Thursday, 18 June 2020


Difficult times show true colors, hard times reveal true friends, and the good will be blessed through the pain…Just let go and let God!

Hi almal,

Ek het verneem dat Suid Afrika se Corona virus beperkings minder en minder word en is dankbaar vir julle almal! Ons vertrou dat als binnekort sal oorwaai en dinge weer terug sal keer na normal! Ek sien ook dat gebed n absolute prioriteit geword het in SA. vir al die nog ongeredde mense, vir die beskerming van ons plaas gemeentskappe, so ook vir die USA en die wereld in geheel! Gebeds kamers en “war rooms” is nou meer as ooit in SA. Ons gebede is ook steeds vir julle almal en ons mooi land en ons vertrou saam dat die Here wonderbaarlike dinge vir julle almal gaan doen!

Dinge is ook besig om stelselmatig terug te keer na normaal toe maar die maskers, distansie en temperatuur toetse by alle winkels en besighede sal heel moontlik nog aanhou vir n geruime tyd! Die statistieke hier in Thailand is onder 4000 gevalle en net 58 mense, oorlede maar niemand van ons glo die syfer nie! So ver was daar net een sending familie wat die virus gekry het maar ons is dankbaar dat almal herstel het. Ons probeer nou om meer en meer meetings hou maar word steeds beperk met die hoeveelheid mense en dit sluit kerk in.

Ons hartseer is dat ons bitter baie sendelinge verloor het gedurende die laaste 3 maande! Meeste sendelinge is terug geroep na hul land van herkoms, baie is sak en pak hier weg met geen voorneme om terug te kom nie weens verskeie redes maar veral die Christen skool wat toegemaak het tot 2021! Byna al ons sendelinge se kinders was deel van hierdie skool! 

God knows our situation; He will not judge us as if we had no difficulties to overcome. What matters is the sincerity and perseverance of our will to overcome them. ~ C.S. Lewis

Soos baie van julle weet is ek weer oupa met Jono en Sara se wonderlike cute kleinding wat 26 Mei gebore is! Sy naam is Zacherias en was 3 kg by geboorte! Hy is omtrent 3 weke vroeg gebore, maar die kleinding en Sara is piekfyn! Jono is n baie trotse pa en hy kan nie ophou om te koer rondom die liefdes bondeltjie nie! Zach slaap baie, is stroopsoet en vredevolle baba! Die Here het hul met n pragtige kleinding gebless! Jono spreek elke dag God se Woord oor hom uit en hy word daagliks gedra met baie gebed!

 Ek is steeds besig om my boek te skryf maar daar is baie ander verpligtinge wat my aandag verg! Ek is ook in die proses om voorbereiding te doen vir die volgende fase van my uitreik in Mongolia, Kazakhstan, Kyrgyzstan en Tjibekistan! Ek vertrou dat ek steeds in September soontoe sal gaan vir die uitreik maar sal nader na die tyd sien wat die situasie daar is!

 I consider that our present sufferings are not worth comparing with the glory that will be revealed in us. - Rom 8:28




 Ons is ook steeds besig om kospakkies gereeld uit te deel in verskeie plekke in die Chiang Mai provinsie! Ons sluit nou ook die Bybel en traktaaitjies in! Ons bou verhoudinge met meer en meer mense en die dankbaarheid spreek boekdele in die mense se harte en lewens! Baie se harte verander en het ontmoetings met Jesus en ons gee net die eer aan Jesus! Daar is ook geleenthede om van die afdewerings in die mense se huise te doen en kry so dan geleentheid om vir hul te bid en die evangelie te verkondig! Ons het nou 309 families geimpakteer gedurende Corona!


