Friday, 4 September 2020

God never said that the journey would be easy but He did say that the arrival would be worthwhile - Max Lucado


 Hi my dierbare boeties en sussies,

 Ons bid en vertrou als gaan goed aan julle kant! Ek bly op hoogte wat aangaan in my geliefde land maar sal ook net wil hoor hoe dit gaan in jul lewens! Ons bid daagliks vir julle en wees verseker ons is met julle in die gees alhoewel ver in die vlees!

 

Ons het n baie "veranderde" en omgekeerde wereld en omstandighede is beslis nie maklik op die stadium nie en ek weet dis dieselfde in julle lewens! Ons het gelukkig n HOOP in Jesus en weet Hy is in beheer van ons lewens en niks is onmoontlik vir ons wat ons vertroue in ons Skepper en Verlosser plaas nie!


Dit gaan goed met Jono hulle en klein Zach word nou groter en cuter! Hy lag en gesels in baba taal (geluide). Ek sien hulle darem so een maal n week maar het gereeld vergaderings saam met Jono en die ander leiers en "elders"! Gelukkig is ons byeenkomste en vergaderings in persoon en dra ons nie meer ons maskers nie alhoewel maskers nog steeds verpligtend is! Ons word ook nou verplig om maskers aan te hou in kerk dienste! Dit is ook nou reen seisoen en soms weet ons nie eens dat daar n son bestaan vir weke nie!


Ons het 'n Ywam Global prayer hierdie week en is op Zoom meeting reg oor die wereld terwyl ons n gemiddeld van n duisend konneksies het en duisende Ywamers teenwoordig is! Iets wat prominent opkom is om met erns ons harte te terug te keer na die Here toe en ons oe moet vestig wat belangrik is vir Hom en nie na die huidige omstandighede nie, Ons is werklik baie uitgedun en het n derde van die sendelinge wat ons gewoontlik gehad het hier in Thailand! Daar is wel n n klompie mense wat probeer om terug te kom maar die beperkings is bitter erg! Daar is selfs mense vanaf SA wat wil terugkom maar die kostes is verskriklik. Ons praat van oor n R100 000 rand met verpligte Thai versekering en n duur hotel vir 2 weke

 Sometimes you must stand still in order to get moving to where God wants you to go - D.A McBride

Die Here is werklik besig wereldwyd om mense na hom te keer en ook hier in Thailand! In verskeie areas van Chiang mai word gemeenskappe bereik met wonderlike getuienisse van mense wat ontvanklik is vir die Goeie Nuus! Van ons groepe wat net voor Kersfees begin uitreik het, in n toe nog onbereikte gemeenskapgepaardgaande met wonderwerke van genesings en omkeer van lewens, waar geen mense die eer kon kry nie, net Jesus alleen, het in 8 maande gegroei na 5 huis kerke waar almal vurig en brandend is vir Jesus! Die Thai vrou wat se arm wonderbaarlik genees is, en oral getuig dat Jesus n werklikheid is, is steeds die hoof evangelis in die omgewing! Weekliks word nuwe lidmate gedoop, selfs op n Saterdag want hulle will nie wag tot die Sondag nie!


Die Here het vir ons deure oopgemaak hier in die gemeenskap! Ons eerste uitreik was 4 Julie in samewerking met plaaslike konneksies! Die eerste gemeenskap wat ons bereik het, is baie strategies gelee, net buitekant die wal van die ou historiese stadsmuur. Van hulle huisies is nou gebou op die wal wat die muur vantevore verteenwoordig het. Geestelik is die ligging van die 1ste village wat die Here ons na toe gelei het, baie noemenswaardig. 

