Tuesday, 20 March 2018


But sanctify Christ as Lord in your hearts, always being ready to make a defense to everyone who asks you to give an account for the hope that is in you, yet with gentleness and reverence - 1 Peter 3:15


Hello my dierbare Boeties en Sussies,

Ons vertrou dit gaan goed aan julle kant en ook dat onse Vader besig is om Sy Koningkryk te verdiep in SA ongeag die negatiewe dinge wat so maklik ons aandag van Hom en vertroue in Hom te verhinder. God bly getrou, ongeag!

Ons uitreike in die villages is deesdae baie uitdagend. Die houvas wat satan het op die mense is hart verskeurend. Ons beweeg in villages wat geen hoop het nie en niemand glimlag. Dis nie lekker om die bitter en harde uitdrukkings waar te neem nie. Baie verval in drugs en ander kriminele oortredings en meeste kinders het geen ouers nie want hul is of in die tronk of hul is dood weens selfmoord of moord of die pa of ma kan nie finansieel agter hul kyk nie. Baie kinders word verkoop aan pimps en is dan gedwing om in prostitusie te werk. Bid asb vir Jono aangesien hy die uitreike reel.

Ons was verlede week weer in n village waar n pastoor 130 kinders ingeneem het as sy eie kinders. Hy moet elke dag die Here vertrou om genoeg kos te he vir al die kinders ek het lanklaas sulke wonderlike gedissiplineerde kinders gesien. Ons was n redelike groot span wat gegaan het maar ek het met my motorfiets gegaan en die kinders later vermaak deur baie van hul 2 per keer op die motorfiets te laat ry (agterop natuurlik...hehe). Die uitgelate lag en vreugdevolle geskreeu het my hart verbly en dit was wonderlik om dit aan te hoor.


Ons het huise besoek en met vertalers die Goeie Nuus kon verkondig, gebid vir mense en traktaaitjies en Bybels uit gegee. Daar was ook geleenthede waar ons geestelike films kon wys en Jesus se liefde kon uitleef en die lig in n baie donker wereld vir Hom te kon wees! Daar is net omtrent 30 Christene in die hele omgewing en ons het darem geleentheid gehad om van hul te besoek en saam te bid en te motiveer en te inspireer. Een man wat die village as kranksinnig geag het, het skielik na n gebed vir hom, die gebruik van sy vingers terug gekry. Hy het vir jare lank nie sy    vingers kon reguit maak nie en hy was totaal genees in sekondes. Hy het skielik sy arms opgehef en bly se, Yeshua. Dit was n verdere wonderwerk aangesien hy nie Thai, Engels of Hebreers kon praat nie.


1 Corinthians 3:6-9I planted the seed, Apollos watered it, but God has been making it grow. So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God, who makes things grow. The one who plants and the one who waters have one purpose, and they will each be rewarded according to their own labor. For we are co-workers in God’s service; you are God’s field, God’s building.



Net so stukkie van humor: Ek het n oggend wakker geword waar ons op die vloer moes slaap met honde en een van die puppies het n maag aandoening gehad deur die nag en ongelukkig besluit dat ek die teiken was....mmmm....my klere en bene was in die slag en daar was geen storte nie maar wel bakke met water sonder seep waar ek die gemors moes probeer af was. Ek het ongelukkig net een langbroek gehad aangesien ek gedink het dat ek meer ingepak het en moes die res van die uitreik met dieselfde broek rondloop. Ek was omtrent gespot.....

Ek het ook die voorreg gehad om te help vark slag en die groot gedierte was maar n uitdaging om al die hare van sy vel af te kry. Kook water word oor sy vel gegooi en dan moes ons met lemmetjies die hare afsny of krap. Ek sal my nou nie voorgee as n slagter nie....


