- “Alone we can do so little; together we can do so much.” – Helen Keller
Hi almal,
Ek vertrou dit gaan goed en dat julle
geseend is in alle opsigte en dat julle elke dag n glimlag op die Vader se
gesig sit. Met n dankbare hart se ons dankie vir die voorreg om sulke awesome
vriende en boeties en sussies te he. Woorde sal nooit kan beskryf wat julle
werklik vir my/ons beteken nie. Ons waardeer elke gebed, kommunikasie, support en
liefde uit die diepte van ons harte.
Dit gaan goed die kant van Asia en die
bitter besige seisoen oor Desember en Januarie is nou oor. Die laaste span van Januarie en Desember het
n paar dae terug vertrek na hul uitreik bestemmings maar nou is dit weer tyd vir 2018 beplanning-vergaderings
en Asia konferensies.
Ons moes weer n dag later dieselfde roete ry
maar die het toe al makliker gegaan. Ek het wel een keer hard met moeder aarde
kennis gemaak maar gelukkig het my toerusting baie goeie beskerming. My
side-boxes se raamwerk het erg gebuig en my vertroue in die lokale maak het n
knou gekry.
1 Corinthians 3:7 So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God who gives the growth.
Dit raak nou weer tyd vir besoedeling want
almal brand als en die rook trek in Chiang Mai in en kan nie uit nie omdat ons
omring is met berge. My gesondheid het so bietjie knou gekry en ek het vir die
eerste keer in n bitter lank tyd erg hooikoors en griep simptome. Ek aanvaar
net die Woord wat se dat ek genees is deur Sy wonde en het jul gebede ook nodig
asb.
Wonderlike getuienisse kom daagliks in man mense wat Jesus aangeneem het en mense wat genees is. Hou asb aan om te bid dat die Here Divine apointments sal stuur en ons aanhou die vrymoedigheid, wysheid en krag sal gee om getuienisse vir Hom te wees en effektief vir Sy Koningkryk te wees.
Ek het sommer verskeie fotos ingesit en ek hoop dit sal so bietjie help om te sien waar ons was ens.
Baie liefde vir julle almal en mag julle Sy amazing teenwoordigheid en comfort ervaar deur hierdie maand. Laat weet as daar iets is vir wat ons kan bid of saamstem met jul gebede.
Len, Jono en Sara
1 Corinthians 3:9 For we are God’s fellow workers. You are God’s field, God’s building.

No comments:
Post a Comment