Thursday 29 July 2021

Fear thou not; for I am with thee: be not dismayed; for I am thy God: I will strengthen thee; yea, I will help thee; yea, I will uphold thee with the right hand of my righteousness. ~ Isaiah 41:10

  

 More almal. dis weer tyd vir n bietjie nuus van ons kant af! 

 

Ons bid en vertrou dat ons Vader julle beskerm en dat julle Sy vrede sal he gedurende hierdie tydperk van chaos! Ook dat julle oe gevestig sal wees op Jesus en julle hoop en vertroue in Hom!



 Dit gaan goed met my en Jono hulle maar die Covid   het Thailand geruk met duisende nuwe gevalle elke dag! Daar was bitter min sterftes hier gedurende 2020 maar die afgelope paar maande het dit skrikwekkend toegeneem! Dis beslis nie so erg soos in Suid Afrika nie maar Thailand het beslis nie voor berei vir hierdie nuwe Delta golf nie! Daar is nie genoeg spasie in die hospitale nie en mense moet selfs buite in die son behandel word! Daar word nou groot areas gebruik om die lyke te begrawe omdat daar nie meer verassing in baie gevalle is nie weens die hoeveelheid mense wat sterf. Baie stede is nou onder totale lockdown en ons beweging is erg beperk! Wel, genoeg van al die slegte nuus.


Jono, Sara en Zachi is steeds in Amerika maar hul tydjie word minder daar! Hul vertrek 15 Augustus
terug Thailand toe maar moet dan vir 16 dae kwarantyn en sal dus eers September terug wees in Chiang Mai. Jono moes gedurende die tyd in die US elke dag werk om n dek te bou en Sara was steeds amper daagliks besig met die universiteit hier in Chiang Mai! Ek het gereeld met hulle kommunikeer en ek kon werklik sien Jono is bitter moeg! Dra hulle asb ook op in gebed asb! Zachi het nou begin loop en ek kan nie wag om hom in my arms vas te hou nie!

 

“Missionaries are very human folks, just doing what they are asked. Simply a bunch of nobodies trying to exalt Somebody.” — Jim Elliot

 

 Hier gaan dit ook goed en kry ek heelwat aansoeke vanaf verskillende lande om uitreike hier te kom doen maar die oomblik as hul hoor daar is n 16 dae kwarantyn en wat die kostes is dan kanselleer hulle! Ek het wel spanne wat kyk na 2022 maar dis steeds hangende weens Covid! Ons verloor ook erg sendelinge hier en soms is dit weens die beperking van die vaccine! Geen westerling sal enige vaccine kry tensy die meerderheid Thai's dit eers gekry het nie. Daar is sprake van April volgende jaar teen tussen R2000 en R3000 per inspuiting! Nou vertrek van die sendelinge terug na hul tuis lande om die vaccine te kry! 

 

 We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop. - Mother Theresa

 



Ons beweging is redelik beperk maar ons kry darem steeds geleenthede
om n impak in die mense se lewens te he en ons is ook steeds besig om daagliks die noodsaaklike benodighede te gee aan die Burmese vlugtelinge wat werklik in haglike omstandighede bly! Die dankbaarheid van hiedie mensies straal uit hulle uit en baie is Christene! Duisende bly in die oerwoud om weg te kom van die soldate en dis erg want min het n dak oor hul kop! Frances (vanaf Burma) is n dierbare broer in Christus wat saam met ons werk en is n goeie vriend van my en Jono, se hele familie in Burma se hoof stad het Covid en hul mag glad nie hul woonplek verlaat nie en daar is geen manier wat hul medikasie of enigiets mag kry nie! Bid asb ook vir Burma en sy mense!




 

 Ek raak al hoe meer bewus van die hoeveelheid Thai's wat hul harte na Jesus keer! Deesdae sien ek al hoe meer Jesus stickers op karre en motorfietse en baie keer as ek met mense begin deel of 'n Bybel wil gee, sê hul dat hulle Christene is! Dit het ek nooit voorheen ervaar nie! Dankie Jesus! 

Lofprysing en gebede nooi ons Koning enVerlosser uit om te beweeg in omgewings, situasies en omstandighede hier. Oor die 200 jaar sedert die 1ste sendelinge hier aangeland het, is hier al gebid vir die mense van Thailand en is saadjies hier gesaai. Die plaaslike pastore wat so uitverkoop is vir die Here met soveel passie, is hartsverblydend. By ons YWAM CM kampus is ANHOP (All Nations House of Prayer) wat gekoppel is met IHOP in Kansis City in Amerika. Hier is ook 'n pragtige bediening van 14 plaaslike harpspelers in Thailand, gekoppel aan 'n bediening ook in Malaysia, wat daagliks die Here loof,soos Dawid, met skrifte wat hul speel en sing direk geneem uit Psalms en Openbaring. 

 

“Here I am, send me; send me to the ends of the earth; send me to the rough, the savage pagans of the wilderness; send me from all that is called comfort on earth; send me even to death itself, if it be but in Thy service, and to promote Thy Kingdom.” — David Brainerd

 

Verlede maand het ons groepie 'n versoek ontvang van 'n Pastoor van Singapore om vir 'n Daniel, 'n Singaporian in Chiang Mai te gaan bid wat baie sieklik was en so pas uit die hospitaal ontslaan is. Hy was 'n diabeet lyer met lewer versaking met vele ander komplikasies daarby. Hy was voorheen 'n gesiene besigheidsman hier plaaslik die afgelope 20 jaar, maar het nou bangkrotskap in die gesig gestaar agv verkeerde besigheids vennote. Met die besoek was hy oop om gebed te ontvang en het die dag ook sy hart vir die Here gegee. Sy naaste familie was Junior, 'n Burmese jongman wat hom opgepas het en drie weke gelede het ons die nuus ontvang dat Daniel die nag oorlede is. Sy begrafnis is gehou in 'n Buddist tempel wat gewoonlik 3 dae duur. Ons groep sou Junior daar ontmoet om 3nm om eer te betoon en Daniel se verassing sou plaasvind om 5nm. Ons groepie het met Junior die Verlossingsboodskap begin deel en om 4nm het Junior vir Jesus aanvaar as sy Verlosser en Saligmaker in die Buddisth tempel met Daniel se goue kis in die agtergrond! 'n Uur voor die verassing. Wat 'n wonderlike verhaal! "Jesus turning ashes into beauty"

 

Nou raak my ruusbrief weer te lank! Ons gebede en liefde met jul almal en net weer n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons verland baie!

Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach 

 

 The only significance of life consists in helping to establish the kingdom of God ; and this can be done only by means of the acknowledgment and profession of the truth by each one of us. – Lee Tolstoy

 

BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com