Saturday 18 March 2023


“Let my heart be broken with the things that break God’s heart. – Bod Pierce, World Vision founder”

 

 More almal,

Ek is regtig jammer om nou eers 'n nuusbrief te stuur! Ek het 'n bitter besige tyd en 'n kommerwekkende 2 maande gehad!

 

Ek hoop als gaan baie goed julle kant en ek volg darem hier en daar wat aangaan op sosiale media! Ek wil net sê dat ek julle baie waardeer en wees verseker ons dra julle op in ons gebede! Die Here is altyd getrou en smag na 'n dieper verhouding en vriendskap met elkeen van ons!


Ek het werklik 'n behoefte om die volgende Woord/skrif te gee en ek vertrou in my hart dat die Here dit sal bewerkstellig:

“Forget the former things; do not dwell on the past. See, I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it? I am making a way in the wilderness and streams in the wasteland. The wild animals honor me, the jackals and the owls, because I provide water in the wilderness and streams in the wasteland, to give drink to my people, my chosen, the people I formed for myself that they may proclaim my praise. Isaiah 43: 18-21

 

Soos ek reeds gesê het, dit was 'n bitter besige tyd vanaf Desember en die eiende is nie in sig nie, want daar is alreeds amper 20 spanne wat hierheen kom in April en Mei. Die beplanning en koördinering is werklik nie speletjies nie en veroorsaak baie grys hare...haha. Vir my was dit eksta swaar want Jono was in Amerika vanaf Desember en ek moes sekere funksies oorneem en dit ook hanteer. Ons het darem ook mooi getuienisse gekry van honderde Thai's wat Jesus as hul Saligmaker aanvaar het en wat nou 'n wonderlike pad saam met die lokale kerke en organisasies stap.

 

“God uses men who are weak and feeble enough to lean on Him. – Hudson Taylor” 



Ons het amper uit Bybels uitgehardloop maar Jono het my vandag die goeie nuus meegedeel dat 'n paar mense in Amerika 'n paar honderd Bybels gaan sponser. Dit is baie baie goeie nuus maar ons bly vertrou vir nog ook om iewers in hierdie jaar weer prentjie Bybels te druk.Ek het gelukkig nog duisende traktaaitjies en iemand in Duitsland voorsien ons met almanake elke jaar met evangelistiese boodskappe in Thai met asemrowende mooi natuur fotos daarin.


Ons het ook 'n wonderlike getuienis dat een Thai atheïs wat 'n massiewe kanker gewas gehad het, voor gebid is en die kanker wat soos die grootte van 'n vuis was, totaal genees is in 'n village hier naby. "Laman" het selfs doof geraak weens die gewas en het 3 keer Chemo gehad. Na ons span vir hom gebid het, het hy beter gevoel. Hy is 2 dae later na 2 veskillende hospitale en beide het verskeie toetse op hom gedoen en verklaar dat daar geen kanker is nie! Hy en sy familie en baie van die village het Jesus aangeneem en doen nou weekliks Bybel studie. Hy praat nou met opgewondenheid oor die wonderwerk en ek kon nie glo die vrede in sy oë waneer hy oor hierdie wonderwerk praat nie. Wat 'n awesome wonderwerk wat baie voor Jesus se voete laat kniel het.

 

“I believe that in each generation God has called enough men and women to evangelize all the yet unreached tribes of the earth. It is not God who does not call. It is man who will not respond!” – Isobel Kuhn, missionary to China and Thailand

 


Aan die ander kant het ons so pas slegte nuus ontvang! Soos meeste van julle weet van die dodelike geweld en vernietiging van hele dorpe en gemeenskappe deur die Burmese militêre magte in hul gewelddadige veldtog teen hul eie mense, het dit 'n humanitêre krisis veroorsaak wat grootliks nie aangemeld word deur die media oor die wêreld nie. Twee van ons medewerkers is doodgeskiet deur die Burmese soldate toe hulle voorraad (kos, water en medikasie) in die oerwoud ingesmokkel het. Daar is nog 30 ton wat moet versprei word maar die volunteers word daagliks minder. Bid asb dat die Here sal ingryp en 'n wonderwerk hier sal veroorsaak vir die miljoene mense wat desperaat in die oerwoud hier om ons probeer oorleef.


