Wednesday, 7 February 2018






  • “Alone we can do so little; together we can do so much.” – Helen Keller


Hi almal,

Ek vertrou dit gaan goed en dat julle geseend is in alle opsigte en dat julle elke dag n glimlag op die Vader se gesig sit. Met n dankbare hart se ons dankie vir die voorreg om sulke awesome vriende en boeties en sussies te he. Woorde sal nooit kan beskryf wat julle werklik vir my/ons beteken nie. Ons waardeer elke gebed, kommunikasie, support en liefde uit die diepte van ons harte.

Dit gaan goed die kant van Asia en die bitter besige seisoen oor Desember en Januarie is nou oor. Die laaste span van Januarie en Desember het n paar dae terug vertrek na hul uitreik bestemmings maar nou is dit weer tyd vir 2018 beplanning-vergaderings en Asia konferensies.

Ek, YWAM Chiang Rai se direkteur (Greg) en n Thai christen (Nui) het darem n geleentheid gehad om verlede week vir 4 dae weg te breek. Ons het n kombinasie van n uitreik en n plesiertrip gehad en is met ons motorfietse na Burma se grens en daar met n bootjie oor die rivier (grens) gery en n “festival” bygewoon vir die “Karen” mense. Ons het geleenthede gehad om die Woord te verkondig en ook saam met leiers te bid. Bid asb veral vir Tony (Burmees) en ook n Thai meisie, Lei wat baie soekend is.

Ons het soos sardientjies in een groot riet gebou geslaap en die rook was erg want hul maak vuur onder die huise. Mens kon skaars iemand herken van al die rook en dit was bitter koud. Ek moes vir die eerste keer in my lewe met oorpluisies slaap aangesien mense erg gesnork het en baie reg deur die nag gesels het.

Ons trip tot by die rivier wag verskriklik erg en ek en Greg (direkteur) het maar min off-road experience gehad. Ons moes deur riviere en berge op en af met kranse aan die een kant en afgronde aan die ander kant. Ek het lanklaas so baie gebid…hehe. 

 Ons moes weer n dag later dieselfde roete ry maar die het toe al makliker gegaan. Ek het wel een keer hard met moeder aarde kennis gemaak maar gelukkig het my toerusting baie goeie beskerming. My side-boxes se raamwerk het erg gebuig en my vertroue in die lokale maak het n knou gekry.



1 Corinthians 3:7 So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God who gives the growth.


 
Ons is vandaar op die Mae Hong Son loop wat uit 1864 draai bestaan. Ek het n sticker gekoop wat se: “I survived the 1864 curves”. Elke nou en dan is daar toilets wat aandui dat dit vir mense is wat kar siek raak. Ek het dit verskriklik geniet. Ek moes weer terug jaag en kon nie sightseeing doen nie want n span het vir my gewag vir opleiding.
 
Dit raak nou weer tyd vir besoedeling want almal brand als en die rook trek in Chiang Mai in en kan nie uit nie omdat ons omring is met berge. My gesondheid het so bietjie knou gekry en ek het vir die eerste keer in n bitter lank tyd erg hooikoors en griep simptome. Ek aanvaar net die Woord wat se dat ek genees is deur Sy wonde en het jul gebede ook nodig asb.



Met Jono en Sara gaan dit goed en ons sien mekaar steeds elke 2 de of 3 de dag. Hul is altwee besig met hul take en ek hul vertrek volgende week vir 5 dae India toe vir n uitreik en vriende te besoek. Ek vertrou steeds om SA toe te kom maar dit lyk nou eers na Junie of Julie se kant. Jono en Sara sal ook kom maar hul moet daarna Amerika toe gaan om Sara se identiteits papiere reg te kry met n nuwe van ens. Jono het ook n uitreik vanaf die 2 de Maart.

Wonderlike getuienisse kom daagliks in man mense wat Jesus aangeneem het en mense wat genees is. Hou asb aan om te bid dat die Here Divine apointments sal stuur en ons aanhou die vrymoedigheid, wysheid en krag sal gee om getuienisse vir Hom te wees en effektief vir Sy Koningkryk te wees.

