“Our greatest fear should not be of failure but of succeeding at things in life that don’t really matter.” – Francis Chan
Goeie more almal,
![]() |
Dis regtig omtrent tyd vir ñ nuusbrief. Jammer dit het lank gevat maar soos julle weet, is November tot Februarie ons besigste tyd met spanne en bediening!
"Leave it all in the hands that were wounded for you." — Elisabeth Elliot
Dit gaan goed hierdie kant van die wêreld en ook met Jono hulle. Die kleintjies word nou vinnig groot en Zoë is regtig ñ wonderlike dogtertjie met bitter min skete. Sy lag baie en huil min - hoe bevoorreg! Die seuns bid deesdae oor als en Zachi wat 5 jaar is, kan alreeds ñ volwasse gesprek voer oor die Bybel en Jesus. Sara is steeds baie besig met Wycliff (Bybel vertaling) om mense op te lei vir Bybel vertaling en ons almal probeer maar help waar ons kan. Altwee die seuns is nou in verskillende Christen pre-skole wat dit natuurlik in sekere opsigte makliker maak vir Jono en Sara.
“Unless there is the element of extreme risk in our exploits for God, there is no need for faith.” – J. Hudson Taylor
Aan die ander kant is ons ook besig met horde spanne wat inkom. Meestal van Amerika, maar daar is ook spanne vanaf Swede, Australië, Suid Afrika, Korea, Malaysië en Indonisië. Geen span is natuurlik sonder een of ander probleem nie, maar die Here is so getrou om altyd ñ oplossing te gee en die belangrikste is dat hulle ñ impak maak, siele win en die duisternis oorheers.
waters to create many ripples.” - Mother Theresa
Ons het soveel getuienisse van wat die Here hier doen en kan onmoontlik als noem maar die Here het nou nuwe geleenthede oopgemaak waar spanne na areas toe gaan waar die Gospel nog nooit verkondig was nie. Van die villages is baie oop en die Jesus film word daar gewys en audio Bybels word uitgedeel in hulle moeder taal. Ons het so pas weer gehoor van een van ons spanne met families en ouer mense wat in ñ sekere area die Woord verkondig het en een Thai het die Here aangeneem en later sy hele familie. Die seun, Paan, het daarna ñ YWAM DTS gedoen en het soveel passie dat hy selfs nou ñ ministrie het wat uitreik in die slumps in Bangkok en horde mense na Jesus lei.
"All God's giants have been weak men who did great things for God because they reckoned on God being with them." — Hudson Taylor
Daar is ook steeds n herlewing wat
hier in Thailand plaasvind. In November
alleen is daar weer 1644 Thai's gedoop
na hul Jesus aanvaar het as hul Saligmaker. Ons het baie sendelinge verloor
gedurende die Covid tydperk maar ook ñ hele paar families wat geroep is na
ander lande wat binnekort vertrek en dit sal weereens ñ leemte veroorsaak.
Op die foto is n baie goeie vriend van my Pastoor Ed. Ons is al baie jare vriende en het al baie saam bedien in verskye plekke. Ons is selfs saam Laos toe met ons motorfietse om daar te gaan bedien, Laos is n geskote land en ons moes dit baie geheimsinnig hanteer.
“Our God of Grace often gives us a second chance, but there is no second chance to harvest a ripe crop.” – Kurt von Schleicher
Ons wil net asb ñ spesiale gebeds versoek bring: Ons het ñ baie goeie vriendin wat ñ baie goeie ondersteuner was deur al die jare vir ons, asook vir baie ander sendelinge, ministries en gelowiges. Sy het ook bitter baie Bybels en ander literatuur hier laat druk wat haar venominale bedrae gekos het, maar altyd vrymoedig gegee het om die Koningkryk te vergroot. Sy is ñ paar maande terug gediagnoseer met fase 4 long kanker en die kanker het nou versprei na ander areas. Sy kan nie meer eet nie en sukkel selfs om te drink. Sy is tans in Hermanus en ons vra julle gebede asb. dat die Here haar sal aanraak en veral help om dit moontlik te maak om te eet. Daar is niks onmoontlik vir die Here nie.
Ek wil net weereens dankie sê vir almal se liefde, ondesteuning, gebede en passie om deel te wees om mense aan Jesus voor te stel en dat julle self ñ impak maak vir die Koningkryk van God. Ons bid steeds vir julle almal en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.
Baie liefde en vrede
Len, Jono, Sara en kleintjies.
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
Len +66 80 813 3509
lenustm@yahoo.com
len.dupreez@ywamthailand.org
Jono +66 80 815 5791
Jono.dupreez@gmail.com




No comments:
Post a Comment