“Only one life, ’twill soon be past, Only what’s done for Christ will last.” - C.T. Studd
Hi almal,
![]() |
So jammer ek stuur nou eers weer ñ nuusbrief. Dit was dol hier die afgelope paar maande.
My personeel wat my altyd bystaan is vir ñ bepaalde tydperk in Australië en daar was steeds ñ toeloop van mense en spanne wat ek moes hanteer.
![]() |
“The missionary heart: Care more than some think is wise. Risk more than some think is safe. Dream more than some think is practical. Expect more than some think is possible. I was called not to comfort or success but to obedience… There is no joy outside of knowing Jesus and serving him.” - Karen Watson
![]() |
![]() | ||
|
Soos meeste van jul weet het ek weereens oupa geword. Die eerste dogtertjie en sy is pragtig en soet. Zoë is op 7 Julie gebore. Dis werklik kosbaar vir my, aangesien dit ook die datum is waarop ek my geestelike verjaarsdag herdenk. Sover is ek bevoorreg om haar elke week te sien saam met die res van die Du Preez's, maar sal binnekort uit die land moet gaan vir ñ tydjie weens nuwe vereistes vir buitelanders. Ek is nog onseker waarheen ek gaan, maar heel moontlik na een van die naburige lande, want dit kos ñ fortuin SA toe. Dit maak nie sin nie, maar vliegtuig kaartjies vanaf Thailand SA toe is duurder as kaartjies vanaf SA Thailand toe. Ek het al die verduideliking gehoor, maar nie seker of dit waar is nie.
The most difficult lie I have ever contended with is this: life is a story about me. – Donald Miller
![]() |
Die meeste YWAM spanne is so pas weg en nou wag ek vir die volgende "golf". Daar is steeds kerkspanne en ander vrywilligers wat inkom, maar heel hanteerbaar vir die volgende maand.
Ons het gereeld Bybel verspreiding en tesame met ons gebede raak ons meer bewus van deurbrake in Thailand. Daar word steeds maandeliks duisende Thai's gedoop in die riviere nadat hul Jesus as hul verlosser aangeneem het. Gister gee ek ñ Bybel vir ñ jong meisie en toe sy sien wat dit is, raak sy bewoë en met trane in haar oë sê sy sy is baie dankbaar dat sy hierdie Bybel kon kry. Sy bly toe sê in gebroke Engels dat sy dit opreg waardeer. Ek sal bly opvolg en vertrou die Here sal iets besonders in haar lewe doen en Homself aan haar openbaar. Ons het al geleer dat Thai's baie keer soekend raak wanneer hul deur moeilike omstandighede gaan en dan reik hul uit na ñ Bybel of enige Christelike literatuur en met dié trek die Heilige Gees hul nader aan ons Verlosser en Saligmaker.
Faith never knows where it is being led, but it loves and knows the One who is leading. – Oswald Chambers
Bid asseblief vir Myanmar! Daar heers brutaliteit sonder grense. Verlede week is byna die helfte van Kyaminkyi-dorp in Myanmar se Sagaing-streek tot op die grond afgebrand in 'n brandstigting deur die militêre Junta. Huise is tot as gereduseer, gesinne verstrooi, en diegene wat daarin geslaag het om te ontsnap, is later deur die regime magte in hegtenis geneem. Wie weet wat van hulle sal word?
Dit is nie 'n geïsoleerde voorval nie – net verlede maand het dieselfde dorp nog 'n vlaag van vernietiging deurgeloop. Die Junta se roekelose minagting vir burgerlike lewe het duisende weerloos gelaat. Baie is gedwing om na die oerwoud te vlug en leef daar in vrees en onsekerheid. Hierdie herhaalde gruweldade ontbloot die Junta se voortdurende veldtog van terreur teenoor sy eie mense. Baie van hierdie mense is Christene. Ek het baie Burmese vriende hier in Chiang Mai en almal is Christene wat die Here dien. Myanmar se burgerlikes verdien veiligheid, waardigheid en vryheid. Min weet wat daar aangaan, aangesien Israel en Ukraïne nuus die media oorheers.
When I cannot read, when I cannot think, when I cannot even pray, I can trust. – Hudson Taylor
![]() |
God uses men who are weak and feeble enough to lean on him. – Hudson Taylor
Sara se organisasie Wycliffe (Bybel vertaling) het so pas nuwe statistieke vrygestel. Die Bybel is binnekort in alle tale vertaal. 1 in 5 wag nog vir ñ Bybel in hul moedertaal. Daar is 7,396 tale in die wêreld, 3,367 tale het geen Bybels nie, maar almal behalwe 700 tale het huidiglik ñ Bybelvertalings projek aan die gang.
Maar met al die Bybels wat vertaal is, kan minimum 99% van die wêreld dit lees. Elke nasie in die wêreld het toegang tot die Bybel. Dis baie goeie nuus om te weet die Woord van God is beskikbaar in alle tale en lande.
Ek wil net weereens dankie se vir almal se liefde, ondesteuning, gebede en passie om deel te wees om mense aan Jesus voor te stel en dat julle self n impak maak vir die Koningkryk van God. Ons bid steeds vir julle almal en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.
Baie liefde en vrede
Len, Jono, Sara en kleintjies.
“I cared not where or how I lived, or what hardships I went through, so that I could but gain souls to Christ.” - David Brainerd
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
Len +66 80 813 3509
lenustm@yahoo.com
len.dupreez@ywamthailand.org
Jono +66 80 815 5791
Jono.dupreez@gmail.com