Wednesday 19 September 2018


This morning about nine I withdrew to the woods for prayer. I was in such anguish that when I arose from my knees I felt extremely weak and overcome....I cared not how or where I lived, or what hardships I went through, so that I could but gain souls for Christ - David Brainerd

More my boeties en sussies in Christus,

Ons vertrou dit gaan goed met julle. Ons hou nie op om vir julle te bid en ook vir Suid Afrika se onrustige omstandighede nie. Mag die Here julle elke dag beskerm maar ons bid ook dat Hy n groot verandering in ons geliefde land sal maak.

Ons hier, duisende myle weg, het ook maar ons eie uitdagings. Dit is die meeste reen wat ek nog in my lewe ervaar het. Ek kan nie meer onthou hoe die son lyk nie...haha. Als is klam en nat maar ek kla geensins want dit is baie beter as die hitte wat ons die laaste vyf jaar ervaar het nie. Die humiditeit is wel steeds hoog. Ons het ook baie gebed nodig t.o.v visas hier in Thailand aangesien die army (nou die goverment) dinge harder maak vir sendeling.

Daar is n afdeling van ywam wat sterk werk met human trafficking en die rooi lig area en hulle het n film deur CBN (Christian Broadcasting Network) laat maak wat n groot inpak in baie se lewens sal he. Drie weke gelede was ons bevoorreg om deel te wees van n wonderlike uitreik waar n cinema gereel is om hierdie evangelistiese film te wys. Ons het almal, omtrent n week voor die tyd, uitnodigings kaartjies begin uitdeel oral in die stad en die resultate was wonderbaarlik.Die cinemas was so vol dat die mense in die paadjies en op die vloer gesit het. Daar is ook n evangeliese boodskap in dit en ons glo dat dit n groot impak in the Thais se lewens sal he.

Voorverlede week was dit ons YWAM Global konferensie wat 4000 ywamers, van reg oor die wereld, bygewoon het. Daar is nou meer as 2000 ywam basis oor die wereld en in meer as n 100 lande. Ek en Jono het gevolenteer om te help met sekuriteit aangesien hoofkantoor gesmeek het vir volenteers. Mmmm....min wetende dat daar n groep van 15 Thais en 9 Napalies wat gevolenteer het, nie gaan opdaag nie. Ek en Jono moes toe ook die leierskap oorneem en vanaf die oggende 7 uur tot in die aande 10 - 11 uur pal werk en toesighou ens. Ons het n probleem met die Chinese "secret police" gehad en n hele paar ander gevalle maar ek wil eerder oor die positiewe praat.

God, send me anywhere, only go with me. Lay any burden on me, only sustain me. And sever any tie in my heart except the tie that binds my heart to Yours - David Livingstone

 Ons het darem so hier en daar kon insit en getuienisse en terugvoer hoor en dit was baie inspirerend wat die Here besig is om te doen oral oor die wereld. Die vervolging het bitter erg begin word in die laaste jaar in China en India en die leiers se dat baie kerke word verwoed afgebreek en aan die brand gesteek. Sendelinge wat al 30 jaar daar is word visas en werk permitte geweier en moet die land onmiddelik verlaat. Dis die geval met meeste Christen organisasies. Gelukkig het baie deure oopgegaan in Noord Korea.


Op Woensdag van die week van die konferensie het ons almal, 4000 ywamer's, op uitreike gegaan oral oor Pattaya. Dit was n belewenis om al die taxi's te sien kom en gaan en ons het goeie terugvoering gekry. Die transsexuals en gays het maar baie vinnig verdwyn waneer ons die woord gedeel het maar daar was heelwat wat bly luister het en het vra gehad. Ek het lank met n Hollander gedeel wat omtrent my ouderdom is en dit het maar geknoei maar sy hart het darem teen die eiende sagter geword en het baie om te oordink en ek bid dat die Here die saad kan gebruik wat geplant is deur daardie dag van uitreik in n baie donker area van Thailand.

Die Here het die hele konferensie laat draai na Mongolia. Loren Cunningham (founder) het n beroep op mense gedoen om soontoe te gaan en gevra en gebid vir n duisend spanne om uit te reik met Bybel verspreiding en gevra vir meer lang termyn staf. Daar is n herlewing in Mongolia aangesien daar net 1 kerkie met 4 Christenne was in 1990 en nou is daar sowat 40 000 met 600 kerke. Ongelukkig is dit minder as 4 persent van die populasie maar dinge verander vinnig en ons dien n God van die onmoontlike. Ek kan nog baie noem maar sal eerder vertel waneer ons daar is.


