Monday 29 November 2021

 "And he said to them, 'The harvest is plentiful, but the laborers are few.  Therefore pray earnestly to the Lord of the harvest to send out laborers into his harvest.'"- Luke 10:2

 

 More almal,

Ons bid en vertrou als is mooi aan julle kant en dat ons almal nuwe hoop en verwagtinge sal hê vir 2022! Kom ons wees positief en vertrou ons God en Vader wat sê: I will NEVER leave you nor FORSAKE you - Heb 13:5!


Baie Thai's is nou oop vir die Goeie Nuus. Dit kan meestal toegeskryf word weens die vrees en onsekerheid wat ontstaan het a.g.v Covid! Die Thai;s was altyd verseker niks kan hulle of hul land aanraak nie! Daar is altyd gese dat hul was nooit betrokke in oorloe, gekonoliseer nie en het nooit enige "natural disasters" soos al die ander lande nie. Hierdie verskoning en trots is afgebreek weens die pandemie. Daar is ook n nuwe herlewing wat in die middel van Thailand plaasvidnd en dis besig om te beweeg van een provinsie na ander!

 

As long as there are millions destitute of the word of God and the knowledge of Jesus Christ, it will be impossible for me to devote time and energy to those who have both. - J.L. Ewen 

 

Die ark is oop die kant! Ons dank ons Vader want spanne stroom in. Ons is bitter besig want ek het die verantwoordelikheid om al die admin en mails te hanteer vir die hele Thailand se uitreik afdeling weens n tekort van staf in Bangkok. Dit vat bitter baie van my tyd en ek moet heeltyd elke beweging van spanne skeduleer en in kommunikasie bly met spanne en ministries ens. Dis sal wel vroeg volgende jaar verbeter waneer Bangkok se staf terug is alhoewel ek al die aansoeke vir volgende jaar reeds moet hanteer.




'n Amazing testimony van die YWAM Hawaii span wat op uitreik is! Die Vrydag namiddag het die spanlede nie juis meer energie gehad na 'n dag se harde werk op die plaas nie. Die ministry leader vra hul toe egter om 'n paar "skits" te doen vir die seuns wat hy bearbei en huisves op sy plaas. Van hulle is op parool en toevertrou aan hom deur die Owerhede van die Jeuggevangenis. Groot was almal se verbasing en vreugde agterna toe een van die seuns sê hy wil sy hart vir Jesus gee en ook terselfdertyd gedoop word daar in die groot visdam op die plaas! Hulle erken nou hulle harte was nie juis in die "skit" op daardie stadium nie, maar Jesus het dit gebruik om die geharde jongman se lewe aan te raak.

Ons het julle gebed bitter nodig aangesien daar ook skielik geweldige demoniese aanslae vanaf satan is!
Ons het nog nooit so iets beleef nie maar sekere studente in spanne veroorsaak chaos met lokale ministries en sekere ministries moes ons nou van ons website afhaal en verhoudings verbreek weens onchristelike standpunte en vleeslike hantering van spanne! Dis n lang storie en ons kan net vra dat julle asb sal intree in gebed. Die goeie nuus is dat daar baie uitreik spanne is wat die nood hier vul en n impak maak vir die Thais en ministries!



 

Only 1 in 30 missionaries goes to Unreached People Groups (UPGs).

 

 

 

Ons ondersteun steeds die vlugtelinge vanaf Burma en die wondelike nuus is dat daar daagliks Buddhists en Muslims hul harte vir Jesus gee! Hul bly vra hoekom die Christene hulle voed en noodsaaklikhede bly voorsien sonder om iets terug te verwag en dit maak hul harte oop vir God se lig om in te straal. Covid is weer besig om te stuig in Thailand en daar is gister skielik 12 000 nuwe gevalle waar dit gewoontlik 7 000 per dag is. Van ons Ywam families het die afgelope tyd ook slegte nuus ontvang van die afsterwe van broers en ouers wat in Amerika oorlede is weens Covid. Van hulle kon nie terug gaan nie ander moes nou vertrek om dinge te gaan reel afgesien van die begrafnis wat reeds klaar was. Daar is ook die afgelope paar maande n hele paar Ywam leiers oorlede weens Covid en vra net vir gebed vir hierdie sendeling families.








I am no longer anxious about anything, as I realize that He is able to carry out His will for me. It does not matter where He places me, or how. That is for Him to consider, not me, for in the easiest positions He will give me grace, and in the most difficult ones His grace is sufficient. ― Hudson Taylor

 

 

Met Jono hulle gaan dit goed en ek sien hulle darem weekliks! Dit was Jono se verjaarsdag verlede week en het die voorreg gehad om darem meeste van die dag saam met hulle te kon wees! Jono se verantwoordelikhede is massief weens die posisie as "city coordinator" maar daar is ook n verandering by die universiteit waar Sara met Wycliff werk en dit sal beteken dat sy meer tyd kan toewy aan Zachi!

 

Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 


 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach

 

BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com