Ek het ook 'n bitter slegte en kommerwekende tyd gehad. Soos meeste van julle weet het die Here 9 jaar terug 'n huis vir ons voorsien om die spanne te huisves, orientasies te doen en die hele YWAM, kerke en ander sending organisasies het dit nog altyd gebruik vir byeenkomste, worship tye, en en en..! Dit kan 30 mense slaap. Ek het wel 'n kamer in die hoek op die 2 de vloer waar ek die laaste 9 jaar bly en wat ook my kantoor is. Geen buitelander mag land of huise in hul name hier hê nie, slegs Thai's. Die persoon wat die huis gekoop het vir belegging doeleiendes, moes dit in 'n Thai, wat ons, ken se naam sit. Ons het wel geweet dis baie riskant, maar daar was niks anders wat ons kon doen nie. Die supporter het verlede maand besluit om geen eiendom oorsee te hê nie en besluit om die huis te verkoop. Dit was 'n geweldige skok vir ons maar ons het bly bid en vertrou. Ek moet eerlik wees, dit het my geloof spiere weer in plek gesit, maar die vyand het my met alles getakel wat hy kon. My bloeddruk was verskriklik hoog (soms 180/120) en na toetse is gevind dat my cholesterol net so erg is. Die eienaar en ek het 'n afspraak gemaak met die Thai in wie se naam ons die huis gesit het en rooi ligte het afgegaan! Dit was duidelik dat die motiewe skielik in selfsug verander het en ons het gedink ons het die huis verloor.

“There is nothing impossible with God. All the impossibility is with us when we measure God by the limitations of our unbelief.”― Smith Wigglesworth


Om 'n lang storie kort te maak, met baie gebed het die Here ingegryp en is die huis nou in 'n Thai pastoor vriend van my se naam oorgeplaas (wie ek met my lewe vertrou) en ons kan nou weer aangaan soos voorheen. Ek kan nie als vertel wat nog gebeur het nie, maar dit was ook 'n goeie scenario omdat tye soos die 'n mens weer laat kyk na jou prioriteite en waar mens werklik staan in ons geloof lewe met ons Koning. Ek eet ook nou baie gesond en het reeds 4 kilogram verloor!

 

Ek beplan steeds om einde Mei, begin Junie, my "jaarlikse" evangelisasie uitreik te doen en vertrou om binnekort aansoek te doen vir my Mongolia en Kazakhistan visas. Soos julle weet is my motorfiets nou al 'n paar jaar in Mongolia en kon ek nooit teruggaan om weer vir 'n paar maande te gaan "teach" in Mongolia of Bybel verspreiding te doen weens Covid nie. Ek moet wel deur Rusland ry vir 'n paar duisend kilometer maar vertrou als sal reg wees, alhoewel daar 'n duidelike beroep is om as 'n westerling nie deur Rusland te reis nie. 



Jono en sy familie kom weer Saterdag aand terug en ek is opgewonde om die kleinspan te sien! Hul is wel hier tot begin Mei en moet dan Nepal toe vertrek vir 6 weke om te gaan help met die kerk daar en ook vir Bybel vertaling vir Sara se sending organisasie! Dit sal nie maklik met die 2 kleintjies wees nie, want hul gaan in die berge in na 'n spesifieke tribe en dis nie maklik bereikbaar nie.

 

 

“Love is the root of missions; sacrifice is the fruit of missions. – Roderick Davis”

 

Met my boek gaan dit goed en ek probeer om elke dag bietjie te skryf en ek is defnitief oor die helfde al. Wel, nou het my nuusbrief te lank geraak! Ons bid die Here se seen julle almal toe en vra dat ons Hemelse Vader jul bystaan in elke area van jul lewe! Bid asseblief dat die Here n opskudding sal veroorsaak in Thailand sodat die mense desperaat kan raak vir die waarheid! Baie liefde en als wat mooi is!


“Some of us are senders and some are goers. Neither is more important than the other. Neither is possible without the other.”— David Sills

 

BANK DETAILS

 

 ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

 BANK CODE: 632005

 Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com 

len.dupreez@ywamthailand.org

 Jono +66 80 815 5791

 Jono.dupreez@gmail.com