“It is better to be alone with God. His friendship will not fail me, nor His
counsel, nor His love. In His strength, I will dare and dare and dare until I die.” – Joan of Arc
Hi julle,
Dis weer tyd vir ñ nuusbrief.
Ons bid en vertrou dit gaan goed aan julle kant. Ons het ñ rukkie tyd gehad om te ontspan met nie te veel spanne om te koördineer nie. Dit het my darem tyd gegee om my boek klaar te maak. Ek is nou net besig om die laaste paar kort stories by te voeg asook sekere skrifte wat die Here op my hart gelê het. Die volgende is dan om ñ professionele persoon te kry om dit te proef lees en te help om die nodige veranderinge te maak. Indien julle kan help met advies, sal ons dit hoog op prys stel. Die volgende stap sal natuurlik wees om die boek te druk en/of deur Amazon Kindle Direct Publishing te werk. Ek het oorweeg om dit te laat print deur YWAM drukkers en ook ñ drukkers maatskappy in Suid Afrika te gebruik, maar dis ook bitter duur, alhoewel dit goed sal wees om ook fisiese boeke te hê om weg te gee.
Met hierdie stap is daar nog baie onsekerheid, maar ek vertrou vir advies en dan sal ons natuurlik dit voor die Here moet lê, aangesien Hy sê in Spreuke 3:5-6 "Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie." Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. Hy sê ook in Jak 1:5 "En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word."
Hoor my hart as ek sê ek will nie geld maak hierdeur nie. My hartsbegeerte is vir hierdie boek om mense te inspireer om ñ intieme verhouding met ons Hemelse Vader te hê, om Sy werklikheid te openbaar dat Hy steed dieselfde is, gister, vandag en tot in alle ewigheid en dat ouers en hul kinders ñ ongelooflike mooi verhouding kan hê in Jesus. Ek deel van hierdie stories al vir jare met al die spanne wat kom en ek kan nie vir julle in hierdie nuusbrief alleen verduidelik hoeveel harte op een of ander manier aangeraak is en hoeveel trane ek altyd waarneem nie. Ons bid ook nog vir die titel (naam) vir die boek.
“The missionary heart: Care more than some think is wise. Risk more than some think is safe. Dream more than some think is practical. Expect more than some think is possible. I was called not to comfort or success but to obedience… There is no joy outside of knowing Jesus and serving him.” - Karen Watson
Volgende, op ñ baie ernstige vlak, maar dit raak eerlikwaar net ñ handvol mense: Ons word geforseer om ons bank rekening toe te maak weens ABSA se nuwe regulasies, maar gelukkig het ons ñ bank rekening met Capitec oopgemaak toe ons laaste in Kaapstad was. Ons is so jammer vir die ongerief, maar dit is eerlikwaar buite ons beheer.
Ons nuwe bank besonderhede is as volg:
Bank: CAPITEC
Tekening houer: Mr L du Preez
Rekening nommer: 2248813232
Indien daar ñ probleem is, kontak my of Jono asb.
“Send me anywhere, only go with me. Lay any burden on me, only sustain me. Sever any tie, but the ties that bind me to your service and to your heart.” - David Livingstone
![]() |
![]() |
|
“Cease trying to work for
God, and let God work through
you.” - Oswald Chambers
1 828 mense uit agt provinsies in Sentraal-Thailand is verlede maand gedoop nadat hul Jesus as hul
Saligmaker aanvaar het. Ten spyte daarvan dat Christenskap al 200 jaar lank in Thailand teenwoordig is, het niemand nog ooit die Goeie Nuus na hul dorpies gebring nie. Die Here is besig om meer en meer Thais te red en ons is Hom so dankbaar vir Sy genade.
Believe God’s love and power more than you believe your own feelings and experiences. Your rock is Christ, and it is not the rock that ebbs and flows but the sea. - Samuel Rutherford
het ons stories ñ inpak op almal gehad en wou hul net meer en meer hoor. As ek sê "ons stories" dan bedoel ek die Here se awesomness en werklikheid deur twee gewone mense. Daar was baie trane daagliks en ons vertrou hul sal volhard om Sy Koningkryk te vergroot.
Die eerste week van September gaan baie besig wees met baie YWAM leiers wat kom vir ons GLG (Global Leadership Gathering). Daar is reeds oor n duisend leiers vanaf oral oor die wereld wat kom insluitende Suid Afrikaners. Ek sal moet bontstaan tussen koordinering vir n klompie wat by my kom bly en om self als by te woon.Ek sal jul gebede waardeer asb.
![]() |
Psalm 103:17 — "The LORD's love is with those who fear him... and His righteousness with their children's children."
![]() |
.
“He is no fool who gives what he cannot keep to gain what he cannot lose.” - Jim Elliot
Ek wil net weereens dankie sê vir almal se liefde, ondesteuning, gebede en passie om deel te wees om mense aan Jesus voor te stel en dat julle self ñ impak maak vir die Koningkryk van God. Ons bid steeds vir julle almal en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.
Baie liefde en vrede
Len, Jono, Sara en kleintjies.
The LORD bless you and keep you; the LORD make his face to shine upon you, and be gracious to you;
the LORD lift up his countenance upon you, and give you peace.
Numbers 6.24-26
Bank: CAPITEC
Tekening houer: Mr L du Preez
Rekening nommer: 2248813232
Len +66 80 813 3509
Jono +66 80 815 5791










.jpg)