Wednesday, 12 February 2020


"The Gospel is only good news if it gets there in time" - Carl .H. Henry

Hi my liewe Boetas en sussies,

Ek hoop en vertrou dit gaan goed aan julle kant en wees verseker ons bly julle daagliks opdra in gebed!

Dis weer tyd vir n bietjie terugvoering!

Eerstens wil ek net laat weet dat ons darem nog nie in direkte kontak met die nuwe Convus virus was nie maar dit lyk ook nie goed hier in Thailand nie, ongeag wat die media se. Ons het reeds baie mense wat gehospitaliseer is in Chiang Mai en dit is beslis te danke aan al die Chinese wat hierdie tydperk Thailand besoek. Dit was Chinese nuwe jaar en bitter baie Chinese was al reeds hier voor dit n epidemie geraak het. Ons neem voorsorg deur maskers te dra in publieke plekke en ons staan almal in geloof vir Sy beskerming! Daar is ongelukkig ook n vlaag van griep weens die "koue" winter wat ons beleef het die laaste 2 maande en die Convus virus se simptome is baie dieselfde!

Die laaste meer as n maand was erg besig met horde uitreik spanne en kerk spanne met die koordinering by die lokale ministries en kerke. Daar was meer spanne as voorheen aangesien baie weerhou is om China of Mongolia te bereik a.g.v die virus! Ek is baie dankbaar vir Jono se hulp! Die lokale kerke is besig om baie te groei en baie staan verstom en kan nie glo wat nou skielik besig is om te gebeur na bitter baie jare se plant met bitter min resultate!

 "I have but one passion: It is He, it is He alone. The world is the field and the field is the world, and henceforth that country shall be my home where I can be most used in winning souls for Christ" Counr Nicolaus Ludwig von Zinzendorf


YWAM het my gevra om n "elder" te wees, ongeag van my betrokkenheid in Mongolia en ek het na baie gebed dit aanvaar met voorwaarde dat helfde van die jaar in Mongolia en die Stan's sal wees. Ek bly steeds die 'outreach coordinater maar Jono sal die verantwoordelikheid oorneem waneer ek in Mongolia is. 'Dit lyk of Jono City koordineerder gaan word en dan sal hy nog meer verantwoordelikhede he as voorheen. Wel, dit klink nou wel wonderlik maar dis beslis maar net mooi name met meer verantwoordelikheid en geen betaling nie....haha...maar ons vertrou daar sal darem so bietjie belonings wees vir ons en julle waneer ons eendag die poorte van die hemel sal instap. (Foto met YWAM Phitsanulok waar ek gaan teach het)

Ek het ook verlede week gou na n provinsie in die middel van Thailand gegaan om n week DTS (Disscipleship training school) lering te gaan gee met die onderwerp as Missions. Dit was my voorreg om die Thai studente te kon inspireer en motiveer vir die taak wat Jesus vir hul beplan in sending! Dit was lekker om net vir n slag weg te kom en snaaks genoeg was daar geen spanne wat ek moes koordineer of orientasie doen gedurende laas week nie...dankie Jesus! (Foto:sommige van die Thai studente)

Ek is ook weer besig om te beplan vir my tyd in Mongolia en die Stan's wat seker in Julie sal begin aangesien dit lyk om my kleinseun in Junie gebore sal word. Yip, dis n seuntjie en Sara is baie opgewonde aangesien dit n seuntjie is en hul familie bestaan net uit dogtertjies! Haar ouers sal ook hierheen kom in Junie!

 "If a commission by an earthly king is considered an honor, how can a commission by the Heavenly King be considered a sacrifice" - David Livingston
 
Die Here is aan die werk hier in Chiang Mai! Nou onlangs het een van ons sendelinge 'n monk, wat kaalvoet tussen die grafte rondgeloop het om meer "krag" te bekom van die voorvader geeste en demone, hom bekend gestel aan die krag van die Heilige Gees. Omdat hulle bekend is met  die geestes wêreld, het hy dadelik die Goddelikheid, reinheid en krag beleef. Dit het hom so oorweldig en onmiddelik sy hart vir die Here gegee en is nou die enigste Christen in sy village!!  Hy is nou 'n wonderlike getuie vir die Here, so passievol, dat hy selfs mede Thais wat tot bekering kom, help doop in die watervall (Foto Bekeerde monk doop mense by n waterval)

