Wednesday, 25 March 2020



How sweet the name of Jesus sounds in a believer's ear! It smooths his sorrows, heals his wounds, and drives away his fears - John Newton


Hi almal, 

Net 'n vinnige terugvoer! Ons bid vir julle weens die “lockdown” en wat julle nou as gevolg daarvan moet deurgaan! Ons hoop en vertroue is in Jesus en weet dat Hy met ons is, wie of wat kan dan teen ons wees? Die Engels klink so mooi met die vers: Deuteronomy 31:6 Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the Lord your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.” Onthou asb, als is net tydelik en dit sal weer oorgaan!

Die verspreiding van die Corona virus het skielik intens oornag vermeerder maar ons het baie meer gevalle hier in Thailand as wat voorgegee word aangesien dit 'n land van “denial” en "keeping face" is! Ons het nog nie n totale “lockdown” nie maar meeste winkel sentrums, (selfs supermarkte soos Makro), pubs, maseer salonne, haarkappers ens is toe! Ons kleiner kruideniersware winkels se rakke is leeg en dit lyk of 7Eleven ook gaan toemaak maar eerder aflewerings sal doen! Ons het ook n “State of emergency” (lockdown) vanaf vandag tot einde April!

Waar ons ookal beweeg word ons soos 'n plaag vermy deur die Thais! Die hartseer is die rassisme! Die Thais wil die wit mense uitskop en daar word nou openlik op TV Thai nuus gesê dat almal moet wegbly van die “stinkende wit mense”, want hulle is vuil en stort nie en is die oorsaak van die verspreiding van die virus in Thailand! Die Health Minister Anutin Charnvirakul het 'n stelling op TV gemaak dat ons die oorsaak van die verspreiding in Thailand is en nie Asians nie! Ja, daar is ook rassisme teen die Chinese, maar op 'n klein skaal! Daar was nog altyd 'n probleem met die Buddistiese denkwyse van die Thais, aangesien hul sê dat as daar n motor of motorfiets ongeluk is, dan is dit die westerling wat skuldig is, ongeag of dit die waarheid is of nie, omdat die ongeluk nie sou plaasvind as die westerling nie hier was nie!

Never be afraid to trust an unknown future to a known God - Corrie Ten Boom

Ons word ook beperk met byeenkomste en alle vergaderings en als word nou “online” of op Skype gedoen! Ons het ook ‘n erns in ons harte deur meer tyd in gebed te spandeer en stop nie om vir die mense iets te beteken nie. Ons lewer kos pakkies ens af en bly die liefde van Jesus te wys ongeag, maar ons moet ook maar net wysheid gebruik end it lyk of ons nie meer uit ons huise sal mag gaan vanaf Donderdag nie. Ons laat ons nie beinvloed deur al die negatiewe dinge nie en bly steeds vir die Here vra om ons te help om deur Sy oë na die mense om ons te kyk! 

Al die uitreikspanne is nou eers op hou geplaas totdat die storm bedaar het. 'n Paar YWAM spanne was onlangs vir 14 dae in kwaratyn geplaas wat aangeland het voordat die grens poste gesluit is. Ook 'n span wat hier vertrek het na Mongolia! Hulle het hulle tyd wel deeglik gebruik om die Gesondheidsdiens mense wat hulle daagliks moes monitor, die liefde van Jesus mee te deel op baie kreatiewe maniere! 

