Wednesday 7 August 2024

 

“I care not where I go, or how I live, or what I endure so that I may save souls. When I sleep I dream of them; when I awake they are first in my thoughts.” - David Brainerd



Hi Almal,

 

Dit was lankal tyd om 'n nuusbrief te stuur en ek vra vergifnis vir my lang stilte. Ons vertrou dit gaan goed julle kant en bid dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van Christus Jesus se wederkoms. - Fil 1:6. Ons is nou bietjie meer as 2 maande terug in die hitte in Thailand na 'n wonderlike tyd in Suid Afrika. Dit was ook nie so 'n goeie tyd met Dawie (my jongste seun) nie, maar die Here is besig om in sy lewe te werk en ek kan net vir gebed vra vir hom en sy familie.

 


Ons wil net almal bedank wat dit moontlik gemaak het om vir die eerste keer in 6 jaar weer ons geliefde land en ons mense te kon besoek. Albert en Zandré de Villiers vir hul geweldige groot finansiële en getroue bydraes, Jo'ann Mansvelt vir finansies en verblyf, Eric en Surita Swanepoel vir hul bakkie wat hy onselfsugtelik die heeltyd vir ons gegee het om te gebruik, Simon en Ali Baty ook vir hul getroue finansiële bydrae, en ook ander vriende soos Marinda en Gerrit de Lange van Lewende Woord, Helderberg, Jos en Janet Malherbe, Andrinette en Kobus Potgieter, Marieks en John Bezuidenhout, Francious en Doriet Engelbrecght, Dawie en Maronel Steyn vir hul hulp, bystand en vriendskap. As daar enigiemand is wie ons gemis het dan vra ons onverskoning maar weet dat ons absoluut dankbare harte het vir jul almal se liefde, omgee, vriendskap en voorsiening. Dit was ook heerlik om saam te kuier en dit was ook 'n voorreg gewees om geleenthede te kon hê om te kom stories vertel van die Here se getroue voorsiening, beskerming en liefde. Om eerlik te wees, ons was bitter jammer om weer te gaan en ek sal beslis seker maak om volgende keer baie langer te kom kuier en bedien.

 

“There is not a square inch in the whole domain of our human existence over which Christ, who is Sovereign over all, does not cry, Mine!” - (Abraham Kuyper)

 

Die ark was oop vandat ons terug is en was weer baie doenig om spanne vanoor die wêreld op te lei en als te reël vir hul uitreike hier in Thailand. 'n Thai pastoor/vriend van my het my genooi om saam met hom op motorfietse te ry na Laos en Vietnam waar ons sou bedien, maar dit was net nie moontlik vir my nie weens die toeloop van spanne. Dinge gaan ook nou nog meer doenig wees aangesien van my YWAM staf wat my ondersteun ook vir 'n lang tydperk nie in Thailand gaan wees nie maar met Sy hulp en Genade sal ek als alleen kan hanteer.

 


Ons is ook nou besig om Bybels en ander literatuur te druk maar die kostes het fenominaal vermeerder. Ons sal net baie kleiner hoeveelhede druk maar ons is net dankbaar dat ons nog steeds in staat is om Bybels te druk. Die monsoon tydperk het nou weer begin en dit reën redelik baie. Die hitte is minder maar die humiditeit is nou nog erger. Baie van ons YWAM staf is nou eers weer terug na hul land van herkoms weens verskeie redes en sal weer oor 'n paar maande terug wees.

 

Every saved person this side of heaven owes the gospel to every lost person this side of hell.”( David Platt)

 



 Ons het altyd 'n probleem gehad met die Koreanse sendelinge wat nie wou saam werk nie, maar die Here is besig om dinge drasties te verander, Ek het selfs nou DTS span vanaf Korea wat elke dag saam met ons werk vir die tydperk wat hul hier is. Ons gee die Here die eer vir hierdie awesome eenheid. Daar is 'n groot jaarlikse Ywam byeenkoms in die Fillipyne maar ek of Jono sal dit nie kan bywoon nie weens die feit dat ek geen staf vir 3 maande sal hê nie.

