Friday, 16 May 2025

 

It is sweet to be nothing and less than nothing that Christ may be all in all. – David Brainerd

 Hi almal,

 

Dis beslis tyd vir ñ nuwe nuusbrief. Ons vertrou julle is gevul met die liefde, vrede en blydskap van Jesus en dat Hy julle gebruik in elke area om Sy Koningkryk te vergroot en nader aan ons geliefde Vader te kom.

 

The most difficult lie I have ever contended with is this: life is a story about me. – Donald Miller

 

Die laaste paar maande was bitter besig met die beplanning en koördinering van uitreik spanne vanaf oral oor die wêreld. Ons moes ook heelwat spanne koördineer wat ander areas toe gaan weens Bangkok wat kort van staf was. Dit was nie ñ maklike proses nie, want ons het meer spanne gehad as wat ons bestaande en lokale ministries het wat beskikbaar was gedurende hierdie tydperk. 

 

Met elke slegte scenario kan die Here dit vinnig verander in goed en voorspoedig! Ons was desperaat om ministries te kry wat spanne nodig gehad het en die Here het wonderbaarlike deure oopgemaak wat ons nie eens voorheen van bewus was nie. Ons kon "partner" met ñ hele paar nuwe ministries wat jare lank al aktief is in die noorde van Thailand.

 

Maart & April is hier die warmste maande van die jaar en die besoedeling terselfdertyd is astronomies en bitter ongesond weens almal in Thailand en naburige lande wat hul oeslande brand. Dr Manop Pitakpakorn, van plaaslik hier in die noorde se long kanker het verskriklik vermeerder weens langtermyn blootstelling aan PM2.5 lugbesoedeling. ñ Baie goeie vriend van my en Jono en direkteur van ñ kinderweeshuis vir gebroke en mishandelde kinders, is so pas gediagnoseer met stadium 4 long kanker. Meeste ministries en sendelinge ontsnap die besoedeling vir 2 maande of langer en vertrek na ander lande. Dit was ook een van die redes dat Jono en sy hele familie Amerika toe was vir die laaste 2 maande. Sara moes ook terug gaan om darem haar familie te sien voor die geboorte van Zoe (hul dogtertjie wat in Julie gebore sal word). Hulle is nou weer terug en het hul God gegewe take hervat. Dit is ook darem wonderlik om te sien hoe vinnig Danny (Daniel) ontwikkel het. Hulle het darem baie keer gedurende hul tyd in Amerika met oupa op Facetime gepraat en nadat ek vir Danny die eerste keer weer gesien het het hy bitterlik gehuil omdat ek weer weg gaan. Hulle altwee het baie diep in my hart ingekruip.


God uses men who are weak and feeble enough to lean on him. – Hudson Taylor



Nou is die monsoon tydperk en dit beteken hoë humiditeit maar dit breek darem die rowwe hitte. Dis nie dat ons kla nie want ons is al so gewoond daaraan en ongeag wat ons omstandighede is, dis tydelik en ons is vergenoegd in alle omstandighede.  

 

Ek moes nou onlangs Maleisië toe gaan en het werklik wonderlike geleenthede gehad om te evangeliseer. Die Buddhist was baie ontvanklik en oop vir die Gospel maar die Muslims was baie gekant. Ek is selfs uit ñ winkel gejaag deur ñ Muslim vrou nadat sy bly skreeu het "I don't know you and you don't know me and I don't want to hear". By die deur oppad uit, voor ander mense sê ek 'God bless you' om haar te wys ek is nie kwaad of aggresief nie en wow, dit plaas toe petrol op die kole. Ek dink as ek nie by die deur gestaan het op daardie oomblik nie het sy my iets aangedoen. Ek kon net glimlag en vir haar bid en my voete afstof en aan beweeg. Daar was ook ñ Katoliek wat ek die volle ware genade deur Jesus gedeel het, maar tot my verbasing was hy totaal een met my en toe besef ek weereens dat soveel Katoliek evangeliese mense nie meer die ou vals lering van "saligheid deur die kerk" volg nie. Dit was verfrissend!