Verlede week het ons 'n "crazy" paar dae beleef!  
Drie WorldRace uitreik spanne het hier aangeland van Malaysia die Donderdagaand. Alles was nog rustig en volgens beplanning. Vrydag het ek en Jono vir hulle Orientasie gegee. Saterdagoggend vroeg is hulle na hulle onderskeie Ministries in Lampang en Fang, beide so 3 ure se reis hiervandaan. Sondagoggend breek die storm los!! 8uur kry ons ‘n oproep om ons mee te deel dat die spanne word onmiddellik teruggeroep Amerika toe en moet binne 5 minute pak en terugkom Chiang Mai toe en wag vir hulle nuwe vliegkaartjies! Groot was die ontsteltenis van al die spanlede sowel as die Ministry leiers! Baie het gehuil van teleurstelling! ‘n Vierde span het Saterdag die oornag bus geneem vanaf Bangkok tot in Fang, het net die Ministry leier ontmoet by die busstasie, die nuus ontvang om onmiddellik terug te keer Chiang Mai toe, met ‘n verdere 3 ure warm plaaslike bus rit hierheen! Dit was ‘n emosiebelaaide tydperk vir hulle met diế dat hulle 11 maande uitreik, skielik kortgeknip is waarvan hulle nou eers by maand 3 van uitreik was! Tesame met al die onsekerhede rakende hulle omstandighede terug in Amerika wat op hulle sou wag. Ewe skielik moes ons deel met 4 spanne in totaal van 24, debrief met hulle doen in die lig van hulle ontsteltenis en teleurstelling, ondersteun en bemoedig tot die Dinsdag wat hulle teruggevlieg het Amerika toe!  Hier kan dae kan met 1 oproep of ‘n e-mail skielik verander!


"God is looking for people to use, and if you can get usable, he will wear you out. The most dangerous prayer you can pray is this: 'Use me.'" - Rick Warren

Jono en Sara is baie opgewonde oor die nuweling wat kom en Sara en die baba doen baie goed! Hul het nog nie op ‘n naam besluit nie, maar daar is darem nog baie tyd! Die geboorte sal begin Junie wees en ons vertrou almal dat die histerie sal bedaar het teen daardie tyd en die virus epidemie uitgesorteer sal wees! Sara se ouers wil bitter graag hier wees vir die geboorte!

Nou begin ek weer te langtand raak! Ons bly vir julle almal bid en vertrou saam dat die Here in elkeen van ons lewens Homself sal openbaar en in hierdie uitdagende tyd ons verhouding en vertroue met ons awesome God sal verskerp! Mis julle baie!

Baie liefde,
Len Jono en Sara.



Wednesday, 12 February 2020


"The Gospel is only good news if it gets there in time" - Carl .H. Henry

Hi my liewe Boetas en sussies,

Ek hoop en vertrou dit gaan goed aan julle kant en wees verseker ons bly julle daagliks opdra in gebed!

Dis weer tyd vir n bietjie terugvoering!

Eerstens wil ek net laat weet dat ons darem nog nie in direkte kontak met die nuwe Convus virus was nie maar dit lyk ook nie goed hier in Thailand nie, ongeag wat die media se. Ons het reeds baie mense wat gehospitaliseer is in Chiang Mai en dit is beslis te danke aan al die Chinese wat hierdie tydperk Thailand besoek. Dit was Chinese nuwe jaar en bitter baie Chinese was al reeds hier voor dit n epidemie geraak het. Ons neem voorsorg deur maskers te dra in publieke plekke en ons staan almal in geloof vir Sy beskerming! Daar is ongelukkig ook n vlaag van griep weens die "koue" winter wat ons beleef het die laaste 2 maande en die Convus virus se simptome is baie dieselfde!

Die laaste meer as n maand was erg besig met horde uitreik spanne en kerk spanne met die koordinering by die lokale ministries en kerke. Daar was meer spanne as voorheen aangesien baie weerhou is om China of Mongolia te bereik a.g.v die virus! Ek is baie dankbaar vir Jono se hulp! Die lokale kerke is besig om baie te groei en baie staan verstom en kan nie glo wat nou skielik besig is om te gebeur na bitter baie jare se plant met bitter min resultate!