Na baie gebed het ek oor en oor bevestiging gekry om Mongolia toe te gaan. Ek weet nie vir hoe lank ek daar gaan wees nie nie maar die Here het al 2 jaar terug met my begin deel om Mongolia toe te gaan en dit lyk na Mei volgende jaar. Meer waneer ons kom kuier.








Ek vertrou steeds om in Oktober the kom en Jono hulle in November. Die rand het net verskriklik verswak en die kaartjies is nou R5 000 meer per kaartjie as wat dit was 2 maande gelede.

Nou ja my nuusbrief is nou te lank. Glo ek sien julle volgende maand.

Mag julle net seeninge ontvang, groei in geloof en uitreik na mense en almal impakteer met Jesus se liefde.

Let us more and more insist on raising funds of love, of kindness, of understanding, of peace. Money will come if we seek first the Kingdom of God - the rest will be given - Mother Theresa

 

BANK DETAILS 


Account Name: New Hope Ministries International 
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005

Thursday 26 July 2018

GOD IS USING PEOPLE WHO ARE WEAK AND FEEBLE ENOUGH TO LEAN ON HIM - HUDSON TAYLOR

Hi almal,


Dis darem weer tyd vir n nuusbriefie! Sal probeer om nie te lank te wees nie.

Ek het so n verlange na my mooi land en nog mooier mense! Ek kan nie wag om net weer daar te wees nie. Ek word darem bederf met boerewors omdat daar n oom van die Karoo ook hier n sendeling is en hy bederf ons darem nou en dan en kan ons by hom koop.

Ons vertrou dit gaan baie goed met julle en dat julle groei en honger en dors vir meer van die Here en Sy teenwoordigheid.












Dit gaan goed alhoewel ons as sendelinge maar altyd ons eie "challenges" het. Ek het skielik n baie slegte uitslag op my gesig gekry en son en hitte beinvloed dit baie negatief. Ek probeer om uit die son te bly maar dis nie altyd moontlik nie. Ek het werklik jul gebede nodig en om saam met my in geloof te staan vir n vinnige totale genesing.

Dit is n stil tydperk op die stadium wat spanne betref maar ons bly uitreik na al die onbereikte mense. Ons was so 2 weke terug weer op in die berge in en ek en n Thai pastoor het met ons motorfietse gegaan terwyl ander net met 4X4 voertuie daar kon kom. Ons was bevoorreg om die Jesus film en die "Prodical son" vir hul te wys, van huis tot huis te gaan en Jesus te verkondig en vir siekes te bid. Drie van ons het in een van die huis wat ons besoek het skielik vreeslike maag krampe begin kry en ons het die demone bestraf en n kort rukkie daarna is als weer reg en kon ons Jesus aan n vrou verkondig. Ons het later uitgevind dat mense se sy is n heks. Ons kon vir haar bid. Daar was ook n geleentheid om een oggend uit te reik na baie kinders en met praktiese dade Jesus aan hul oor te dra. Ons kon ook n totaal van 230 Bybels uitdeel and die mense in daai village.Die enigste kerkie in die berge daar sal ook help opvolg ens. Meer as 30 Buddhists het Jesus aangeneem. Alle eer aan Hom!!!

GOD, END ME ANYWHERE, ONLY GO WITH ME. LAY ANY BURDEN ON ME, ONLY SUSTAIN ME. AND SEVER ANY TIE IN MY HEART EXCEPT THE TIE THAT BLINDS MY HEART TO YOURS. - DAVID LIVINGSTON


Ek het ook gereeld kans om met bikers te deel maar die Aussies is maar n tawwe klomp maar niks wat die Here nie kan doen nie. Hy se: My Woord is soos n hammer wat n rots kan vermorsel - Jer 23:29

Die Here het ook amazingly bevestig vir my om te gaan uitreik in Mongolia en die Stan's. Iemand het dit bevestig wat niks geweet het nie, Loren Cunningham, die stigter van YWAM het n beroep op sendelinge gedoen om uit te reik na Mongolia en hy vertrou vir n duisend spanne om Mongolia te betreik. Die Heilige Gees het ook een oggend dit bevestig en met skrif ook bevestig:  Jes 43:19 See, I'm doing a new thing! Now it springs up, don't you perceive it? I'm making a way in the wilderness and streams in the wasteland....because I provide water in the wilderness and streams in the wasteland to give drink to my people, the people I formed for myself that they may proclaim my praise!