 

Die ou stad was gevestig 12 April 1296 naby die Pingrivier, hoofsaaklik vir handel transaksies. Dit is gelee waar die "watchmen" diens gedoen het by die ingang na die ou stad. Blykbaar is daar naby 'n put waar baie mense onthoof is wat 'n bedreiging ingehou het vir daardie jare se Lanna Kingdom heerskappy. Daar le nog oorblyfsels van kleistene van vervloe jare. 'n Spesiale "spirit house" staan nog steeds daar gewy aan :Grand father ruler spirit house Old City Wall"  



Net met die uitreike in 3 gemeenskappe het die Here die deure
oopgemaak en vanaf Julie het 28 Thais hulle harte vir die Here gegee! Ons is sooo dankbaar! Opvolge word weekliks gedoen deur 'n Thai kerk wat ons mee saam uitreik. Hulle is gelee binne in die hart van die Ou Stad! Ons het ook wonderlike genesings beleef! 'n Man wat jare lank aan die bed gekluister was, het opgestaan en begin loop! 'n Vrou wat 'n beroerte gehad het en verlam was aan haar regterkant, het begin gevoel kry in haar been en hand! 'n Man wat geen gehoor gehad in sy linker oor en net 10% in sy regter oor, kon na gebed hoor as iemand net fluister! As ons terugkyk, kan ons die pragtige legkaart stukkies eien soos net Hy dit kan saamstel! 



Ons was onlangs deel van die uitreik in die Spoorweg gemeenskap waar 128 kospakkies uitgedeel is, ingesluit by elk 'n Comic Bible vir elke huishouding in die gemeenskap! Die gemeenskap se mense is nog nie baie oop en ontvanklik nie, nog vasgevang in die greep van Buddism. Vantevore was daar 'n groot hoop ou spirit houses in die veld naby hulle village gemerk. Hou hulle asb. in gebed saam met ons! Ons word ook soms betrek by 'n Chinese kerk wat nou onlangs gestig is. Verlede maand is ook 7 nuwe Chinese lidmate gedoop! 


Drie weke terug, op 'n Sondagaand om 9nm, het ons 'n oproep  ontvang van die Thai Hotel eienaar
susters wat ons nou mee saamwerk, met die blye nuus dat hul broer NOU gedoop wil word! Wat 'n "amazing" doop op die Sondagaand in die donkerte om 9:50nm! Hy het vir byna 20 minute op die oppervlak gedryf nadat hy gevul is met die Heilige Gees! Sy hele voorkoms het sedertdien verander, hy is stralend, lyk ook sommer 10 jaar jonger!! 

Die Here bring nou mense van alle vlakke van die gemeenskap oor ons pad, selfs ex Mev Thailand. Sy was voorheen getroud met 'n Hollywood film maker. Sy het weer 'n Koreanse akteur na ons gebring vir gebed! 


We need never shout across to the spaces to an absent God, He is nearer than our own soul, closer than our most secret thoughts - A.W Tozer


Twee Thai pastore het ook uitsonderlike getuienisse! Hulle is brandend vir die Here, want hulle ken die verskil om waarlik vrede, geluk en vryheid nou te beleef! Saterdagaand was daar 24/7 prayer & worship by 'n Thai kerk. Somsak (links op die foto ) leef homself absoluut uit in sy geloof! Sy gees nou so sensitief en borrel oor van emosie! Eers het hy op sy aangesig gele en deur 'n halwe pak tissues gegaan soos hy voor die Here gehuil het tydens die lied waar ons pleit vir vergifnis voor die Here en om die land te heel. Ons het daarna oorgegaan na 'n lied van lofprysing. Dit is asof hy net nie genoeg kon uiting gee aan sy gevoelens nie, hy het op en af gespring, sy hande omhoog gegooi, gedans, gejuig! Hy het tot bekering gekom en het daarna verwerping beleef in sy village, maar al sy leemte is gevul deur Jesus. 


Sy ma was die hoof witch in hulle omgewing waar animism beoefen is deur die groot getal inwoners en al die Buddist tempels was ook onder haar gesag. Sy het na baie gebed tot wonderbaarlike inkeer gekom! Tydens haar 1ste bevryding sessie by City Gate Church, het sy klaarblyklik 15kg onmiddellik verloor nadat sy onmiddellik van baie siektes genees is. Sy gaan nog steeds deur bevryding. Sy is ongeletterd, maar het nou so 'n sterk geloof dat sy selfs haar suster na die Here gelei het! Ook as sy pyn het, sit sy net die Bybel op daardie gedeelte van haar liggaam, bid, en die pyn gaan! 