 "I have but one passion: It is He, it is He alone. The world is the field and the field is the world, and henceforth that country shall be my home where I can be most used in winning souls for Christ" Counr Nicolaus Ludwig von Zinzendorf


YWAM het my gevra om n "elder" te wees, ongeag van my betrokkenheid in Mongolia en ek het na baie gebed dit aanvaar met voorwaarde dat helfde van die jaar in Mongolia en die Stan's sal wees. Ek bly steeds die 'outreach coordinater maar Jono sal die verantwoordelikheid oorneem waneer ek in Mongolia is. 'Dit lyk of Jono City koordineerder gaan word en dan sal hy nog meer verantwoordelikhede he as voorheen. Wel, dit klink nou wel wonderlik maar dis beslis maar net mooi name met meer verantwoordelikheid en geen betaling nie....haha...maar ons vertrou daar sal darem so bietjie belonings wees vir ons en julle waneer ons eendag die poorte van die hemel sal instap. (Foto met YWAM Phitsanulok waar ek gaan teach het)

Ek het ook verlede week gou na n provinsie in die middel van Thailand gegaan om n week DTS (Disscipleship training school) lering te gaan gee met die onderwerp as Missions. Dit was my voorreg om die Thai studente te kon inspireer en motiveer vir die taak wat Jesus vir hul beplan in sending! Dit was lekker om net vir n slag weg te kom en snaaks genoeg was daar geen spanne wat ek moes koordineer of orientasie doen gedurende laas week nie...dankie Jesus! (Foto:sommige van die Thai studente)

Ek is ook weer besig om te beplan vir my tyd in Mongolia en die Stan's wat seker in Julie sal begin aangesien dit lyk om my kleinseun in Junie gebore sal word. Yip, dis n seuntjie en Sara is baie opgewonde aangesien dit n seuntjie is en hul familie bestaan net uit dogtertjies! Haar ouers sal ook hierheen kom in Junie!

 "If a commission by an earthly king is considered an honor, how can a commission by the Heavenly King be considered a sacrifice" - David Livingston
 
Die Here is aan die werk hier in Chiang Mai! Nou onlangs het een van ons sendelinge 'n monk, wat kaalvoet tussen die grafte rondgeloop het om meer "krag" te bekom van die voorvader geeste en demone, hom bekend gestel aan die krag van die Heilige Gees. Omdat hulle bekend is met  die geestes wêreld, het hy dadelik die Goddelikheid, reinheid en krag beleef. Dit het hom so oorweldig en onmiddelik sy hart vir die Here gegee en is nou die enigste Christen in sy village!!  Hy is nou 'n wonderlike getuie vir die Here, so passievol, dat hy selfs mede Thais wat tot bekering kom, help doop in die watervall (Foto Bekeerde monk doop mense by n waterval)

Tydens een aand wat hy sy getuienis gelewer het aan 'n groepie, was daar 'n ladyboy in volle vroulike voorkoms. Die bekeerde monk het prontuit getuig van hoe die kindertjies net na geboorte toegewy word aan 1 of ander gees wat die familie wil behaag. Almal het verstrak na hom sit en luister, want, hul het geweet dis die waarheid!  Dié aand is daar ondermeer vir die ladyboy gebid. Die ladyboy het geval onder die krag van die Heilige Gees en gelê vir meer as n half uur. Twee dae later  toe hulle weer bymekaar kom, sien hulle die 'nuweling' onder hulle. Die ladyboy se hare is toe kortgesny en is toe pure man en opgestaan saam met Christus in 'n nuwe identiteit en lewe. (Foto's: Lering, motifering en orientation met spanne)

Daar is ook ander wonderwerke in Chiang Mai Spanne het gebid vir groepies plaaslike mense in n villages, waar geen gelowiges was nie. By een village het hulle aan die een kant nog offers aan Budda gebring. Net langsaan het die span gebid vir 'n vrou se verminkte arm wat onmiddellik ten volle genees is en so ook vele ander genesings! Die mense het begin gil van verwondering en blydskap en die wat besig was met offerhande aan Budda hardloop toe oor na die ander groep wat in ekstase is en begin ook hul harte vir die Here gee! Nou volg dissipelskap vir hulle. Volgende naweek word almal gedoop! "God is on the move"nie net hier nie, maar oral oor!!


Ons het weer duisende Bybels en 20 000 traktaaitjies geprint en die spanne is besig om dit te versprei en ons vertrou dat Sy Woord nie leeg sal terugkeer nie (Jes 55:11). (Foto:Een van die lokale kerkies met die traktaaitjies en Bybels)

Jammer die nuusbrief is bietjie lank! Mag julle net die Here se awesomeness beleef elke dag en mag julle gebruik word vir Sy Koningkryk in als wat julle doen. Laat asb wet hoe dit by julle gaan!
Baie liefde en vrede!

