Monday, 29 November 2021

 "And he said to them, 'The harvest is plentiful, but the laborers are few.  Therefore pray earnestly to the Lord of the harvest to send out laborers into his harvest.'"- Luke 10:2

 

 More almal,

Ons bid en vertrou als is mooi aan julle kant en dat ons almal nuwe hoop en verwagtinge sal hê vir 2022! Kom ons wees positief en vertrou ons God en Vader wat sê: I will NEVER leave you nor FORSAKE you - Heb 13:5!


Baie Thai's is nou oop vir die Goeie Nuus. Dit kan meestal toegeskryf word weens die vrees en onsekerheid wat ontstaan het a.g.v Covid! Die Thai;s was altyd verseker niks kan hulle of hul land aanraak nie! Daar is altyd gese dat hul was nooit betrokke in oorloe, gekonoliseer nie en het nooit enige "natural disasters" soos al die ander lande nie. Hierdie verskoning en trots is afgebreek weens die pandemie. Daar is ook n nuwe herlewing wat in die middel van Thailand plaasvidnd en dis besig om te beweeg van een provinsie na ander!

 

As long as there are millions destitute of the word of God and the knowledge of Jesus Christ, it will be impossible for me to devote time and energy to those who have both. - J.L. Ewen 

 

Die ark is oop die kant! Ons dank ons Vader want spanne stroom in. Ons is bitter besig want ek het die verantwoordelikheid om al die admin en mails te hanteer vir die hele Thailand se uitreik afdeling weens n tekort van staf in Bangkok. Dit vat bitter baie van my tyd en ek moet heeltyd elke beweging van spanne skeduleer en in kommunikasie bly met spanne en ministries ens. Dis sal wel vroeg volgende jaar verbeter waneer Bangkok se staf terug is alhoewel ek al die aansoeke vir volgende jaar reeds moet hanteer.




'n Amazing testimony van die YWAM Hawaii span wat op uitreik is! Die Vrydag namiddag het die spanlede nie juis meer energie gehad na 'n dag se harde werk op die plaas nie. Die ministry leader vra hul toe egter om 'n paar "skits" te doen vir die seuns wat hy bearbei en huisves op sy plaas. Van hulle is op parool en toevertrou aan hom deur die Owerhede van die Jeuggevangenis. Groot was almal se verbasing en vreugde agterna toe een van die seuns sê hy wil sy hart vir Jesus gee en ook terselfdertyd gedoop word daar in die groot visdam op die plaas! Hulle erken nou hulle harte was nie juis in die "skit" op daardie stadium nie, maar Jesus het dit gebruik om die geharde jongman se lewe aan te raak.

Ons het julle gebed bitter nodig aangesien daar ook skielik geweldige demoniese aanslae vanaf satan is!
Ons het nog nooit so iets beleef nie maar sekere studente in spanne veroorsaak chaos met lokale ministries en sekere ministries moes ons nou van ons website afhaal en verhoudings verbreek weens onchristelike standpunte en vleeslike hantering van spanne! Dis n lang storie en ons kan net vra dat julle asb sal intree in gebed. Die goeie nuus is dat daar baie uitreik spanne is wat die nood hier vul en n impak maak vir die Thais en ministries!



 

Only 1 in 30 missionaries goes to Unreached People Groups (UPGs).

 

 

 

Ons ondersteun steeds die vlugtelinge vanaf Burma en die wondelike nuus is dat daar daagliks Buddhists en Muslims hul harte vir Jesus gee! Hul bly vra hoekom die Christene hulle voed en noodsaaklikhede bly voorsien sonder om iets terug te verwag en dit maak hul harte oop vir God se lig om in te straal. Covid is weer besig om te stuig in Thailand en daar is gister skielik 12 000 nuwe gevalle waar dit gewoontlik 7 000 per dag is. Van ons Ywam families het die afgelope tyd ook slegte nuus ontvang van die afsterwe van broers en ouers wat in Amerika oorlede is weens Covid. Van hulle kon nie terug gaan nie ander moes nou vertrek om dinge te gaan reel afgesien van die begrafnis wat reeds klaar was. Daar is ook die afgelope paar maande n hele paar Ywam leiers oorlede weens Covid en vra net vir gebed vir hierdie sendeling families.








I am no longer anxious about anything, as I realize that He is able to carry out His will for me. It does not matter where He places me, or how. That is for Him to consider, not me, for in the easiest positions He will give me grace, and in the most difficult ones His grace is sufficient. ― Hudson Taylor

 

 

Met Jono hulle gaan dit goed en ek sien hulle darem weekliks! Dit was Jono se verjaarsdag verlede week en het die voorreg gehad om darem meeste van die dag saam met hulle te kon wees! Jono se verantwoordelikhede is massief weens die posisie as "city coordinator" maar daar is ook n verandering by die universiteit waar Sara met Wycliff werk en dit sal beteken dat sy meer tyd kan toewy aan Zachi!

 

Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 


 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach

 

BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com

Thursday, 30 September 2021

“Missionaries are very human folks, just doing what they are asked. Simply a bunch of nobodies trying to exalt Somebody.” — Jim Elliot

 

Môre my dierbare boeties en sussies,

 

Ons bid en vertrou julle dien Jesus met nuwe passie en maak 'n inpak en verskil in die mense om julle se lewens! Laat asb. weet hoe dit gaan en waar ons julle kan ondersteun in gebed ens. Dis nou weer tyd vir 'n nuusbrief en ek sal probeer om dit nie te lank te maak nie! 