Tydens een aand wat hy sy getuienis gelewer het aan 'n groepie, was daar 'n ladyboy in volle vroulike voorkoms. Die bekeerde monk het prontuit getuig van hoe die kindertjies net na geboorte toegewy word aan 1 of ander gees wat die familie wil behaag. Almal het verstrak na hom sit en luister, want, hul het geweet dis die waarheid!  Dié aand is daar ondermeer vir die ladyboy gebid. Die ladyboy het geval onder die krag van die Heilige Gees en gelê vir meer as n half uur. Twee dae later  toe hulle weer bymekaar kom, sien hulle die 'nuweling' onder hulle. Die ladyboy se hare is toe kortgesny en is toe pure man en opgestaan saam met Christus in 'n nuwe identiteit en lewe. (Foto's: Lering, motifering en orientation met spanne)

Daar is ook ander wonderwerke in Chiang Mai Spanne het gebid vir groepies plaaslike mense in n villages, waar geen gelowiges was nie. By een village het hulle aan die een kant nog offers aan Budda gebring. Net langsaan het die span gebid vir 'n vrou se verminkte arm wat onmiddellik ten volle genees is en so ook vele ander genesings! Die mense het begin gil van verwondering en blydskap en die wat besig was met offerhande aan Budda hardloop toe oor na die ander groep wat in ekstase is en begin ook hul harte vir die Here gee! Nou volg dissipelskap vir hulle. Volgende naweek word almal gedoop! "God is on the move"nie net hier nie, maar oral oor!!


Ons het weer duisende Bybels en 20 000 traktaaitjies geprint en die spanne is besig om dit te versprei en ons vertrou dat Sy Woord nie leeg sal terugkeer nie (Jes 55:11). (Foto:Een van die lokale kerkies met die traktaaitjies en Bybels)

Jammer die nuusbrief is bietjie lank! Mag julle net die Here se awesomeness beleef elke dag en mag julle gebruik word vir Sy Koningkryk in als wat julle doen. Laat asb wet hoe dit by julle gaan!
Baie liefde en vrede!

Len, Jono en Sara!

"When Christ calls a man, he bids him come and die" - Dietrich Bonhoeffer

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005

Tuesday, 24 December 2019

The great challenge left to us is to cut though all the glitz and glam of the season that has grown increasingly secular and commercial, and be reminded of the beauty of the One who is Christmas - Bill Crowder

Geseende Kersfees en n wonderlike nuwe jaar!!!

Net n kort nuus briefie en die laaste vir 2019!

Ek dank ons Koning vir die voorreg om hierdie jaar deel van jul lewens te gewees het en ook jul in ons lewens hier kon deel! Ons waardeer julle met opregtheid en weet net dat jul net so veel deel het in sending met al jul ondersteuning in gebed, omgee en voorsiening!

Ek kan nie glo hierdie jaar is al verby nie en ek glo julle sal saamstem dat hierdie jaar het gevlieg! Ons beleef n snaakse tyd hier in Thailand aangesien dit redelike lekker weer is vir n geruime tyd nou! Wel as ek se "lekker" dan meen ek dis so tussen 30 en 33 grade daagliks en so 16 to 18 grade deur die nag. D.w.s ons het n heerlike "winter"! Die Thai's loop natuurlik met baadjies, jasse, serpe en handskoene rond!

Ons het weereens n bitter besige tyd weens al die spanne wat ons moet koordineer en opleiding wat ons moet gee! Daar is soveel spanne dat meeste van ons ministry hosts nie eens plek het vir hulle nie en ons moet soek vir nuwe geleenthede en uitreik plekke!

Our God is the God of the unexpected. A few things could be more unexpected than a King of heaven being born in a stable - Bill Crowder

Ons het ook heelwat geleenthede om Bybel verspreiding te gedoen het gedurende die laaste maand maar het ongelukkig begin uithardloop met sommige van die Bybels. Ons is nou in die proses om weer so 3000 Bybels te print en het gelukkig genoeg om 500 more op Kersdag aan n Buddhiste skool uit te deel met traktaaitjies!