Ons kry vreeslik baie reen en ek kla nie maar dit beinvloed die mense in
Thailand, Laos en Cambodia. Daar is baie dood weens vloede en ongelukke en dood op die paaie is net soveel meer waneer dit reen. Thailand is steeds die land met die meeste pad sterftes in die wereld.

Ons tydjie kom al hoe nader om weer vir n slag SA toe te kom en die finansie is darem 2 derdes in plek. Niks wat die Here nie kan doen nie. Laat weet maar as daar n geleentheid is om iewers te bedien of te kom getuig. Moet net asb nie my 10 minute gee nie en hoe langer hoe beter asb.

Nou moet ek seker weer stop want ek is ver in beserings tyd....sal Saterdag vir die Leeus skreeu en is net bly ek hoef nie vir die Bulle te skreeu nie...haha. Ai, waar is my Stormers???

Mag julle Sy teenwoordigheid ervaar en mag Hy elkeen se harte aanraak om te ervaar wat Hy ervaar en mag julle Sy hande, voete en mond wees. Ek bid dat julle elkeen mense sal sien dur Sy oe.

Baie seeninge en liefde en sien julle oor drie maande.

Len, Jono en Sara!

 But the best argument of all for evangelism is found in the wounds of Jesus. You want to honor Him, your desire is to put many crowns upon His head, and this you can best do by winning souls for Him.- Charles Spurgeon

BANK DETAILS 

Account Name: New Hope Ministries International 
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005

Tuesday 29 May 2018

 “Only one life, ’twill soon be past, only what’s done for Christ will last.” ― C.T. Studd

Hi almal,

Ons vertrou dat alles wel is aan julle kant en wees verseker dat ons aanhoudend vir julle bid en opdra in gebed.

Dit gaan goed hier in Asia en die Here is besig om harte aan te raak en baie ontmoet Jesus op n daaglikse basis. Daar is werklik n herlewing hier in Asia, met die grootste liggaam van Christene in die wereld, naamlik China met oor die 200 miljoen Christene nou, en ook India wat die vinnigste groeiende kerk is op die stadium. In Burma of Myanmar is daar ook n herlewing. Daar is ook baie vervolging in al hierdie lande en ongelukkig het ons (YWAM) so pas n basis in China verloor en al die sendelinge en staf is in hegtenis geneem en/of gedeporteer. Dit was tragies maar niks wat gebed nie kan verander nie en nuwe deure wat weer oopgemaak kan word nie. Van die mense is nou tydelik in Thailand maar dit is tog n bitter hartseer aangeleentheid.

In Thailand het die vervolging ook nou begin deurdat al ons buitelanders n verslag moet indien by immigrasie indien ons uit ons distrik uitbeweeg. Ons moet dan ook by n polisie stasie aanmeld en wanneer ons terug is mo
et ons weer immigrasie toe gaan en weer n verslag indien. Hierdie is n pynlike scenario maar niks in vergelyking wat sendelinge in ander lande moet deurgaan nie.

Ons het n bitter besige April en Mei gehad met meer spanne as die vorige 5 jaar wat ek hier is. Daar is weer wonderbaarlike getuienisse van mense wat Jesus aangeneem het tot genesings wat plaasgevind het. Daar is ook n hele klomp jong mense wat die Heilige Gees se leiding ervaar het om of in sending te bly of om terug te kom na Thailand om deel te wees om die onbereikte mense te bereik.

Een span het lofprysing oral gedoen en selfs in n Moslem area en hierdie Moslems wou hul geld aanbied om aan te gaan en nog te worship. Ander plekke het mense so verdiep geraak dat hul met trane hande begin klap het. Nog n span het n eye glass bediening gehad waar hulle in villages die liefde van die Here kon deel en baie mense het brille met dankbare harte gekry. Horde spanne het in die tronke gaan bedien en ander het in universiteite en skole gaan bedien saam met lokale sending organisasies en kerke.