 Hier is n mooi getuienis: Van ons Sendelinge hier, het 'n plaaslike gemeenskap besoek waar nog geen Christene was nie. Hulle het pakkies uitgedeel van huis tot huis en gevra of hul kon bid vir hulle en so ook terselfdertyd die Gospel met hulle gedeel. Hul het  vir n vrou gebid en sy het hulle daarna begin volg waar hulle ookal beweeg het. So paar dae later het hulle weer opvolg besoek gedoen en die absolute wonderlike getuienis aangehoor! Die vrou wat hulle gevolg het, het 'n gebreklike arm gehad met onuithoudbare pyn daarby. Haar man het sy werk verloor, en so het die hele gesin baie swaar gekry. Saam het die gesin besluit om almal saam gif te drink en so saam te "re incarnate" volgens hul Buddist geloof. Soos sy hulle gevolg het, het sy net gehoor en onthou "Jesus is God, Jesus saves, Jesus heals" Op haar eie het sy gaan sit en oor en oor gesê "Jesus is God, Jesus heals"!. Vroeg op die volgende oggend het sy vir Jesus in 'n droom gesien en Hy het 'n geskenk na haar uitgehou. Sy het haar gesonde arm uitgestrek om dit te neem. Jesus sê toe vir haar om haar ander arm te gebruik, sy sê toe in haar droom : nee, sy kan nie, waarop Hy toe sê, "Ja, jy kan"! Toe sy wakker word, is haar gebreklike arm normaal!!  Geen woorde kon haar vreugde beskryf!

 

Op hul herbesoek, het die vrou agter hulle aangehardloop en hulle elke slag in die rede geval en uitgeroep "wat hulle sê is waar, kyk my arm!! " Mense wat nog besig was om vir Buddha offering te bring, het met al die opgewondenheid alles net so gelos en oorgehardloop om te hoor wat aangaan! So het die vrou se hele huis Jesus aangeneem en ook 12 ander in die village op 1 dag! Hulle is almal nou gedoop en is daar begin met  Dissipelskap en huiskerk in die gemeenskap! Hulle is so getrou en die groepie groei en daar is ook 'n huiskerk by 'n aangrensende village! Die vrou wat genees is, is nou die "Hoof Evangelis" in die omgewing, sy bring nou die gemeenskap bymekaar om te kom luister en kan nie ophou getuig nie!! Dankie Jesus!!


“God demonstrated His wisdom in that, even as people in Europe began despising the gospel, He was already preparing to go somewhere else.”
― Sinclair B. Ferguson

Wel, nou is my nuusbrief weer te lank! Ons bid vir julle en dra julle elke dag op in gebed! Laat weet asb as daar iets is wat ons voor kan bid!

Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zac!


BANK DETAILS

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005 




Wednesday, 25 March 2020



How sweet the name of Jesus sounds in a believer's ear! It smooths his sorrows, heals his wounds, and drives away his fears - John Newton


Hi almal, 

Net 'n vinnige terugvoer! Ons bid vir julle weens die “lockdown” en wat julle nou as gevolg daarvan moet deurgaan! Ons hoop en vertroue is in Jesus en weet dat Hy met ons is, wie of wat kan dan teen ons wees? Die Engels klink so mooi met die vers: Deuteronomy 31:6 Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the Lord your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.” Onthou asb, als is net tydelik en dit sal weer oorgaan!

Die verspreiding van die Corona virus het skielik intens oornag vermeerder maar ons het baie meer gevalle hier in Thailand as wat voorgegee word aangesien dit 'n land van “denial” en "keeping face" is! Ons het nog nie n totale “lockdown” nie maar meeste winkel sentrums, (selfs supermarkte soos Makro), pubs, maseer salonne, haarkappers ens is toe! Ons kleiner kruideniersware winkels se rakke is leeg en dit lyk of 7Eleven ook gaan toemaak maar eerder aflewerings sal doen! Ons het ook n “State of emergency” (lockdown) vanaf vandag tot einde April!

Waar ons ookal beweeg word ons soos 'n plaag vermy deur die Thais! Die hartseer is die rassisme! Die Thais wil die wit mense uitskop en daar word nou openlik op TV Thai nuus gesê dat almal moet wegbly van die “stinkende wit mense”, want hulle is vuil en stort nie en is die oorsaak van die verspreiding van die virus in Thailand! Die Health Minister Anutin Charnvirakul het 'n stelling op TV gemaak dat ons die oorsaak van die verspreiding in Thailand is en nie Asians nie! Ja, daar is ook rassisme teen die Chinese, maar op 'n klein skaal! Daar was nog altyd 'n probleem met die Buddistiese denkwyse van die Thais, aangesien hul sê dat as daar n motor of motorfiets ongeluk is, dan is dit die westerling wat skuldig is, ongeag of dit die waarheid is of nie, omdat die ongeluk nie sou plaasvind as die westerling nie hier was nie!