Meeste van die tronke het reeds Bybels maar die spanne deel nou uit aan al die families en vriende wat die gevangenisse gaan besoek! Ons het ook begin Bybel verspreiding doen in ander "villages" en stede en self in daardie tronke!

Ek is besig om ook voorbereiding te doen met n powerpoint om vir n week te gaan opleiding gee, gedurende Januarie, oor sending en wat die Here besig is om te doen oral oor die wereld! Ek is uitgenooi vanaf YWAM Pitsunaluk wat so 500 kilometers is vanaf Chiang Mai. My onderwerp wat ek gereeld oor lering gee is evangelisasie maar "missions" is n nuwe uitdaging!

All the Christmas presents in the world are worth nothing without the presence of Christ - David Jeremiah

Ek is so opgewonde want ek gaan saam met Jono hulle aandete vanaand eet en dan ook more ontbyt he, wat wonderlik is aangesien hulle in Amerika was verlede jaar.

Ek dank die Here vir die wonderlike herstel in my knie, alhoewel daar nog heelwat genesing en herstel nodig is, is dit soveel makliker vir my om te loop ens. en sien ek verbetering daagliks! Bid nog steeds saam met my en kom ons dank Jesus vir n wonderbaarlikke genesing!

My bakkie is nou 13 jaar oud en het my skielik probleme begin gee. Ek moet die "clutch" vervang maar ek is net dankbaar dat ek kan ry, ongeag. Gelukkig is hier goeie werktuigkundiges en sal dit hopelik nie n arm en been kos nie!

Ek bid en vertrou dat julle n wonderlike Christusfees sal he en dat 2020 die mooiste jaar vir elkeen van julle sal wees, gevul met die Vader se liefde, blydskap en vrede!



Ek sal Jono se nuusbrief volgende keer insluit!

May the Lord, the God of Israel, under whose wings you have come to take refuge, reward you fully for what you have done - Ruth 2:12

 BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005





Thursday, 24 October 2019

God is looking for faithful men and women, boys and girls, to represent Him in this world of sin -  Jeremiah Davis

Hi my dearest Brothers and Sisters,

It's about time for a newsletter again. I don't have many things to share but wants to update you on a couple of things and also a wonderful surprise!

Seven weeks ago, I had to undergo surgery again on my knee and this time I used a very well recognized surgeon in Thailand. He specializes on knees and shoulders and even operated on the princes of Thailand. This time all the muscles are connected and I don't have a wobble in my knee....thank you Jesus!

This is a very humbling experience as you think God must heal you the way you want Him to but then it's time to realize that you can't really grow if you don't face some challenges in a different way and these scenarios will help you to depend on God more and also grow in faith and prayer. I honestly have quite a bit of pain especially when I exercise but I can't complain as the Lord continually reminds me of all the people who don't have legs but stay positive and there are always people that are worse off than you.

I went for physio 3 times a week since the surgery and had to reduce it to twice a week as it's quite expensive. I can drive short distances but will have to keep the brace on for another month. The biggest physical challenge that I have is to bend my leg to the same degree than the other one. I can do it by force but needs to do it naturally. The muscles are not very strong yet but I can sit and stand by myself with some effort.

Honestly I see God's grace and mercy on my life and see improvement in my knee on a daily basis! My prayers are still the same as I trust Him for 3 things. Firstly, to help me to have an intimate life with Him, loving and adore Him. Secondly to be a blessing to Him and put a smile on His face by doing what is right in His eyes, not to compromise and to touch His heart by loving  and reaching out to others that do not know Him. Thirdly, to be able to accomplish His will for my life with complete health, anointing and obedience.

Every saved person this side of heaven owes the Gospel to every lost person this side of hell - David Platt

I am staying in Jono and Sara's little office as there is a bed and my computer in it. My place has too many stairs to my room and Jono's has none. They insists every day that I must stay and they are real blessings by assisting me with much. Jono is helping me with the Outreach department and we share the communication with all the teams that are coming. It's getting very busy now and soon it will be the busiest time of the year for us again. On the other hand, staying with them helps them too as they don't have a car anymore and are using mine. Their car gave up the ghost a few months ago and was irreparable. They do believe for another car as it is a little bit of a challenge to have one car between the 3 of us.