April gaan weer n bitter besige maand wees aangesien daar horde spanne Thailand toe kom. Ek moet weer al die reelings tref vir hierdie spanne se uitreike. Ek is ook steeds besig om voor te berei vir die toekomstige uitreike wat die Here op my hart gele het na Mongolia, die "Stan's"ens. Dinge is besig om darem nou in plek te val. Daar is darem nog baie tyd oor maar ook baie dinge om op te konsentreer. Ek sal almal se gebede werklik waardeer en vertrou ook dat Jesus alreeds besig is om harte en siele voor te berei.


Net weereens n baie groot dankie met dankbare harte van ons kant af vir julle omgee, liefde, gebede en ontferming. Ons waardeer julle oneindig baie! Mag die Here julle oorvloediglik seen. Mag julle Sy liefde ervaar en mag jul sensatief wees vir die Heilige Gees se leiding. Wees verseker dat ons daagliks vir julle almal bid.
Baie liefde, in Jesus



 MISSIONARY: A PERSON WHO LEAVES HIS FAMILY FOR A WHILE, SO THAT OTHERS CAN BE WITH THEIRS FOREVER!


  BANK DETAILS 

  Account Name: New Hope Ministries International 
  Bank: Absa bank
  Account no: 9106492455
  Branch: Parow
  Bank Code: 632005



Wednesday, 7 February 2018






  • “Alone we can do so little; together we can do so much.” – Helen Keller


Hi almal,

Ek vertrou dit gaan goed en dat julle geseend is in alle opsigte en dat julle elke dag n glimlag op die Vader se gesig sit. Met n dankbare hart se ons dankie vir die voorreg om sulke awesome vriende en boeties en sussies te he. Woorde sal nooit kan beskryf wat julle werklik vir my/ons beteken nie. Ons waardeer elke gebed, kommunikasie, support en liefde uit die diepte van ons harte.

Dit gaan goed die kant van Asia en die bitter besige seisoen oor Desember en Januarie is nou oor. Die laaste span van Januarie en Desember het n paar dae terug vertrek na hul uitreik bestemmings maar nou is dit weer tyd vir 2018 beplanning-vergaderings en Asia konferensies.

Ek, YWAM Chiang Rai se direkteur (Greg) en n Thai christen (Nui) het darem n geleentheid gehad om verlede week vir 4 dae weg te breek. Ons het n kombinasie van n uitreik en n plesiertrip gehad en is met ons motorfietse na Burma se grens en daar met n bootjie oor die rivier (grens) gery en n “festival” bygewoon vir die “Karen” mense. Ons het geleenthede gehad om die Woord te verkondig en ook saam met leiers te bid. Bid asb veral vir Tony (Burmees) en ook n Thai meisie, Lei wat baie soekend is.

Ons het soos sardientjies in een groot riet gebou geslaap en die rook was erg want hul maak vuur onder die huise. Mens kon skaars iemand herken van al die rook en dit was bitter koud. Ek moes vir die eerste keer in my lewe met oorpluisies slaap aangesien mense erg gesnork het en baie reg deur die nag gesels het.

Ons trip tot by die rivier wag verskriklik erg en ek en Greg (direkteur) het maar min off-road experience gehad. Ons moes deur riviere en berge op en af met kranse aan die een kant en afgronde aan die ander kant. Ek het lanklaas so baie gebid…hehe. 

 Ons moes weer n dag later dieselfde roete ry maar die het toe al makliker gegaan. Ek het wel een keer hard met moeder aarde kennis gemaak maar gelukkig het my toerusting baie goeie beskerming. My side-boxes se raamwerk het erg gebuig en my vertroue in die lokale maak het n knou gekry.



1 Corinthians 3:7 So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God who gives the growth.


 
Ons is vandaar op die Mae Hong Son loop wat uit 1864 draai bestaan. Ek het n sticker gekoop wat se: “I survived the 1864 curves”. Elke nou en dan is daar toilets wat aandui dat dit vir mense is wat kar siek raak. Ek het dit verskriklik geniet. Ek moes weer terug jaag en kon nie sightseeing doen nie want n span het vir my gewag vir opleiding.
 