Ek het sommer verskeie fotos ingesit en ek hoop dit sal so bietjie help om te sien waar ons was ens.

Baie liefde vir julle almal en mag julle Sy amazing teenwoordigheid en comfort ervaar deur hierdie maand. Laat weet as daar iets is vir wat ons kan bid of saamstem met jul gebede.

Len, Jono en Sara 

1 Corinthians 3:9 For we are God’s fellow workers. You are God’s field, God’s building.

Thursday, 9 November 2017

Oct/Nov Newsletter

Hi everyone,

It is such a privilege for all of us to know that we are His workmanship, that He cares for all of us and that we can trust in the Lord's unfailing love, mercy and grace!

I can't believe it is about 6 weeks till the joyful Christmas season. I know you all think about holidays and spending time with your family and friends etc. but it is half true this side. We will still have a busy schedule by receiving teams from all over the world, training them and equipping them with evangelistic tools, Bibles etc. but it will also be the first Christmas in 3 years that I won't be alone because Jono and Sara will be in Chiang Mai.

Lately, I was honored to be able to partner with more local ministries and churches and link them with the Outreach department and these churches are really desperate to get teams to come and help them, especially over the Christmas season. I pray that South African churches will send teams to come on outreach to this unreached country with 1% Christians. Some of the photos are of the new ministries and the teams praying for the sick, leading Thai's to Jesus and distribute evangelistic material.

The Lord started to prompt and direct me in different ways to reach more people for His Kingdom and I started a "motorbike ministry"! Not always the most comfortable place to be at, to see the alcohol flowing freely, around some chain smokers, people that are cursing non-stop etc. but Jesus loves every one of them and wants them to have a relationship with Him. I might be the only or last person that can share the light of Jesus to them because non of us are certain of one more day on earth.


I also joined a club and there are really some great guys between them, even some who don't drink at all. Please pray that the Lord will give divine opportunities to share with all of them. I feel so excited and trust in the Holy Spirit to continue use me as a light for Him in this unreached, dark and lost world.

Jono and Sara will return to Thailand tomorrow after a month in the Himalayas. I spoke to them recently and both were coughing terribly. They had to live in rooms where there were no chimneys and people made fire inside to keep warm. I could hear that they both are exhausted but also excited for what the Lord has done on this outreach/Bible translation trip. I can't wait to hear about everything.

It is going well with the Bible and tract distribution and we are planning to print more soon. Please continua to pray for the lost people of Thailand and also that the Lord will send more and more workers so that we will be
 able to reach Thailand and all unreached ethnic groups within the next 10 years.

I will love to come to South Africa early next year and will continue to trust the Lord to make it possible but I will wait in patience for His timing! Thank you for your love, care and prayers! If it wasn't for you we would not be able to even do the smallest thing for His Kingdom here. Be assure that we pray for everyone and that you are precious for us and we treasure your friendship!

Blessings
Len


Thursday, 24 August 2017



Hi almal,

Hier volg ons maandelikse nuusbriefie.

Ons bid en vertrou dat dit goed gaan en dat ons Koning en salligmaker, Sy hart aan julle openbaar vir jul lewens vorentoe. My gebed vir my en julle: Vader help ons om so na aan U te kom sodat ons U hartklop kan hoor en voel. Breek asb my hart vir wat U hart breek. Help my om U as my eerste liefde te he en niks voor U te plaas nie en gebruik my om U Koningkryk te versterk en te vergroot.

Die Here het die afgelope tyd baie ernstig met my begin deel oor Sy hart en verlange na meer van ons. Wanneer laas het ons gevas of n dag in gebed spandeer of net gevra dat Hy mense op ons pad moet stuur of ons op hulle pad om Sy weg, waarheid, genade en liefde te verkondig en openbaar. Christopher McCandless wat gejaag het na “happiness” het net voor hy oorlede is, alleen op n eiland in Alaska geskryf: “Happiness can’t be real unless it has been shared”. Kom ons deel ons verblyende Jesus vervulde verhouding met ander.

