. Die plan is om deur Rusland te beweeg na Georgia toe indien die Stan's nog nie oop is nie. Ek behoort omtrent 300 km vanaf die grens van Ukraine af te wees voor ek in Georgia kom. Ek is ook besig om ondersoek in te stel vir 'n geleentheid om te gaan help in Kyiv, Ukraine. Ons Ywam basis daar het ernstig hulp nodig en hulle is besig om die mense van Kyiv by te staan en voorsien met noodsaaklike benodighede en geestelik te impakteer. Daar is heelwat mense van ander lande wat eerder aangebly het ongeag van die oorlog om 'n verskil te maak. Bid asb vir Sy wil en 'n moontlikheid om te gaan help.

 

Met Jono en Sara gaan dit goed. Zachi word nou mooi groot en hy sê al 'amen'  en groet Thai's met 'n wai! Sara is nou hoog swanger en die volgende kleinding sal seker iewers in September gebore word. Ek behoort dan al terug te wees.



Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach 

 

The Gospel is only good news if it gets there in time – Carl F. H. Henry

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA

ACCOUNT NO: 9106492455

BRANCH: PAROW

BANK CODE: 632005 

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com