Blessings vir julle vanaf Mongolia!
Ek vra om vergifnis dat ek so lank stil was, maar ek was werklik baie besig die laaste 2 maande met uitreik spanne en ook vir my uitreik vanaf Mongolia. Soos julle kan sien is ek in Ulaanbaatar, Mongolia. Ek het Maandag opgedaag en bly in 'n Mongoolse ger. Dit is klein maar gerieflik. Daar is 'n verwarmer binne, maar dit maak so warm dat ek dit heeltyd moet aan en af sit. Dis nogals koud (5 tot maksimum 16C deur die dag) in Mongolia en reën so ver elke dag. Die nadeel van my ger is die badkamer is so 50 meter weg en deur die nag is dit beslis nie 'n plesier om in die koue soontoe te stap nie maar ek is dankbaar vir hierdie plekkie wat ek spasie het om my motorfiets uit te sorteer!
Ek moes nuwe bande en 'n nuwe battery op my motorfiets sit
en dit was ook nodig vir 'n effense
diens ens. maar het haar darem gister gekry. Nou is dit die groot skoon maak,
pak en alles moet getoets word voor ek met hierdie uitreik begin. My beplande
roete (maar die Here kan dit enige tyd verander) is om deur Mongolia te ry, dan
deur 'n area in Rusland, dan Kazakhstan, dan weer deur ñ area in Rusland tot in
Georgia. Om te verstaan hoe vêr dit is, is dit amper dieselfde distansie as
vanaf Kaapstad tot in Egipte. Soos julle weet dit was veronderstel om elke jaar
my uitreik te wees om met my motorfiets te ry en oral te evangeliseer maar 2019
was my laaste voor Covid en al die grensposte wat toe was. Ek sou graag deur
Tajikistan en Kyrgyzstan wou gaan, maar kon ongelukkig net 'n enkel visa vir
Kazakhstan kry en van die ander grensposte is nog toe en sommige lande was dit
onmoontlik om deur te ry ens. Ek het 'n hele paar sending vriende in daardie
lande en ons wou bitter graag mekaar weer sien maar ek laat dit in Sy hande.
Mongolia gaan 'n bitter koue trip wees, maar Kazahstan sal weer warm tot baie
warm wees.
"This generation of Christians is responsible for this generation of souls on the earth!" — Keith Green
Ek vra vir julle gebede asseblief, want soos julle weet was my uitreik trip in 2019 werklik amazing soos die Here my oral kon laat evangeliseer met soveel verskillende nasies, plaaslike mense, bikers en backpackers. Ek weet Covid het steeds n "ripple" effek en die oorlog in Ukraine en nou selfs in Rusland, maak dit beslis nie makliker nie, maar dis als in die Here se hande en Sy wil geskied. So, ek vra vir gebed vir 'Divine appointments' en vir my om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees.
"God isn't looking for people of great faith, but for individuals ready to follow Him" — Hudson Taylor
Goeie nuus hier in Thailand is daar 2975 mense gedoop in 1 week na hul Jesus as hul saligmaker aanvaar het in Phichit, Phetchabun & Nakorn
Sawan provinsies Thailand. In dieselfde week is 1200 mense gedoop in Khon Kaen, in die Noord Ooste van Thailand waar bitter min Christene tot nog toe was. Ons almal kan net die Here dank vir wat Hy besig is om te laat gebeur om hierdie verlore siele te red. Ons YWAM spanne van oral oor die wêreld het ook 'n groot aandeel aan wat Jesus besig is om te doen in Thailand en ons het goeie terugvoer van baie wat Jesus aanneem en genesings wat plaasvind. Ons het ook nou nuwe plaaslike kerke wat ons spanne gebruik om 'n impak te maak in areas waar daar nog nooit die Woord verkondig is nie.
![]() |
"The history of missions is the history of answered prayer." — Samuel Zwemer
"We are debtors to every man to give him the gospel in
the same measure in which we have received it" — P.F. Bresee
Met die ander Du Preez's gaan dit goed. Soos julle weet,
hulle was vir 4 weke inThailand na die 3 maande in Amerika en toe is hulle weer
Nepal toe vir n maand. Gelukkig was hul net in die hoofstad Kathmandu en hoef
nie weer na die tribes in die berge te gegaan het nie. Die keer het die mense
na hulle toe gekom vir opleiding. Hulle het teruggekom dieselfde dag wat ek
vertrek het Mongolia toe en ek was darem bevoorreg om hulle vir 2 ure te sien
voor ek vertrek het. Jono hervat nou weer die leierskap verantwoordelikhede vir
die Noorde van Thailand en Sara is steeds besig met haar sending organisasie,
Wycliff, met Bybel vertaling. Zachi het so pas 3 geraak en klein Daniel is
absoluut n bondeltjie van vrede en liefde. Ek wens net ek kon hul meer sien
maar ons paaie is nie altyd dieselfde nie. Ek het darem saam met Zacki en Jono
go-cars gaan ry na hul terug was vanaf Amerika.
![]() |
Weereens jammer ek het julle so afgeskeep en sal opmaak met my volgende nuusbrief en in kontak bly. Wees verseker ons bly vir julle bid en vertrou dat Abba Vader julle oorvloediglik Seën in elke area van julle lewens.
![]() |
Baie liefde en seen,
Len en die res van die Du Preeztjies.
![]() |
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
Len +66 80 813 3509
lenustm@yahoo.com
len.dupreez@ywamthailand.org
Jono +66 80 815 5791
Jono.dupreez@gmail.com