Never be afraid to trust an unknown future to a known God - Corrie Ten Boom

Ons word ook beperk met byeenkomste en alle vergaderings en als word nou “online” of op Skype gedoen! Ons het ook ‘n erns in ons harte deur meer tyd in gebed te spandeer en stop nie om vir die mense iets te beteken nie. Ons lewer kos pakkies ens af en bly die liefde van Jesus te wys ongeag, maar ons moet ook maar net wysheid gebruik end it lyk of ons nie meer uit ons huise sal mag gaan vanaf Donderdag nie. Ons laat ons nie beinvloed deur al die negatiewe dinge nie en bly steeds vir die Here vra om ons te help om deur Sy oë na die mense om ons te kyk! 

Al die uitreikspanne is nou eers op hou geplaas totdat die storm bedaar het. 'n Paar YWAM spanne was onlangs vir 14 dae in kwaratyn geplaas wat aangeland het voordat die grens poste gesluit is. Ook 'n span wat hier vertrek het na Mongolia! Hulle het hulle tyd wel deeglik gebruik om die Gesondheidsdiens mense wat hulle daagliks moes monitor, die liefde van Jesus mee te deel op baie kreatiewe maniere! 

Verlede week het ons 'n "crazy" paar dae beleef!  
Drie WorldRace uitreik spanne het hier aangeland van Malaysia die Donderdagaand. Alles was nog rustig en volgens beplanning. Vrydag het ek en Jono vir hulle Orientasie gegee. Saterdagoggend vroeg is hulle na hulle onderskeie Ministries in Lampang en Fang, beide so 3 ure se reis hiervandaan. Sondagoggend breek die storm los!! 8uur kry ons ‘n oproep om ons mee te deel dat die spanne word onmiddellik teruggeroep Amerika toe en moet binne 5 minute pak en terugkom Chiang Mai toe en wag vir hulle nuwe vliegkaartjies! Groot was die ontsteltenis van al die spanlede sowel as die Ministry leiers! Baie het gehuil van teleurstelling! ‘n Vierde span het Saterdag die oornag bus geneem vanaf Bangkok tot in Fang, het net die Ministry leier ontmoet by die busstasie, die nuus ontvang om onmiddellik terug te keer Chiang Mai toe, met ‘n verdere 3 ure warm plaaslike bus rit hierheen! Dit was ‘n emosiebelaaide tydperk vir hulle met diế dat hulle 11 maande uitreik, skielik kortgeknip is waarvan hulle nou eers by maand 3 van uitreik was! Tesame met al die onsekerhede rakende hulle omstandighede terug in Amerika wat op hulle sou wag. Ewe skielik moes ons deel met 4 spanne in totaal van 24, debrief met hulle doen in die lig van hulle ontsteltenis en teleurstelling, ondersteun en bemoedig tot die Dinsdag wat hulle teruggevlieg het Amerika toe!  Hier kan dae kan met 1 oproep of ‘n e-mail skielik verander!


"God is looking for people to use, and if you can get usable, he will wear you out. The most dangerous prayer you can pray is this: 'Use me.'" - Rick Warren

Jono en Sara is baie opgewonde oor die nuweling wat kom en Sara en die baba doen baie goed! Hul het nog nie op ‘n naam besluit nie, maar daar is darem nog baie tyd! Die geboorte sal begin Junie wees en ons vertrou almal dat die histerie sal bedaar het teen daardie tyd en die virus epidemie uitgesorteer sal wees! Sara se ouers wil bitter graag hier wees vir die geboorte!

Nou begin ek weer te langtand raak! Ons bly vir julle almal bid en vertrou saam dat die Here in elkeen van ons lewens Homself sal openbaar en in hierdie uitdagende tyd ons verhouding en vertroue met ons awesome God sal verskerp! Mis julle baie!

Baie liefde,
Len Jono en Sara.