 

Verlede Vrydag is 'n verbysterende 1 495 siele weer met groot vreugde in Khon Kaen, in die Ooste van Thailand gedoop! Die herlewing storm voort en huiskerke word gestig in elke dorpie en 'n distrikskerk in elke distrik van Khon Kaen, die vierde mees bevolkte provinsie in Thailand. Die Gospel Engine beweeg nie net nie, dit brul vorentoe met onstuitbare momentum! Dit is 'n opwindende tyd vir Christenskap in Thailand!

 

“We are a bunch of nobodies trying to exalt Somebody.” – Jim Elliot, 1927-1956, missionary martyr in Ecuador

 Ek is 'n paar keer al gevra waarom is daar steeds net 1 – 2% Thai Christene en wil net graag hier verduidelik. Daar is heelwat redes maar wil net die hoofsaaklike noem: 'n Groot rede waarom die evangelie nie veel in Thailand versprei het nie, is dat die oorheersende boodskap wat hier uit die Weste gebring is, opgesom kan word as "Glo in Jesus, laat jou sondes vergewe word en gaan hemel toe."

 

Hierdie boodskap stem nie saam met die Thaise wêreldbeskouing nie. Die meeste Thais het nog nooit van Jesus gehoor nie, en wanneer hulle wel die evangelie deur middel van tradisionele evangelisasie metodes teëkom, bevraagteken hulle hoekom hulle in iemand moet glo wat 'n pynlike dood gely het. Volgens hulle wêreldbeskouing sal hulle dink Jesus moes slegte karma gehad het en is onwaardig om in te glo. Daarbenewens sukkel hulle om die relefansie van Jesus vir hul begrip van sonde te sien. In die Thai kultuur word "sonde" beskou as aksies wat persoonlike karma beïnvloed eerder as oortredings teen 'n Skepper God.

 

 Ten slotte, terwyl die hemel gesien word as 'n begeerlike ryk, word dit nie as 'n permanente bestemming beskou nie; in plaas daarvan is Nirvana, buiten vlietende hemelse plesier, hul uiteindelike doelwit. Hierdie diepgaande kulturele verskil noodsaak die behoefte aan 'n ander benadering tot evangelisasie wat aansluit by die Thaise wêreldbeskouing.

 

“Remember, when you see a missionary coming home broken in body and weary in soul, it isn’t the privations or dangers or things he’s done that leave a deep hurt; it’s the things he couldn’t do that break his heart.” – Anonymous Missionary

 

Hou asseblief aan om te bid vir God se verlossingsplan om in hierdie nasie te ontvou. Ons bid dat baie vir JESUS as MESSIAS sal leer ken, vir SY GENADE oor al die onskuldige Jode, Arabiere en Palestynse burgerlikes, en vir WYSHEID EN MOED vir Israeliese leiers en soldate. Moenie ophou om vir Israel te bid nie, vir die vrede van Israel en Jerusalem.

 

Numbers 24:9 The nation is like a mighty lion; When it is sleeping, no one dares wake it. Whoever blesses Israel will be blessed, And whoever curses Israel will be cursed.” - Good news translation

 

Ek wil net weereens dankie se vir almal se liefde, ondesteuning, gebede en passie om deel te wees om mense aan Jesus voor te stel en dat julle self n impak maak vir die Koningkryk van God. Ons bid steeds vir julle almal en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.

 

Baie liefde en vrede

Len, Jono, Sara en kleintjies.

 

Those who give much without sacrifice are reckoned as having given little. - Erwin Lutzer

 

ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL

 BANK: ABSA

 ACCOUNT NO: 9106492455

 BRANCH: PAROW

 BANK CODE: 632005

  Len +66 80 813 3509

 lenustm@yahoo.com

 len.dupreez@ywamthailand.org

 Jono +66 80 815 5791

 Jono.dupreez@gmail.com