For those that don't know, my motorcycle is in a garage in Ulaanbaatar, Mongolia that the YWAM base leader arranged for me. We got so many great testimonies back from all the people that got saved and the plan was to go back in June next year but I might have to go only in August because I got some surprising and wonderful news a few days ago. Sara is pregnant!!!!!!!!

Very few people know about this yet but Jono gave me permission to share this. They expect the baby will be born the first week of July. They will have the baby here in Chiang Mai as the US and South Africa will be too expensive. I will let Jono share with you guys the rest!

Missionary zeal does not grow out of intellectual beliefs, nor out of theological belief, nut out of love - Roland Allen 


For those that did not see my Facebook page: The fastest growing church in Thailand. Over 7000 Thais accepted Jesus as their personal Savior in the last year alone and this is just the one place. 630 people were baptized on 6 October and thousands before. Please continue to pray for Thailand as it was the hardest ground for the Gospel in more than 200 years.

Well, my "short" newsletter became too long and I will keep in touch soon again. Please continue to pray for us all and especially for a fast recovery for me, for opportunities to share the Gospel and lead many to Christ and for Sara for a smooth pregnancy etc. Please let us know how you guys are doing!

There are no heroes, just those that choose to be servants - Ricky Maye

BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005

Friday, 23 August 2019

"If Jesus Christ be God and died for me, then no sacrifice can be too great for me to make for Him - C.T Studd"


Hi almal,

Hier is my nuutste nuusbriefie. Ek hoop als is wel julle kant en laat asb weet indien ons julle kan opdra in gebed vir enige spesifieke rede.


Ek is so pas terug vanaf Mongolia en dis nogals n aanpassing vir my om weer terug te wees in die hitte en humiditeit. Dit reen wel elke dag maar dit bly maar steeds warm en bedompig maar ek is vergenoegd.

 Mongolia is n asemrowende plek. Daar net ooptes is so ver as wat die oog kan sien. Met n nederige hart en alle eer aan Hom was dit, volgens my, die mees vrugtevolle en bevredigendste geestelike tydperk wat ek lanklaas ondervind het om vir ure lank met
soveel mense (Atheiste, Buddiste en Muslims ) vanaf oral oor die wereld die Woord mee kon deel. Die Bybel verspreiding was ook n wonderlike sukses aangesien al die spanne en die Mongolia kerk amper 600 000 Bybels in hierdie kort tydjie kon versprei. Ons het n sateliet sisteem wat elke area, huis en yurd in die oop vlaktes
met n kleur aandui presies hoe elke familie se reaksie was. Nou het die kerk in Mongolia n groot taak om opvolg werk te doen. Die Mongoliese mense is mooi en regtig baie ontvanglik vir die evangelie. Bitter baie Mongoliese Christene word sendelinge nadat hul Jesus aangeneem het weend die feit dat hul nomads is en n warrior mentaliteit het.

Ek was ook bevoorreg om saam met n Ywam media span te werk en scouting trips vir hulle te kon doen. Hul doelwit was en is om n film te maak om jong mense te motiveer om sendingwerk te doen en om die Blye Boodskap oral te versprei....EBP (End Bible Poverty). Daar was ook wonderbaarlike genesings en mooi getuienisse van mense wat Jesus aangeneem het.

"No one has the right to hear the Gospel twice, while there is someone who hasn't heard it once. - Oswald J. Smith"

Die visa probleem vir Mongolia bly n frustrasie aangesien die maksimum tydperk is 2 maande en as jy gelukkig is, 3 maande. Ywam Mongolia het regtig uit hul pad gegaan om dit moontlik te maak vir my om langer te kon bly maar die enigste opsie was om terug te gaan Rusland toe en weer daar aansoek te doen. Die kanse was dat as hulle dit sou weier, sou dit my weerhou het om weer April terug te gaan.