Dit raak nou weer tyd vir besoedeling want almal brand als en die rook trek in Chiang Mai in en kan nie uit nie omdat ons omring is met berge. My gesondheid het so bietjie knou gekry en ek het vir die eerste keer in n bitter lank tyd erg hooikoors en griep simptome. Ek aanvaar net die Woord wat se dat ek genees is deur Sy wonde en het jul gebede ook nodig asb.



Met Jono en Sara gaan dit goed en ons sien mekaar steeds elke 2 de of 3 de dag. Hul is altwee besig met hul take en ek hul vertrek volgende week vir 5 dae India toe vir n uitreik en vriende te besoek. Ek vertrou steeds om SA toe te kom maar dit lyk nou eers na Junie of Julie se kant. Jono en Sara sal ook kom maar hul moet daarna Amerika toe gaan om Sara se identiteits papiere reg te kry met n nuwe van ens. Jono het ook n uitreik vanaf die 2 de Maart.

Wonderlike getuienisse kom daagliks in man mense wat Jesus aangeneem het en mense wat genees is. Hou asb aan om te bid dat die Here Divine apointments sal stuur en ons aanhou die vrymoedigheid, wysheid en krag sal gee om getuienisse vir Hom te wees en effektief vir Sy Koningkryk te wees.

Ek het sommer verskeie fotos ingesit en ek hoop dit sal so bietjie help om te sien waar ons was ens.

Baie liefde vir julle almal en mag julle Sy amazing teenwoordigheid en comfort ervaar deur hierdie maand. Laat weet as daar iets is vir wat ons kan bid of saamstem met jul gebede.

Len, Jono en Sara 

1 Corinthians 3:9 For we are God’s fellow workers. You are God’s field, God’s building.

Thursday, 9 November 2017

Oct/Nov Newsletter

Hi everyone,

It is such a privilege for all of us to know that we are His workmanship, that He cares for all of us and that we can trust in the Lord's unfailing love, mercy and grace!

I can't believe it is about 6 weeks till the joyful Christmas season. I know you all think about holidays and spending time with your family and friends etc. but it is half true this side. We will still have a busy schedule by receiving teams from all over the world, training them and equipping them with evangelistic tools, Bibles etc. but it will also be the first Christmas in 3 years that I won't be alone because Jono and Sara will be in Chiang Mai.

Lately, I was honored to be able to partner with more local ministries and churches and link them with the Outreach department and these churches are really desperate to get teams to come and help them, especially over the Christmas season. I pray that South African churches will send teams to come on outreach to this unreached country with 1% Christians. Some of the photos are of the new ministries and the teams praying for the sick, leading Thai's to Jesus and distribute evangelistic material.

The Lord started to prompt and direct me in different ways to reach more people for His Kingdom and I started a "motorbike ministry"! Not always the most comfortable place to be at, to see the alcohol flowing freely, around some chain smokers, people that are cursing non-stop etc. but Jesus loves every one of them and wants them to have a relationship with Him. I might be the only or last person that can share the light of Jesus to them because non of us are certain of one more day on earth.


I also joined a club and there are really some great guys between them, even some who don't drink at all. Please pray that the Lord will give divine opportunities to share with all of them. I feel so excited and trust in the Holy Spirit to continue use me as a light for Him in this unreached, dark and lost world.

Jono and Sara will return to Thailand tomorrow after a month in the Himalayas. I spoke to them recently and both were coughing terribly. They had to live in rooms where there were no chimneys and people made fire inside to keep warm. I could hear that they both are exhausted but also excited for what the Lord has done on this outreach/Bible translation trip. I can't wait to hear about everything.

It is going well with the Bible and tract distribution and we are planning to print more soon. Please continua to pray for the lost people of Thailand and also that the Lord will send more and more workers so that we will be
 able to reach Thailand and all unreached ethnic groups within the next 10 years.

I will love to come to South Africa early next year and will continue to trust the Lord to make it possible but I will wait in patience for His timing! Thank you for your love, care and prayers! If it wasn't for you we would not be able to even do the smallest thing for His Kingdom here. Be assure that we pray for everyone and that you are precious for us and we treasure your friendship!

Blessings
Len