 

Dinge is maar steeds chaoties hier, maar stadig maar seker werk ons Vader om weer 'n impak in die mense se lewens hier te maak! Ons het nou omtrent 12 000 nuwe Covid gevalle daagliks, maar dis darem baie beter as die 20 000 per dag van verlede maand! Chiang Mai is steeds 'n rooi area. Gelukkig ons mag darem tot maksimum 50 mense bymekaar kom! Ek is dankbaar om te sien dat SA nou net 2000 nuwe gevalle per dag het, maar ons bid steeds vir elkeen van julle vir totale beskerming!

 

 Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin. - Mother Theresa

 

Dit is nou monsoon tydperk en dit reën onophoudelik daagliks. Daar is tye wat ons wonder of die son nog bestaan! Dis gelukkig nie so warm meer nie, maar die humiditeit is baie erg! Zachi speel  in die water na reenval.

 

Die goeie nuus is dat ons nou 4 nuwe spanne het wat op uitreik kom en 2 daarvan sal oor 'n paar dae opdaag alhoewel hul steeds in "kwarentyn" moet wees vir 2 weke! Die spanne kom ons help met Bybel verspreiding, kos voorsien vir die Burmese refugees en evangelisasie. Hulle het almal covid inentings gekry en kan dan selfs gedurende hul 2 weke kwarentyn rondbeweeg en uitreik maar hul mag nie die area verlaat nie!


Ek het weer die voorreg gehad om Bybels aan te koop en het ook wonderlike geleenthede gekry om die afgelope tyd in ons blomme mark te evangeliseer en Bybel verspreiding te doen. Ek het selfs n Thai ontmoet wat al in Pretoria was en goeie Engels kon praat! Die eerste vraag natuurlik aan my was: "so what good are you doing now?" Buddhism is mos absoluut gebaseer op goeie werke en reïnkarnasie! Ons kan so dankbaar wees vir die genade in Jesus en die sekerheid oor die ewige lewe saam met ons God!

 

Die uitreike na die Burmese vlugtelinge gaan steeds voort en ons voorsien nou kos in verskillende plekke in Burma sowel as in Thailand! Die gevegte in Burma woed nog voort. Baie oorleef nou in die oerwoud en dis moeilik om almal te bereik, maar die gidse vind baie van hulle en voorsien sakke rys en ook mediese hulp. Bid asseblief vir al hierdie mensies om gered te word, geestelik sowel as fisies, aangesien hul omstandighede erg is met bitter min hoop!

 




 

Ook goeie nuus is dat in die rooi lig area hier plaaslik het 12 meisies hul harte vir Jesus gegee! Ses is verlede week gedoop! Hulle bid nou almal daagliks saam en het Bybelstudies met van ons staf! Deure is ook oopgemaak vir al die meisies deurdat n fondasie hier hul bemagtig deur te leer bak asook klere en juweliersware te maak vir 'n waardige vorm van inkomste! Van die staf het hierdie week op 3 van die meisies afgekom wat saam sit en bid het met trane wat vrylik geloop het. Toe daar gevra is wat fout is, was hul antwoord dat hul so dankbaar is vir Covid anders sou hul nooit Jesus ontmoet het nie!

 

I alone cannot change the world, but I can cast a stone across the waters to create many ripples. – Mother Theresa


Jono hulle is terug en hulle het 'n goeie tyd saam met Sara se ouers gehad! Die 2 weke in 'n klein hotel kamer vir kwarentyn was 'n redelike nagmerrie aangesien Zachi geval het en sy koppie oopgesny het. Net een ouer is toegelaat om saam in 'n ambulans te ry na die hospitaal en weer 'n week later om sy 6 steke uit te haal. Dit het hul natuurlik 'n fortuin gekos aangesien dit 'n noodgeval was gedurende kwarentyn. Dit is so wonderlik om hulle weer hier te hê! Zachi is te oulik, het so ontwikkel gedurende die 2 en n half maande wat hul in Amerika was en loop nou die wêreld vol! Ons is weer besig om saam beplanning te doen vir sekere aktiewiteite en uitreik geleethede met YWAM hier in Chiang Mai. 

 

Wel, nou word my nuusbrief weer te lank, maar ek sou wat wil gee om eerder al die nuus in persoon met julle almal te kon deel maar dit is steeds nie moontlik op die stadium nie.

 

Ons gebede en liefde met jul almal en net weer 'n dankie vir jul omgee en gebede! Ons bid vir julle en mag julle die krag van God ervaar in elke area van jul lewens! Mis julle en ons vêr land baie!

 

 Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zach 


“Here I am, send me; send me to the ends of the earth; send me to the rough, the savage pagans of the wilderness; send me from all that is called comfort on earth; send me even to death itself, if it be but in Thy service, and to promote Thy Kingdom.” — David Brainerd



BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005  

 

Len +66 80 813 3509

lenustm@yahoo.com

len.dupreez@ywamthailand.org

 

Jono +66 80 815 5791

Jono.dupreez@gmail.com