Tuesday 24 December 2019

The great challenge left to us is to cut though all the glitz and glam of the season that has grown increasingly secular and commercial, and be reminded of the beauty of the One who is Christmas - Bill Crowder

Geseende Kersfees en n wonderlike nuwe jaar!!!

Net n kort nuus briefie en die laaste vir 2019!

Ek dank ons Koning vir die voorreg om hierdie jaar deel van jul lewens te gewees het en ook jul in ons lewens hier kon deel! Ons waardeer julle met opregtheid en weet net dat jul net so veel deel het in sending met al jul ondersteuning in gebed, omgee en voorsiening!

Ek kan nie glo hierdie jaar is al verby nie en ek glo julle sal saamstem dat hierdie jaar het gevlieg! Ons beleef n snaakse tyd hier in Thailand aangesien dit redelike lekker weer is vir n geruime tyd nou! Wel as ek se "lekker" dan meen ek dis so tussen 30 en 33 grade daagliks en so 16 to 18 grade deur die nag. D.w.s ons het n heerlike "winter"! Die Thai's loop natuurlik met baadjies, jasse, serpe en handskoene rond!

Ons het weereens n bitter besige tyd weens al die spanne wat ons moet koordineer en opleiding wat ons moet gee! Daar is soveel spanne dat meeste van ons ministry hosts nie eens plek het vir hulle nie en ons moet soek vir nuwe geleenthede en uitreik plekke!

Our God is the God of the unexpected. A few things could be more unexpected than a King of heaven being born in a stable - Bill Crowder

Ons het ook heelwat geleenthede om Bybel verspreiding te gedoen het gedurende die laaste maand maar het ongelukkig begin uithardloop met sommige van die Bybels. Ons is nou in die proses om weer so 3000 Bybels te print en het gelukkig genoeg om 500 more op Kersdag aan n Buddhiste skool uit te deel met traktaaitjies!

Meeste van die tronke het reeds Bybels maar die spanne deel nou uit aan al die families en vriende wat die gevangenisse gaan besoek! Ons het ook begin Bybel verspreiding doen in ander "villages" en stede en self in daardie tronke!

Ek is besig om ook voorbereiding te doen met n powerpoint om vir n week te gaan opleiding gee, gedurende Januarie, oor sending en wat die Here besig is om te doen oral oor die wereld! Ek is uitgenooi vanaf YWAM Pitsunaluk wat so 500 kilometers is vanaf Chiang Mai. My onderwerp wat ek gereeld oor lering gee is evangelisasie maar "missions" is n nuwe uitdaging!

All the Christmas presents in the world are worth nothing without the presence of Christ - David Jeremiah

Ek is so opgewonde want ek gaan saam met Jono hulle aandete vanaand eet en dan ook more ontbyt he, wat wonderlik is aangesien hulle in Amerika was verlede jaar.

Ek dank die Here vir die wonderlike herstel in my knie, alhoewel daar nog heelwat genesing en herstel nodig is, is dit soveel makliker vir my om te loop ens. en sien ek verbetering daagliks! Bid nog steeds saam met my en kom ons dank Jesus vir n wonderbaarlikke genesing!

My bakkie is nou 13 jaar oud en het my skielik probleme begin gee. Ek moet die "clutch" vervang maar ek is net dankbaar dat ek kan ry, ongeag. Gelukkig is hier goeie werktuigkundiges en sal dit hopelik nie n arm en been kos nie!

Ek bid en vertrou dat julle n wonderlike Christusfees sal he en dat 2020 die mooiste jaar vir elkeen van julle sal wees, gevul met die Vader se liefde, blydskap en vrede!



Ek sal Jono se nuusbrief volgende keer insluit!

May the Lord, the God of Israel, under whose wings you have come to take refuge, reward you fully for what you have done - Ruth 2:12

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005