Wednesday 24 April 2019



 Happiness can only be real when it is shared!


Hallo Almal!

Dis 'n nuwe seisoen en soos ons almal weet, het dit altyd sy uitdagings en opgewondenhede met laagte en hoogte punte! Die laaste week het ek alle aspekte van emosies bereik.

Die Sondagoggend het Jono en Sara my afgesien en het ek alleen die hitte, verkeer en probleme daarna trotseer. Dit het alle emosies in my losgemaak en die trane het vrylik gevloei! Ek was alleen en weg van almal wat ek ken. Geen vriende en familie, net die pad, hitte, hartseer en verlange. Is dit wat my nuwe seisoen gaan behels? Oor en oor het ek myself begin bevraagteken, ook die motorfiets, aangesien my ekstra petrol tank skielik nie meer gekoppel is met die hoof tank nie. Ek het enige moontlike rede bedink om terug te draai en dit uit te stel. Dit was 41grade. Met my ry-pak aan het ek gevoel of ek in n oond is en my helmet het my ore gedruk, die windskerm het losgekom en ek het n fitting verloor, ens.


Ek moes myself gou regruk en besef dat ek nie alleen is nie en dat die Here my elke oomblik gaan bystaan en dat ek net opnuut moet sterf, want daar is n baie groter doel as die "ek" en selfbejammering. Onmiddellik het ek siele weer gesien .. verlore en onbereikte mense vir wie Jesus gesterf het. Die Heilige Gees het my hart gevul met blydskap en ek het skielik n opgewondenheid beleef en vrede wat alle verstand te bowe gaan!

My home is in Heaven, I'm just travelling through this world - Billy Graham

Na 7 ure se ry het ek naby Bangkok verblyf gekry. Die hoteletjie het geen shampoo, seep of toiletpapier gehad nie en moes ek n 7 Eleven gaan soek. Die volgende oggend net voor ek ry, skuif ek my helmet weg en daar is n koekie seep van die hotel langs die tissue boks...WAT.... daar is n tissue boks!!!! Ek kon dit gebruik het vir toiletpapier! Daarna is ek Bangkok toe om n paar dinge te doen en ook om n Thai Buddhist (Biker) wat ek al geruime tyd mee kommunikeer middag ete te he. Die Here is besig om in sy lewe te werk en ek is so dankbaar.

Die 3 ure in Bangkok met sy belaglike verkeer het my redelik teruggesit en ek het weer so 7 ure gery. Die aand het my bene erg begin jeuk en ek was geskok om die tropiese uitslag te sien. My bene waar my kouse was onder die bootse was oral rou en stukkend en vol knoppies. Ek het gelukkig Tropiese salf gehad en ek het daarna my spesiale kouse vir ry aangetrek en genesing het vinnig ingetree gesamentlik met gebed.

Die volgende dag het ek dit gedruk om verlore tyd in te haal aangesien ek n sekere tyd in Kuala Lampur moes wees. Die gesindheid van meeste Thais in die Suide was baie aggressief en daar is meer Muslims as Buddhiste. Ek het 2 ure gesukkel om verblyf te kry, aangesien dit die Songkran fees was en daar oral horde toeriste was. Woensdag is ek na Immigration om my Re-entry permit te kry en daarna na die grens wat redelik vinning was alhoewel ek vir amper n uur in die bloedige son op my motorfiets moes wag.

To be a soul winner is the happiest thing in the world. And with every soul you bring to Christ, you seem to get a new heaven here upon earth. - Charles Spurgeon

Dit was letterlik soos dag en nag verskil toe ek eers in Malaysia inry. Daar is orde en nie mal bestuurders nie en die paaie is van die beste wat ek nog gesien het in Asia. Daar is min motorfietse en ons kon op die tolpaaie ry wat nie die geval in Thailand is nie. Motorfietse hoef ook nie tolgeld te betaal nie. Ek het later probeer verblyf kry, maar dit was n frustrasie omdat Google my na plekke gestuur het waar dit net huise was en het ek maar besluit om deur te ry Kuala Lampur toe wat veroorsaak het dat ek 13ure 30 min op die pad was voordat ek Klang Port in Kuala Lamphur bereik het.

Soos n bestiering was die hotel wat ek sommer gegoogle het 7 minute vanaf die shipping agent en ek het nie eens die adres gehad voor die tyd nie. Die shipping agent het my vroeg Donderdag gekontak om te hoor of ek nie al dalk in Kuala Lampur is nie, want hy moes die verpakking met een dag vervroeg...weereens n absolute bestiering om deur te gery het die vorige dag.



Ek was baie beindruk met hul verpakking, maar ek moes al die petrol uittap en die battery ontkoppel wat n pyn is om by die battery uit te kom. Ek moes ook die bokse afhaal en die windskerm. Ook maar n warm dag gehad en het die hele tyd gesweet, maar ek was darem toe al gewoond daaraan. Ek kon Vrydagaand terugvlieg Chiang Mai toe en is baie dankbaar vir die Here se voorsiening en het genoeg fondse gehad om vandag die shipping koste te betaal.


I will never leave you nor forsake you - Heb 13:5 

Ek sal nou geduldig moet wees vir n maand voor ek Vladivostok toe vlieg om van daar Mangolia toe te ry. Dit sal darem n totale ander trip wees aangesien daar geen haas in gaan wees nie en dan begin die uitreik na elke persoon op die pad wat Jesus my aan blootstel. Daarvoor kan ek nie wag nie en met n dankbare hart kan ek se dat die temperatuur baie beter sal wees. My sitvlak was bitter seer elke dag van ry en ek het gedink ek sal dit gewoond raak, maar ek sal eerder my spesiale kussing wat ek het gebruik in die toekoms.

Die YWAM basis in Ulaanbaatar wag vir my en ek weet dat daar nuwe uitdagings wag, maar Hy het n belofte gemaak "ek sal jou nooit begewe of verlaat nie" en dat Hy my sal lei en help om n blessing vir Hom te wees!

Almal wil weet oor my knie, en al wat ek kan se is dat ek steeds die Here vertrou as my geneesheer en dat daar elke dag n verbetering is! Staan asb saam met my in gebed vir vinnige herstel en veral krag in my bene en totale hegting van die spiere! Baie dankie!!!!

Wel, my nuus was nou baie lank gewees, maar ek het net gevoel om julle meer bloot te stel aan alles wat ek deurmaak van nou af. Ek sal julle op hoogte hou wanneer ek Vladivostok toe beweeg.

Mag julle net die Here se awesomeness ervaar end dit deel met soveel wat Jesus nie ken nie.

Baie liefde,
Len


 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005





No comments:

Post a Comment