Len, Jono en Sara!

"When Christ calls a man, he bids him come and die" - Dietrich Bonhoeffer

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005

Tuesday, 24 December 2019

The great challenge left to us is to cut though all the glitz and glam of the season that has grown increasingly secular and commercial, and be reminded of the beauty of the One who is Christmas - Bill Crowder

Geseende Kersfees en n wonderlike nuwe jaar!!!

Net n kort nuus briefie en die laaste vir 2019!

Ek dank ons Koning vir die voorreg om hierdie jaar deel van jul lewens te gewees het en ook jul in ons lewens hier kon deel! Ons waardeer julle met opregtheid en weet net dat jul net so veel deel het in sending met al jul ondersteuning in gebed, omgee en voorsiening!

Ek kan nie glo hierdie jaar is al verby nie en ek glo julle sal saamstem dat hierdie jaar het gevlieg! Ons beleef n snaakse tyd hier in Thailand aangesien dit redelike lekker weer is vir n geruime tyd nou! Wel as ek se "lekker" dan meen ek dis so tussen 30 en 33 grade daagliks en so 16 to 18 grade deur die nag. D.w.s ons het n heerlike "winter"! Die Thai's loop natuurlik met baadjies, jasse, serpe en handskoene rond!

Ons het weereens n bitter besige tyd weens al die spanne wat ons moet koordineer en opleiding wat ons moet gee! Daar is soveel spanne dat meeste van ons ministry hosts nie eens plek het vir hulle nie en ons moet soek vir nuwe geleenthede en uitreik plekke!

Our God is the God of the unexpected. A few things could be more unexpected than a King of heaven being born in a stable - Bill Crowder

Ons het ook heelwat geleenthede om Bybel verspreiding te gedoen het gedurende die laaste maand maar het ongelukkig begin uithardloop met sommige van die Bybels. Ons is nou in die proses om weer so 3000 Bybels te print en het gelukkig genoeg om 500 more op Kersdag aan n Buddhiste skool uit te deel met traktaaitjies!

Meeste van die tronke het reeds Bybels maar die spanne deel nou uit aan al die families en vriende wat die gevangenisse gaan besoek! Ons het ook begin Bybel verspreiding doen in ander "villages" en stede en self in daardie tronke!

Ek is besig om ook voorbereiding te doen met n powerpoint om vir n week te gaan opleiding gee, gedurende Januarie, oor sending en wat die Here besig is om te doen oral oor die wereld! Ek is uitgenooi vanaf YWAM Pitsunaluk wat so 500 kilometers is vanaf Chiang Mai. My onderwerp wat ek gereeld oor lering gee is evangelisasie maar "missions" is n nuwe uitdaging!

All the Christmas presents in the world are worth nothing without the presence of Christ - David Jeremiah

Ek is so opgewonde want ek gaan saam met Jono hulle aandete vanaand eet en dan ook more ontbyt he, wat wonderlik is aangesien hulle in Amerika was verlede jaar.

Ek dank die Here vir die wonderlike herstel in my knie, alhoewel daar nog heelwat genesing en herstel nodig is, is dit soveel makliker vir my om te loop ens. en sien ek verbetering daagliks! Bid nog steeds saam met my en kom ons dank Jesus vir n wonderbaarlikke genesing!

My bakkie is nou 13 jaar oud en het my skielik probleme begin gee. Ek moet die "clutch" vervang maar ek is net dankbaar dat ek kan ry, ongeag. Gelukkig is hier goeie werktuigkundiges en sal dit hopelik nie n arm en been kos nie!

Ek bid en vertrou dat julle n wonderlike Christusfees sal he en dat 2020 die mooiste jaar vir elkeen van julle sal wees, gevul met die Vader se liefde, blydskap en vrede!



Ek sal Jono se nuusbrief volgende keer insluit!

May the Lord, the God of Israel, under whose wings you have come to take refuge, reward you fully for what you have done - Ruth 2:12

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005