“I am no longer anxious about anything, as I realize that He is able to carry out His will for me. It does not matter where He places me, or how. That is for Him to consider, not me, for in the easiest positions He will give me grace, and in the most difficult ones His grace is sufficient.” 
― James Hudson Taylor


Ek was bevoorreg om nuwe kerke te besoek en ook hande saam te slaan met hulle. Ek, Jono en Sara is verlede week, op n uitreik na n provinsie waar bitter min Christene en selfs geen Christen is nie. Dit was oopgestel aan alle sendelinge maar ons kon net met motorfietse by van die "villages" uitkom weens verskriklike slegte paaie, en dit het meeste nie voor kans gesien nie. Dit is totaal verstaanbaar aangesien nie baie mense motorfiets off-road ondervinding het nie.

For the Good News must first be preached to all nations - Mark 13:10

Ons was bevoorreg om saam met n kerk in Lampang te gaan bedien en kon getuig, preek, bid vir mense en Bybels en traktaaitjies uitgee. Hiedie area het geen kerrk of Christen gehad nie en die snaakste van als was dat daar ook geen tempel was nie. Die "village chief" het ons baie gehelp deur af te kondig op luidsprekers om hierdie geleentheid by te woon. Daar was baie kinders en vrouens maar bitter min mans en ons het baie geskenke (inkleur boeke, penne, inkleur kruit ens) aan al die kinders gegee, jeug Bybels en Comic Bybels.

Dit was n wonderlike tyd met baie skits en geestelike liedjies wat baie gebare in het en wat die kinders baie geniet het. Die pastoor het my gevra om die geskenke vir die "wenners" te oorhandig en ek kon nie die versoeking weerstaan om bietjie humor in te bring deur die geskenke te vat en weg te loop daarmee. Die pastoor het gedink ek is ernstig en probeer om agter my aan te hardloop en te se: no, no no....en dit het die skare behoorlik van hul stoele laat afval van lag. Ons sal weer terug gaan met n opvolg besoek na hierdie "village" toe maar miskien nie gedurende die monsoon sisoen nie. Ons moes bitter vinnig "vlug" aangesien dit baie erg begin reen het en die paaie is dan onbegaanbaar met modder. Die reen het ons wel gevang en ons was sop nat maar dit was darem nog nie erg modder of onbegaanbaar nie. Ons beplanning is om oor n paar weke in die berge in te gaan op uitreike maar gelukkig is die paaie goed in daardie area. Op die foto van die 2 dames kan gesien word hoe hul matte maak en dan verkoop.

My voorbereiding vir Mongolia en die "Stan's" vroeg volgende jaar gaan goed aan en my motorfiets is nou ten volle toegerus, my gear is amper in plek maar ek moet nog under layers kry wat sal help teen die koue. Ek is ook besig om te "partner" met van die Christene daar asook YWAM basisse en ek vertrou dat die Here elke stap sal lei.

Nou begin my nuusbrief weer soos n boek raak maar ons wil net dankie se vir elkeen se omgee, liefde en gebede. Ons waardeer julle uit ons harte uit en dankie dat julle deel is om hierdie mense te bereik vir Sy Koningkryk. Alle eer aan Jesus.

Jesus liefde.


Prayer requests

Please thank the Lord with us for His amazing protection and guidance.
Please thank Him for the souls that are coming into His Kingdom.
We need to trust Him for wisdom and anointing to be effective for the Kingdom.
For hearts to be prepared in Mongolia and wherever He send me next year.
For the Christians to stand strong during their persecution and tribulation.
For Jono to be anointed while preaching every Sunday




 MISSIONARY: A PERSON WHO LEAVES HIS FAMILY FOR A WHILE, SO THAT OTHERS CAN BE WITH THEIRS FOREVER! 



  BANK DETAILS 

Account Name: New Hope Ministries International 
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005

Tuesday 20 March 2018


But sanctify Christ as Lord in your hearts, always being ready to make a defense to everyone who asks you to give an account for the hope that is in you, yet with gentleness and reverence - 1 Peter 3:15


Hello my dierbare Boeties en Sussies,

Ons vertrou dit gaan goed aan julle kant en ook dat onse Vader besig is om Sy Koningkryk te verdiep in SA ongeag die negatiewe dinge wat so maklik ons aandag van Hom en vertroue in Hom te verhinder. God bly getrou, ongeag!