The world needs Christians who don’t tolerate the complacency of their own lives. – Francis Chan

 

Van ons bestaande ministries is so dankbaar vir al die spanne wat ons na hul stuur. Daar is so baie getuienisse van mense wat Jesus aanvaar het as hul saligmaker, genesings en bevryding. Sekere ministries was desperaat vir hulp met Engelse klasse en uitreike en ons kon sien hoe die Here als soos legkaarte saam sit. Daar is ook steeds ñ revival in die noord ooste van Thailand in Khon Kaen waar daar weereens 1011 nuwe gelowiges gedoop is. In al die jare is hierdie herlewing werklik ongehoord en ñ wonderwerk.

 

 The bottom line in the Christian life is obedience and most people don’t even like the word. – Charles Stanley


 Die pyn en leiding gaan steeds aan in ons buurland. Myanmar se junta-regime-magte het gister nog 'n gruwelike gruweldaad gepleeg en 11 onskuldige individue, insluitend vier tienerseuns, twee jong seuns en vyf volwassenes, meedoënloos tereggestel deur wrede marteling tydens hul aanranding op Laymawaywa-dorpie, in die Magway-streek. Die oggendaanval deur soldate gister, het 'n spoor van verwoesting gelaat omdat hulle nie net hierdie dorpenaars geslag het nie, maar ook 20 ander ontvoer en as gyselaars geneem het. Die oorblywende inwoners van die dorp spreek beduidende kommer uit oor die lot van diegene wat deur die junta-magte gevange geneem is, met vrese dat hulle moontlik doodgemaak en spoorloos verdwyn het. Baie van hierdie mense is Christene en ons vra gebed vir hulle asb.

In nog 'n hartverskeurende voorval, eergister, wat boekdele spreek oor die genadelose brutaliteit van Myanmar se militêre junta, het 'n lugaanval op die dorpie Ohe Htein Twin in die Sagaing-streek gelei tot die tragiese dood van tot 20 studente en twee onderwysers, met baie meer beseer. Hierdie afgryslike aanval, wat 'n skool geteiken het, onthul die regime se koue onverskilligheid teenoor die lewens van onskuldige burgerlikes, veral kinders, terwyl hulle meedoënloos mag najaag tot elke prys.

 

Goeie nuus is dat ons kerk daarin geslaag het om 18 ton kos en en mediese hulp suksesvol na Mianmar te verskeep. Tans is ons span aktief betrokke by die verspreiding van hierdie voorrade aan diegene wat dit die meeste benodig.

 

“The man who mobilizes the Christian church to pray will make the greatest contribution to world evangelization in history.” – Andrew Murray


Ek sê met skaamte in my hart dat ek steeds besig is met ons boek maar dit kom darem nou vinnig na ñ einde toe. Ek en Jono sal binnekort deur al die stories gaan en seker maak dis als soos dit was want somtyds vergeet mens ander inligting wat belangrik is of die naam van die dorp is eintlik verkeerd ens. Ek het ook begin om stories van my motorfiets evangelisasie reise in te sluit asook my lewensverhaal en getuienis. Ek wens somtyds ek kon myself iewers isoleer en net konsentreer op my boek tot dit klaar is. Ek weet die Here het my hierdie taak gegee maar daar is soveel verantwoordelikhede en take om te verrig op dieselfde tyd.



Ek wil net weereens dankie se vir almal se liefde, ondesteuning, gebede en passie om deel te wees om mense aan Jesus voor te stel en dat julle self n impak maak vir die Koningkryk van God. Ons bid steeds vir julle almal en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.

Baie liefde en vrede

Len, Jono, Sara en kleintjies.

 

“I cared not where or how I lived, or what hardships I went through, so that I could but gain souls to Christ.” - David Brainerd

 

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

 BANK CODE: 632005

  Len +66 80 813 3509

 lenustm@yahoo.com

 len.dupreez@ywamthailand.org

 Jono +66 80 815 5791

 Jono.dupreez@gmail.com