Die Heilige Gees het daarna Somsak gelei na die altar waar sy ma vir al die geeste geoffer het, om dit te vernietig. Onder andere ook na 'n hut. Toe hy opkyk, was daar 'n massiewe luislang in die een hoek teen die dak. Hy het 'n geweer gaan haal en korte mette gemaak met die luislang. Nadat alle altare vernietig is, het daar vrede toegesak op die hele village! 

Pastor Joshua (regs op die foto) was weer vantevore 'n "medium", van die manne wat met bonatuurlike kragte hang aan die swaarde wat hulle deur hulle wange steek. Die letsels is nog effens merkbaar vandag. Hy het sy vrou ontmoet, agter haar aangekom Chiang Mai toe en hier het iemand hom na Jesus toe gelei.  Beide van die manne is deur baie bevryding sessies en genesing. Vandag straal hulle beide en is baie sensitief vir die Heilige Gees! 

 

I have read the last page of the Bible, it is all going to turn out all right - Billy Graham

 

My nuusbrief is nou baie lank en sal ek moet afsluit! Ons wil net se ons waardeer julle almal en vertrou julle sal met nuwe passie en blydskap ons Koning dien!  Ons bid daagliks vir julle in is lief vir julle almal.

Baie liefde en met groot verlange na my geliefde land en my geliefde mense!

Len, Jono, sara en Zach


BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005 

Thursday, 18 June 2020


Difficult times show true colors, hard times reveal true friends, and the good will be blessed through the pain…Just let go and let God!

Hi almal,

Ek het verneem dat Suid Afrika se Corona virus beperkings minder en minder word en is dankbaar vir julle almal! Ons vertrou dat als binnekort sal oorwaai en dinge weer terug sal keer na normal! Ek sien ook dat gebed n absolute prioriteit geword het in SA. vir al die nog ongeredde mense, vir die beskerming van ons plaas gemeentskappe, so ook vir die USA en die wereld in geheel! Gebeds kamers en “war rooms” is nou meer as ooit in SA. Ons gebede is ook steeds vir julle almal en ons mooi land en ons vertrou saam dat die Here wonderbaarlike dinge vir julle almal gaan doen!

Dinge is ook besig om stelselmatig terug te keer na normaal toe maar die maskers, distansie en temperatuur toetse by alle winkels en besighede sal heel moontlik nog aanhou vir n geruime tyd! Die statistieke hier in Thailand is onder 4000 gevalle en net 58 mense, oorlede maar niemand van ons glo die syfer nie! So ver was daar net een sending familie wat die virus gekry het maar ons is dankbaar dat almal herstel het. Ons probeer nou om meer en meer meetings hou maar word steeds beperk met die hoeveelheid mense en dit sluit kerk in.

Ons hartseer is dat ons bitter baie sendelinge verloor het gedurende die laaste 3 maande! Meeste sendelinge is terug geroep na hul land van herkoms, baie is sak en pak hier weg met geen voorneme om terug te kom nie weens verskeie redes maar veral die Christen skool wat toegemaak het tot 2021! Byna al ons sendelinge se kinders was deel van hierdie skool! 

God knows our situation; He will not judge us as if we had no difficulties to overcome. What matters is the sincerity and perseverance of our will to overcome them. ~ C.S. Lewis

Soos baie van julle weet is ek weer oupa met Jono en Sara se wonderlike cute kleinding wat 26 Mei gebore is! Sy naam is Zacherias en was 3 kg by geboorte! Hy is omtrent 3 weke vroeg gebore, maar die kleinding en Sara is piekfyn! Jono is n baie trotse pa en hy kan nie ophou om te koer rondom die liefdes bondeltjie nie! Zach slaap baie, is stroopsoet en vredevolle baba! Die Here het hul met n pragtige kleinding gebless! Jono spreek elke dag God se Woord oor hom uit en hy word daagliks gedra met baie gebed!