Ons uitreike in die villages is deesdae baie uitdagend. Die houvas wat satan het op die mense is hart verskeurend. Ons beweeg in villages wat geen hoop het nie en niemand glimlag. Dis nie lekker om die bitter en harde uitdrukkings waar te neem nie. Baie verval in drugs en ander kriminele oortredings en meeste kinders het geen ouers nie want hul is of in die tronk of hul is dood weens selfmoord of moord of die pa of ma kan nie finansieel agter hul kyk nie. Baie kinders word verkoop aan pimps en is dan gedwing om in prostitusie te werk. Bid asb vir Jono aangesien hy die uitreike reel.

Ons was verlede week weer in n village waar n pastoor 130 kinders ingeneem het as sy eie kinders. Hy moet elke dag die Here vertrou om genoeg kos te he vir al die kinders ek het lanklaas sulke wonderlike gedissiplineerde kinders gesien. Ons was n redelike groot span wat gegaan het maar ek het met my motorfiets gegaan en die kinders later vermaak deur baie van hul 2 per keer op die motorfiets te laat ry (agterop natuurlik...hehe). Die uitgelate lag en vreugdevolle geskreeu het my hart verbly en dit was wonderlik om dit aan te hoor.


Ons het huise besoek en met vertalers die Goeie Nuus kon verkondig, gebid vir mense en traktaaitjies en Bybels uit gegee. Daar was ook geleenthede waar ons geestelike films kon wys en Jesus se liefde kon uitleef en die lig in n baie donker wereld vir Hom te kon wees! Daar is net omtrent 30 Christene in die hele omgewing en ons het darem geleentheid gehad om van hul te besoek en saam te bid en te motiveer en te inspireer. Een man wat die village as kranksinnig geag het, het skielik na n gebed vir hom, die gebruik van sy vingers terug gekry. Hy het vir jare lank nie sy    vingers kon reguit maak nie en hy was totaal genees in sekondes. Hy het skielik sy arms opgehef en bly se, Yeshua. Dit was n verdere wonderwerk aangesien hy nie Thai, Engels of Hebreers kon praat nie.


1 Corinthians 3:6-9I planted the seed, Apollos watered it, but God has been making it grow. So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God, who makes things grow. The one who plants and the one who waters have one purpose, and they will each be rewarded according to their own labor. For we are co-workers in God’s service; you are God’s field, God’s building.



Net so stukkie van humor: Ek het n oggend wakker geword waar ons op die vloer moes slaap met honde en een van die puppies het n maag aandoening gehad deur die nag en ongelukkig besluit dat ek die teiken was....mmmm....my klere en bene was in die slag en daar was geen storte nie maar wel bakke met water sonder seep waar ek die gemors moes probeer af was. Ek het ongelukkig net een langbroek gehad aangesien ek gedink het dat ek meer ingepak het en moes die res van die uitreik met dieselfde broek rondloop. Ek was omtrent gespot.....

Ek het ook die voorreg gehad om te help vark slag en die groot gedierte was maar n uitdaging om al die hare van sy vel af te kry. Kook water word oor sy vel gegooi en dan moes ons met lemmetjies die hare afsny of krap. Ek sal my nou nie voorgee as n slagter nie....


April gaan weer n bitter besige maand wees aangesien daar horde spanne Thailand toe kom. Ek moet weer al die reelings tref vir hierdie spanne se uitreike. Ek is ook steeds besig om voor te berei vir die toekomstige uitreike wat die Here op my hart gele het na Mongolia, die "Stan's"ens. Dinge is besig om darem nou in plek te val. Daar is darem nog baie tyd oor maar ook baie dinge om op te konsentreer. Ek sal almal se gebede werklik waardeer en vertrou ook dat Jesus alreeds besig is om harte en siele voor te berei.


Net weereens n baie groot dankie met dankbare harte van ons kant af vir julle omgee, liefde, gebede en ontferming. Ons waardeer julle oneindig baie! Mag die Here julle oorvloediglik seen. Mag julle Sy liefde ervaar en mag jul sensatief wees vir die Heilige Gees se leiding. Wees verseker dat ons daagliks vir julle almal bid.
Baie liefde, in Jesus



 MISSIONARY: A PERSON WHO LEAVES HIS FAMILY FOR A WHILE, SO THAT OTHERS CAN BE WITH THEIRS FOREVER!