Ek het my motorfiets (Blessing) gestoor in n lekkende motorhuis maar ek is dankbaar dat Ywam wel iets vir my kon reel. Blessing gaan bitter koud kry weens die winter wat op hande is. Dit word minus 40 grade daar!

Nou kom daar weer n tyd wat ek na my gesondheid moet kyk. My skouer, na my val in Rusland, het my nogals erg geknou en moes ek vir vir maande dag en nag pyn verduur, maar dit was regtig verdraagsaam weens Sy genade. Ek sal vir n MRI scan moet gaan vir my skouer sowel as my been en ek vra nederig net almal se gebede asb.
 Ek sal beslis al die vleis mis van Mongolia aangesien daar bitter min is in Thailand, maar ek sien uit na al die groente en vrugte. Ek moet eerlik wees dat die kos baie vetterig is en ek sal maar nou eers bietjie al die cholestorol moet uitsny vir n tydperk.

Die interaksie en eenheid van die honderde mense vanaf oral oor die wereld was ook so amazing! Hier was net een doelwit en dit was om God se genade deur Jesus aan almal te verkondig deur enige moontlike wyse en veral deur Bybel verspreiding!



The history of missions is a history of prayer. Everything vital to the success of the world's evangelization hinges on prayer - John R. Mott




 Daar was soveel hoogpunte gedurende hierdie tydperk, maar die innerlike satisfaksie om Jesus aan die mense voor te stel was die hoogste op my lys! Elke oomblik was n voorreg om te kon doen wat Hy wou he ons moes doen, maar dit was ook n eer om die kerke te besoek en met die Mongolia Christene en mede sendelinge wat daar gevestig is te kommunikeer en ook hul stories te hoor. Ek gee alle eer aan my hemelse Vader vir Sy genade, voorsiening en ook Sy beskerming gedurende hierdie besondere uitreik en Bybel verspreiding. Ek dank ook elkeen van julle vir julle liefde, ondersteuning en gebede. Onthou net dat elke ledemaat van die liggaam een liggaam maak en julle net soveel deel het aan als wat op die stadium gebeur in die geestelike realm. Ek sal binnekort julle laat weet wat die uitslag van my skouer en been is maar ek sal bly vertrou en eerder fokus op die pyn wat die Here het vir elke siel wat Hom verwerp, want dis nie Sy wil dat sommige sal vergaan nie 2 Petrus 3:9.

Baie liefde en seen vir julle. (Sal Jono se nuusbrief binnekort stuur)
Len, Jono en Sara

"There is not a square inch in the whole domain of our human existence over which Christ, who is Sovereign over all, does not cry, MINE!!!" - Abraham Kuyper


BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005

Wednesday, 26 June 2019

 NEVER BE AFRAID TO TRUST AN UNKNOWN FUTURE TO A KNOWN GOD

More my Boeties en Sussies,

Ek vertrou dit gaan goed en dat Jesus deur julle n verskil maak in ander se lewens.

Dit was n lang 3 weke vandat ek in Vladivostok gearriveer het. Dit het n hele paar dae gevat om my motorfiets uit customs te kry en ek het n slegte verkoue/griep gekry maar moes maar so deur die sleg voel woel met als.

Ek het n New Zealand paartjie in Vladivostok ontmoet wat die oudste paartjie in die wereld is wat op n motorfiets om die wereld reis. Ek wou bitter graag he ons moes saam ry na Ulaanbaatar maar ek het kontak verloor met hulle. Die dag toe ek vertrek uit Vladivostok moes ek gou petrol ingooi en skielik stop hulle ook agter my om ook petrol in te gooi. Wat n blydskap en n wonderlike gebeds verhoring. Ons het heelwat van die pad saam gery maar ek het hul al hoe meer gelos omdat hul my bietjie beperk het om die woord te verkondig langs die pad.