Ek weet nie wie almal my vorige blog gelees het nie en of julle dit kon oopmaak nie en wil net seker maak dat dit wel moontlik was. Laat weet ook asb of julle die nuusbrief verkies op Messenger of is die Blog met fotos voldoende wat ek attach op Messenger. Hier is n heerlike padda gereg en ek soek net n bietjie reaksie asb.

Ons het verskriklik baie reen in Thailand en ek wens ons kon van die reen SA toe stuur. Baie villages is oorspoel en van ons YWAM basisse het ook groot skade gekry. Daar was weke wat ons nie geweet het of daar nog n son is nie. Ons het ons 2 jaarlikse YWAM Thailand konferensie 2 weke gelede gehad en ek het ook n paar meetings in Bangkok gehad en het besluit om met my motorfiets af te ry aangesien dit baie goedkoper is. Glo my as ek se dat ek NOOIT weer gedurende spits verkeer in Bangkok sal inry nie. Dit het my amper 4 ure gevat om tot by die plek te kom waar ek moes oornag. Ek moes my eie paaie later maak en motorfietse mag nie op brue en tol paaie rye nie en sodoende het ek n geveg met my GPS die heeltyd gehad en in sirkels gery.

 Meetings het goed afgeloop en ek het n paar dae vry gehad voor die konferensie en is toe Pattaya toe
om die see te sien vir die eerste keer in meer as n jaar. Ek het eerlik so emosioneel geraak toe ek die see sien. Die liefde wat ek vir die see het kan ek vir geen mens beskryf nie en met n dankbare hart die paar dae rustig verkeer. Ons as sendelinge het nooit vakansie dae nie want ons vier nie Thailand se Buddhistiese vakansie dae nie (behalwe Songkran wanneer dit die warmste paar dae is) en ook nie SA se vakansie dae nie want ons weet nie eens meer waneer dit is nie ens.Pattaya was net verskiklik besig met al die toeriste.

Die konferensie was goed en motiferend en dit was aangenaam om te sien hoeveel nuwe Thai YWAMers daar was. Bid asb vir hulle want hulle kry baie vervolging omdat hul Christene is en soos julle weet kry niemand in YWAM salaris of finansieele ondersteuning nie en moet hul ook in geloof lewe met bitter min ondersteuning.


Die spanne begin weer instroom in September en ek is druk besig om alle voorbereidings te tref vir hul uitreike. Die spanne vir wie ons die afgelope tyd uitreike gekordineer het, was meestal vanaf ander sending organisasies en kerk groepe. Dit is so n voorreg om nie net YWAM te wees nie maar daar te wees vir die hele liggaam van Christus.

Ons is ook nou baie ernstig besig om te werk met die - A Bible in every home – projek en Jono is in beheer daarvan in Chiang Mai. Hy is ook baie gemaklik met sy nuwe verantwoordelikhede in die leiers span en ook om elke 2 de sondag te preek by n kerk/sending basis. Hulle bereik die Thai student en sien goeie resultate. 


Ek bid en vertrou dat dit moontlik sal wees om Februarie of Maart weer bietjie SA toe te gaan en vra net ook julle gebede. Ek sal binnekort weer n paar wonderlike getuienisse stuur maar ek weet mense hou nie van n lang nuusbrief nie. Ons wil net weereens dankie se vir al julle vriendskap, ondersteuning, liefde en omgee. Mag die Vader julle oorvloediglik seen in alle opsigte! Ons bid en tree vir julle in by ons Koning en God. Julle is kosbaar vir Hom en ons!

Gebeds versoeke:
Bid asb dat die Here n herlewing in Thailand sal veroorsaak.
Dat Hy meer arbeiders sal uitstuur om hierdie laaste taak te volbring.
Dat Sy woord nie leeg sal terugkeer nie en dat Hy ook die Christene in Laos sal beskerm en magtiglik gebruik.
Dat die Christene in Thailand ook met vrymoedigheid die evangelie sal verkondig.
Dat die Heilige Gees mense op ons pad sal stuur en ons op mense se pad wat honger en dors na die waarheid.
Dat ons Jesus se hande, voete, mond en hart sal he met alle mense.
Vir wysheid en leiding om toetaal in Sy wil te wees en om gehoorsaam te wees vir enige nuwe seisoen.

 Baie Liefde
Len en Jono