  BANK DETAILS 

  Account Name: New Hope Ministries International 
  Bank: Absa bank
  Account no: 9106492455
  Branch: Parow
  Bank Code: 632005



Wednesday 7 February 2018






  • “Alone we can do so little; together we can do so much.” – Helen Keller


Hi almal,

Ek vertrou dit gaan goed en dat julle geseend is in alle opsigte en dat julle elke dag n glimlag op die Vader se gesig sit. Met n dankbare hart se ons dankie vir die voorreg om sulke awesome vriende en boeties en sussies te he. Woorde sal nooit kan beskryf wat julle werklik vir my/ons beteken nie. Ons waardeer elke gebed, kommunikasie, support en liefde uit die diepte van ons harte.

Dit gaan goed die kant van Asia en die bitter besige seisoen oor Desember en Januarie is nou oor. Die laaste span van Januarie en Desember het n paar dae terug vertrek na hul uitreik bestemmings maar nou is dit weer tyd vir 2018 beplanning-vergaderings en Asia konferensies.

Ek, YWAM Chiang Rai se direkteur (Greg) en n Thai christen (Nui) het darem n geleentheid gehad om verlede week vir 4 dae weg te breek. Ons het n kombinasie van n uitreik en n plesiertrip gehad en is met ons motorfietse na Burma se grens en daar met n bootjie oor die rivier (grens) gery en n “festival” bygewoon vir die “Karen” mense. Ons het geleenthede gehad om die Woord te verkondig en ook saam met leiers te bid. Bid asb veral vir Tony (Burmees) en ook n Thai meisie, Lei wat baie soekend is.

Ons het soos sardientjies in een groot riet gebou geslaap en die rook was erg want hul maak vuur onder die huise. Mens kon skaars iemand herken van al die rook en dit was bitter koud. Ek moes vir die eerste keer in my lewe met oorpluisies slaap aangesien mense erg gesnork het en baie reg deur die nag gesels het.

Ons trip tot by die rivier wag verskriklik erg en ek en Greg (direkteur) het maar min off-road experience gehad. Ons moes deur riviere en berge op en af met kranse aan die een kant en afgronde aan die ander kant. Ek het lanklaas so baie gebid…hehe. 

 Ons moes weer n dag later dieselfde roete ry maar die het toe al makliker gegaan. Ek het wel een keer hard met moeder aarde kennis gemaak maar gelukkig het my toerusting baie goeie beskerming. My side-boxes se raamwerk het erg gebuig en my vertroue in die lokale maak het n knou gekry.



1 Corinthians 3:7 So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God who gives the growth.


 
Ons is vandaar op die Mae Hong Son loop wat uit 1864 draai bestaan. Ek het n sticker gekoop wat se: “I survived the 1864 curves”. Elke nou en dan is daar toilets wat aandui dat dit vir mense is wat kar siek raak. Ek het dit verskriklik geniet. Ek moes weer terug jaag en kon nie sightseeing doen nie want n span het vir my gewag vir opleiding.
 
Dit raak nou weer tyd vir besoedeling want almal brand als en die rook trek in Chiang Mai in en kan nie uit nie omdat ons omring is met berge. My gesondheid het so bietjie knou gekry en ek het vir die eerste keer in n bitter lank tyd erg hooikoors en griep simptome. Ek aanvaar net die Woord wat se dat ek genees is deur Sy wonde en het jul gebede ook nodig asb.



Met Jono en Sara gaan dit goed en ons sien mekaar steeds elke 2 de of 3 de dag. Hul is altwee besig met hul take en ek hul vertrek volgende week vir 5 dae India toe vir n uitreik en vriende te besoek. Ek vertrou steeds om SA toe te kom maar dit lyk nou eers na Junie of Julie se kant. Jono en Sara sal ook kom maar hul moet daarna Amerika toe gaan om Sara se identiteits papiere reg te kry met n nuwe van ens. Jono het ook n uitreik vanaf die 2 de Maart.

Wonderlike getuienisse kom daagliks in man mense wat Jesus aangeneem het en mense wat genees is. Hou asb aan om te bid dat die Here Divine apointments sal stuur en ons aanhou die vrymoedigheid, wysheid en krag sal gee om getuienisse vir Hom te wees en effektief vir Sy Koningkryk te wees.

Ek het sommer verskeie fotos ingesit en ek hoop dit sal so bietjie help om te sien waar ons was ens.

Baie liefde vir julle almal en mag julle Sy amazing teenwoordigheid en comfort ervaar deur hierdie maand. Laat weet as daar iets is vir wat ons kan bid of saamstem met jul gebede.

Len, Jono en Sara 

1 Corinthians 3:9 For we are God’s fellow workers. You are God’s field, God’s building.