NOT ALL OF US CAN DO GREAT THINGS BUT WE CAN DO SMALL THINGS WITH GREAT LOVE. - Mother Theresa

Dit was soms n baie harde tyd aangesien ek net nie die verkoue kon afskud nie en ek moes soms lang ure insit omdat die paaie baie sleg was, soms gereend het en geen verblyf beskikbaar was nie. Dit was ook so 11 - 16 grade in die oggende en het weer redelik warm geword in die middae. Ek het op n stadium bitter lank gery en moes gou stop langs die pad en het konsentrasie verloor en my motorfiets het begin val. Ek het probeer keer maar my been was te swak en my skouer se spier het sleg getrek en ek het laat gaan. Ek het in die middel van die pad geval maar ek dank die Vader dat daar geen karre op daai oomblik was nie. Gelukkig het n Rus gestop en my gehelp om die motorfiets weer op die kry.

Ek het wonderlike tye alleen met die Here gehad en ook geleendhede gehad om met baie mense te deel. Daar was heelwat mense wat op fietse deur Rusland en die wereld gery het en dit was lekker om met hul te praat en die Woord te verkondig. Die Here het my op n stadium terug gestuur na n Chinees op n fiets om verder met hom die deel. Daar was ook
wonderlike geleenthede om baie
diep gesprekke met die lokale mense te he en om vir hul te bid.
Ons kan nie altyd die pyn verstaan wat hul deurmaak weens die vervolging wat hulle kry vanaf hul families en vriende omdat hul Jesus dien en volg en soms die enigste Christen is in hul familie en baie keer hul hele omgewing. Daar is n skreeu in hul harte na hulp, help, bemoediging en net aanvaarding. 

OUR LIVES BEGIN TO END THE DAY WE BECOME SILENT ABOUT THINGS THAT MATTER. - Martin Luther King Jnr.

Daar was tye wat dit baie eensaam was maar die Here was meer as genoeg en om net na Sy skepping te kyk en te ervaar was vergenoegd. Ek was ook Lake Baikal toe waar dit n awesome tyd was met die Here! Dit was koud maar heerlik om alleen te wees in Sy teenwoordigheid.

Dit het my 4 ure gevat om oor die grens te beweeg in Mongolia. Seker net n uur aan Rusland kant en 3 ure aan Mongolia kant. Die ooptes en vlaktes was asemrowend tot in Ulaanbaatar en ek bly nou in n Backpacker waar ek amazing geleendhede het om met alle nasies die woord te verkondig. Hier kom daagliks bikers en overlanders en backpackers in en Jesus skep wonderlike geleenthede om met hul te deel.

Ek het meetings met YWAM gehad en was saam met die basis leier na n missions meeting toe wat so uur en n half uit die stad op n horribale pad is. Ons het n tradisionele Mongolia ete gehad wat n vrag skaap vleis en aartapels en wortels is. Dit was sooooo smaaklik en het my laat verlang na SA en my mense! Ek begin nou te help om die uitreik afdeling op die been te bring vir YWAM en daar wag n bitter besige tyd vir ons almal aangesien daar horde spanne is wat hierheen kom in Julie. Ek was ook Sondag in n kerk en daar was n gebou met 3 verskillende kerke in. Almal was vol en dit was vir my n belewenis!

Ek bly nou in n yurt en dis nogal warm deur die dag en koud deur die nag maar ek kla nie, miskien meer dat die toilet so 30 meter van my yurt is...lol. Die pad in Rusland en Mongolia was ook soms baie winderig en self die pad tekens getuig van dit! Ulaanbaatar is n bitter besige stad en ek het nog nooit soveel verkeer beleef nie alhoewel Bangkok ook maar baie erg was. Die lug is baie droog en daar is geweldig baie stof oral weens die grond paaie en wind ens.




Nou ja, ek wil nie die nuusbrief te lank maak nie maar will net vra dat julle asb sal bid vir die mense wat ek mee gedeel het en vir nog baie geleenthede. Bid ook vir my gesondheid asb sodat ek kan effektief wees deur die woord te verkondig en te doen wat die Here wil he ek moet doen hier. Ook vir my finansies aangesien als baie duur is hier omdat hul meeste goed moet invoer. Indien julle meer fotos wil sien dan loer net op my Facebook of op Ride2allnations op Facebook.

Baie lief vir julle almal, waardeer julle en my verlange is groot!

  
GOD CAN PART THE RED SEA FOR YOU, BUT YOU HAVE TO WALK INTO IT TO HAPPEN. - John Hagee
 

BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005