Friday 29 January 2021

 


 

Isaiah 43:18-19 “Forget the former things; do not dwell on the past. See, I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it? I am making a way in the wilderness and streams in the wasteland.

 

Dis 'n nuwe jaar my boeties en sussies,

 

Mag julle die jaar met nuwe dryf Sy Koningkryk vergroot en 'n impak maak in almal se lewens om julle! Ons bid dat 2021 'n baie voorspoedige jaar sal wees in alle opsigte!

 


My nuwe jaar het met 'n "bang" begin! 4 Januarie het ek, Jono en 4 ander sendeling met motorfietse op 'n uitreik gegaan na n area in die noorde van Thailand! Ek het 'n motorfiets gehuur aangesien myne steeds in Mongolia vir my wag! Gelaai met Bybels en traktaaitjies het ons vroeg oggend vertrek. Dit was aangenaam koel en waar ons ook al gestop het, het ons Bybels uitgedeel en Jesus verkondig! Dit was lekker vir my om net weet op n motorfiets te kon ry en om ook saam met ander sendelinge die pad kon aandurf.


 


Later die dag het ek werklik begin moeg raak aangesien hierdie manne redelik vinnig deur die 860 draaie beweeg het en ek kon agterkom my konsentrasie is nie waar dit moet wees nie! Ek het terug beweeg na die agterkant van ons groep en het my skielik heel agter bevind....selfs agter Jono! Ons het 'n hoogte bereik en die voertuie voor ons het stadig beweeg. Ongelukkig het ek 'n oordeels fout gemaak, 'n voertuig verbygegaan en nie gesien daar is 'n draai voor my nie! Ek het die reëling langs die pad probeer vermy, maar was miskien bietjieste vinnig en dit getref! Ek het eers geworstel met my tussen die reëling en die motorfiets, maar die volgende oomblik is ek gewerp oor die reëling, maar daar was 'n afgrond en ek het 'n goeie klompie meters af "gevlieg" voor bosse en die oerwoud my verdere val gestop het! Onmiddelik kon ek sien my arm was gebreek, aangesien dit soos 'n boog gestaan het!

 

 If we cannot believe God when circumstances seem be against us, we do not believe Him at all.- Charles Spurgeon

 

Mense het gestop en Jono het ook teruggekom aangesien hy als in sy tru-speëltjie
gesien het! Hy het bly roep of ek okay is en sommer vir my gebid ook! Mense moes 2 kettings vorm om my uiteindelik weer by die pad uit te bring weens die helling! My motorfiets se ketting was af en gelukkig daar was darem nie te veel skade nie, maar ons het besluit dat Jono my op sy motorfiets na die naaste dorpie sowat 30 km van daar sal neem. Ons was seker nie 5 km verder nie toe Jono se agterband bars. Ons het gevaarlik rond beweeg op die pad maar Jono het ons met Sy genade tot stilstand gebring!

 

Daar het ons besluit dat ons mense sal stop om my hospitaal toe te vat en 'n paar voertuie gestop, maar die mense het net gesê "sorry" en weer aangery alhoewel daar plek in hul voertuie was! Seker maar omdat my arm vol bloed was en 'n redelike diep sny gehad het! Ek het aanhou probeer en gelukkig het 'n familie my onmiddelik in hul kar geneem en hospitaal toe gevat! By die hospitaal kon hul niks doen nie aangesien hul nie n ortopetiese afdeling gehad het nie en van die ander sendelinge het transport gereël vir my en my motorfiets terug Chiang Mai toe. Dit was my voorreg om vir ure met die drywer oor Jesus te kon gesels en die pad na saligheid aan hom te verkondig.  7 ure na my ongeluk het ek darem in 'n hospitaal geland wat my kon help en moes ek vir n operasie gaan om 'n plaat te laat insit! My mediese versekering het darem meeste gedek en ek is so dankbaar vir ons awesome Vader dat ek nou na 3 weke basies normaal funksioneer, maar kan net nie swaar goed optel nie!

 

"What gives me the most hope every day is God’s grace; knowing that His grace is going to give me the strength for whatever I face, knowing that nothing is a surprise to God." -Rick Warren

 

Verlede week het ons ons eerste span weer gekry na 10 maande se
Corona stilte! 'n Baie oulike YWAM groep vanaf Duitsland, wat natuurlik ook onderworpe was aan 2 weke kwarantyn in Bangkok voordat hulle by ons kon uitkom! Hulle is vir nog 6 weke in Thailand op uitreik! Ministry geskied nou net baie anders as in die verlede. Ons is besig om met ander spanne wat hierheen kom te kommunikeer, maar daar is baie nuwe regulasies en beperkinge vir hierdie spanne! Daar is skielik weer baie nuwe Covid gevalle en nou mag ons weer nie meer as 50 bymekaar wees nie en moet maskers weer selfs in die kerk gedra word deur almal, selfs die pastore en worship spanne! Ons is nou weer terug na Zoom meetings toe ingeval van groter groepe! Heelwat van ons uitreike is nou aangeskuif, maar ons het darem steeds Bybel verspreiding

 

“Not all of us can do great things. But we can do small things with great love.” – Mother Teresa

 


Dit gaan baie goed met Jono hulle. Klein Zachi word nou mooi groot en ouliker by die dag! Ek sien hom darem gereeld, al is dit soms net op Facetime. Hy lag altyd as hy my sien, al is dit op die sel foon en ek begin dink dat hy vir my ouer gesig lag! Jono het redelik baie nuwe verantwoordelikhede gekry aangesien van sy leiers nie verder kon deel wees weens verskeie redes nie! Hy preek steeds elke Sondag en het ook verantwoordelikhede in die kerk en die gemeente! Sara moet nou online lering gee vir haar studente hoe om Bybel vertaling te doen, maar gaan darem een keer 'n week universiteit toe om fisies in kontak met haar studente te wees!


 

Dit begin nou weer warm word en die besoedeling is alweer erg weens die mense wat oral als brand! Ons het darem nog koelerige aande maar dit gaan altyd ons verstand te bowe dat Desember en Januarie ons winter is en Maart en April die warmste maande is! 

 

Ons vertrou dat ons binnekort weer noorde toe sal kan gaan aangesien daar heelwat kerkies vra vir hulp in alle aspekte! Februarie is wel n maand van vas en gebed vir verlore siele maar veral vir die wat nog nooit die Goeie Nuus gehoor het nie. Ek beplan steeds om Mei of Junie terug te keer Mongolia toe maar laat die moontlikheid hiervan in die Here se hande! Op die stadium is alle lande en grense in Asia gesluit behalwe Thailand maar die vereistes is baie duursaam!

 

No matter what our circumstance, we can find a reason to be thankful. 

- David Jeremiah

My nuusbrief word nou bietjie lank, maar wil ek net weereens dankie aan almal sê vir jul liefde en gebede.

Weet dat julle deur julle betrokkenheid by ons werk op welke manier ook al deel is van die stories en bou van ons Koning se koningkryk, want sonder julle gebede en ondersteuning is dit nie moontlik nie.

 

 Ons gebede en liefde met jul almal en mag julle Sy vrug waarneem en ervaar in 2021 en mag hierdie jaar iets spesiaals wees vir God se Koningkryk en in elkeen se persoonlike en geestelike lewe en ook in jul families!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zachi.

 

"Lost people matter to God, and so they must matter to us." — Keith Wright 

 

BANK DETAILS


ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  


 

“I can do things you cannot, you can do things I cannot; together we can do great things.” – Mother Teresa

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com

meisjono@yahoo.com