 Ek is steeds besig om my boek te skryf maar daar is baie ander verpligtinge wat my aandag verg! Ek is ook in die proses om voorbereiding te doen vir die volgende fase van my uitreik in Mongolia, Kazakhstan, Kyrgyzstan en Tjibekistan! Ek vertrou dat ek steeds in September soontoe sal gaan vir die uitreik maar sal nader na die tyd sien wat die situasie daar is!

 I consider that our present sufferings are not worth comparing with the glory that will be revealed in us. - Rom 8:28




 Ons is ook steeds besig om kospakkies gereeld uit te deel in verskeie plekke in die Chiang Mai provinsie! Ons sluit nou ook die Bybel en traktaaitjies in! Ons bou verhoudinge met meer en meer mense en die dankbaarheid spreek boekdele in die mense se harte en lewens! Baie se harte verander en het ontmoetings met Jesus en ons gee net die eer aan Jesus! Daar is ook geleenthede om van die afdewerings in die mense se huise te doen en kry so dan geleentheid om vir hul te bid en die evangelie te verkondig! Ons het nou 309 families geimpakteer gedurende Corona!


 Hier is n mooi getuienis: Van ons Sendelinge hier, het 'n plaaslike gemeenskap besoek waar nog geen Christene was nie. Hulle het pakkies uitgedeel van huis tot huis en gevra of hul kon bid vir hulle en so ook terselfdertyd die Gospel met hulle gedeel. Hul het  vir n vrou gebid en sy het hulle daarna begin volg waar hulle ookal beweeg het. So paar dae later het hulle weer opvolg besoek gedoen en die absolute wonderlike getuienis aangehoor! Die vrou wat hulle gevolg het, het 'n gebreklike arm gehad met onuithoudbare pyn daarby. Haar man het sy werk verloor, en so het die hele gesin baie swaar gekry. Saam het die gesin besluit om almal saam gif te drink en so saam te "re incarnate" volgens hul Buddist geloof. Soos sy hulle gevolg het, het sy net gehoor en onthou "Jesus is God, Jesus saves, Jesus heals" Op haar eie het sy gaan sit en oor en oor gesê "Jesus is God, Jesus heals"!. Vroeg op die volgende oggend het sy vir Jesus in 'n droom gesien en Hy het 'n geskenk na haar uitgehou. Sy het haar gesonde arm uitgestrek om dit te neem. Jesus sê toe vir haar om haar ander arm te gebruik, sy sê toe in haar droom : nee, sy kan nie, waarop Hy toe sê, "Ja, jy kan"! Toe sy wakker word, is haar gebreklike arm normaal!!  Geen woorde kon haar vreugde beskryf!

 

Op hul herbesoek, het die vrou agter hulle aangehardloop en hulle elke slag in die rede geval en uitgeroep "wat hulle sê is waar, kyk my arm!! " Mense wat nog besig was om vir Buddha offering te bring, het met al die opgewondenheid alles net so gelos en oorgehardloop om te hoor wat aangaan! So het die vrou se hele huis Jesus aangeneem en ook 12 ander in die village op 1 dag! Hulle is almal nou gedoop en is daar begin met  Dissipelskap en huiskerk in die gemeenskap! Hulle is so getrou en die groepie groei en daar is ook 'n huiskerk by 'n aangrensende village! Die vrou wat genees is, is nou die "Hoof Evangelis" in die omgewing, sy bring nou die gemeenskap bymekaar om te kom luister en kan nie ophou getuig nie!! Dankie Jesus!!


“God demonstrated His wisdom in that, even as people in Europe began despising the gospel, He was already preparing to go somewhere else.”
― Sinclair B. Ferguson

Wel, nou is my nuusbrief weer te lank! Ons bid vir julle en dra julle elke dag op in gebed! Laat weet asb as daar iets is wat ons voor kan bid!

Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zac!


BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005