Tuesday 20 March 2018


But sanctify Christ as Lord in your hearts, always being ready to make a defense to everyone who asks you to give an account for the hope that is in you, yet with gentleness and reverence - 1 Peter 3:15


Hello my dierbare Boeties en Sussies,

Ons vertrou dit gaan goed aan julle kant en ook dat onse Vader besig is om Sy Koningkryk te verdiep in SA ongeag die negatiewe dinge wat so maklik ons aandag van Hom en vertroue in Hom te verhinder. God bly getrou, ongeag!

Ons uitreike in die villages is deesdae baie uitdagend. Die houvas wat satan het op die mense is hart verskeurend. Ons beweeg in villages wat geen hoop het nie en niemand glimlag. Dis nie lekker om die bitter en harde uitdrukkings waar te neem nie. Baie verval in drugs en ander kriminele oortredings en meeste kinders het geen ouers nie want hul is of in die tronk of hul is dood weens selfmoord of moord of die pa of ma kan nie finansieel agter hul kyk nie. Baie kinders word verkoop aan pimps en is dan gedwing om in prostitusie te werk. Bid asb vir Jono aangesien hy die uitreike reel.

Ons was verlede week weer in n village waar n pastoor 130 kinders ingeneem het as sy eie kinders. Hy moet elke dag die Here vertrou om genoeg kos te he vir al die kinders ek het lanklaas sulke wonderlike gedissiplineerde kinders gesien. Ons was n redelike groot span wat gegaan het maar ek het met my motorfiets gegaan en die kinders later vermaak deur baie van hul 2 per keer op die motorfiets te laat ry (agterop natuurlik...hehe). Die uitgelate lag en vreugdevolle geskreeu het my hart verbly en dit was wonderlik om dit aan te hoor.


Ons het huise besoek en met vertalers die Goeie Nuus kon verkondig, gebid vir mense en traktaaitjies en Bybels uit gegee. Daar was ook geleenthede waar ons geestelike films kon wys en Jesus se liefde kon uitleef en die lig in n baie donker wereld vir Hom te kon wees! Daar is net omtrent 30 Christene in die hele omgewing en ons het darem geleentheid gehad om van hul te besoek en saam te bid en te motiveer en te inspireer. Een man wat die village as kranksinnig geag het, het skielik na n gebed vir hom, die gebruik van sy vingers terug gekry. Hy het vir jare lank nie sy    vingers kon reguit maak nie en hy was totaal genees in sekondes. Hy het skielik sy arms opgehef en bly se, Yeshua. Dit was n verdere wonderwerk aangesien hy nie Thai, Engels of Hebreers kon praat nie.


1 Corinthians 3:6-9I planted the seed, Apollos watered it, but God has been making it grow. So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God, who makes things grow. The one who plants and the one who waters have one purpose, and they will each be rewarded according to their own labor. For we are co-workers in God’s service; you are God’s field, God’s building.



Net so stukkie van humor: Ek het n oggend wakker geword waar ons op die vloer moes slaap met honde en een van die puppies het n maag aandoening gehad deur die nag en ongelukkig besluit dat ek die teiken was....mmmm....my klere en bene was in die slag en daar was geen storte nie maar wel bakke met water sonder seep waar ek die gemors moes probeer af was. Ek het ongelukkig net een langbroek gehad aangesien ek gedink het dat ek meer ingepak het en moes die res van die uitreik met dieselfde broek rondloop. Ek was omtrent gespot.....

Ek het ook die voorreg gehad om te help vark slag en die groot gedierte was maar n uitdaging om al die hare van sy vel af te kry. Kook water word oor sy vel gegooi en dan moes ons met lemmetjies die hare afsny of krap. Ek sal my nou nie voorgee as n slagter nie....


April gaan weer n bitter besige maand wees aangesien daar horde spanne Thailand toe kom. Ek moet weer al die reelings tref vir hierdie spanne se uitreike. Ek is ook steeds besig om voor te berei vir die toekomstige uitreike wat die Here op my hart gele het na Mongolia, die "Stan's"ens. Dinge is besig om darem nou in plek te val. Daar is darem nog baie tyd oor maar ook baie dinge om op te konsentreer. Ek sal almal se gebede werklik waardeer en vertrou ook dat Jesus alreeds besig is om harte en siele voor te berei.


Net weereens n baie groot dankie met dankbare harte van ons kant af vir julle omgee, liefde, gebede en ontferming. Ons waardeer julle oneindig baie! Mag die Here julle oorvloediglik seen. Mag julle Sy liefde ervaar en mag jul sensatief wees vir die Heilige Gees se leiding. Wees verseker dat ons daagliks vir julle almal bid.
Baie liefde, in Jesus



 MISSIONARY: A PERSON WHO LEAVES HIS FAMILY FOR A WHILE, SO THAT OTHERS CAN BE WITH THEIRS FOREVER!


  BANK DETAILS 

  Account Name: New Hope Ministries International 
  Bank: Absa bank
  Account no: 9106492455
  Branch: Parow
  Bank Code: 632005