Hi almal,
Hier volg ons maandelikse nuusbriefie.
Ons bid en vertrou dat dit goed gaan en dat ons Koning en
salligmaker, Sy hart aan julle openbaar vir jul lewens vorentoe. My gebed vir my en julle:
Vader help ons om so na aan U te kom sodat ons U hartklop kan hoor en voel. Breek
asb my hart vir wat U hart breek. Help my om U as my eerste liefde te he en niks voor U te plaas nie
en gebruik my om U Koningkryk te versterk en te vergroot.
Die Here het die afgelope tyd baie ernstig met my begin deel
oor Sy hart en verlange na meer van ons. Wanneer laas het ons gevas of n dag in
gebed spandeer of net gevra dat Hy mense op ons pad moet stuur of ons op hulle
pad om Sy weg, waarheid, genade en liefde te verkondig en openbaar. Christopher
McCandless wat gejaag het na “happiness” het net voor hy oorlede is, alleen op
n eiland in Alaska geskryf: “Happiness can’t be real unless it has been shared”.
Kom ons deel ons verblyende Jesus vervulde verhouding met ander.
Ons het verskriklik baie reen in Thailand en ek wens ons kon
van die reen SA toe stuur. Baie villages is oorspoel en van ons YWAM basisse
het ook groot skade gekry. Daar was weke wat ons nie geweet het of daar nog n
son is nie. Ons het ons 2 jaarlikse YWAM Thailand konferensie 2 weke gelede
gehad en ek het ook n paar meetings in Bangkok gehad en het besluit om met my
motorfiets af te ry aangesien dit baie goedkoper is. Glo my as ek se dat ek NOOIT
weer gedurende spits verkeer in Bangkok sal inry nie. Dit het my amper 4 ure
gevat om tot by die plek te kom waar ek moes oornag. Ek moes my eie paaie later
maak en motorfietse mag nie op brue en tol paaie rye nie en sodoende het ek n
geveg met my GPS die heeltyd gehad en in sirkels gery.
Meetings het goed afgeloop en ek het n paar dae vry gehad
voor die konferensie en is toe Pattaya toe
Die konferensie was goed en motiferend en dit was aangenaam
om te sien hoeveel nuwe Thai YWAMers daar was. Bid asb vir hulle want hulle kry
baie vervolging omdat hul Christene is en soos julle weet kry niemand in YWAM
salaris of finansieele ondersteuning nie en moet hul ook in geloof lewe met
bitter min ondersteuning.
Die spanne begin weer instroom in September en ek is druk
besig om alle voorbereidings te tref vir hul uitreike. Die spanne vir wie ons
die afgelope tyd uitreike gekordineer het, was meestal vanaf ander sending
organisasies en kerk groepe. Dit is so n voorreg om nie net YWAM te wees nie
maar daar te wees vir die hele liggaam van Christus.
Ek bid en vertrou dat dit moontlik sal wees om Februarie of Maart weer
bietjie SA toe te gaan en vra net ook julle gebede. Ek sal binnekort weer n paar
wonderlike getuienisse stuur maar ek weet mense hou nie van n lang nuusbrief nie. Ons wil net weereens dankie se vir al julle
vriendskap, ondersteuning, liefde en omgee. Mag die Vader julle oorvloediglik
seen in alle opsigte! Ons bid en tree vir julle in by ons Koning en God. Julle
is kosbaar vir Hom en ons!Bid asb dat die Here n herlewing in Thailand sal veroorsaak.
Dat Hy meer arbeiders sal uitstuur om hierdie laaste taak te volbring.
Dat Sy woord nie leeg sal terugkeer nie en dat Hy ook die Christene in Laos sal beskerm en magtiglik gebruik.
Dat die Christene in Thailand ook met vrymoedigheid die evangelie sal verkondig.
Dat die Heilige Gees mense op ons pad sal stuur en ons op mense se pad wat honger en dors na die waarheid.
Dat ons Jesus se hande, voete, mond en hart sal he met alle mense.
Vir wysheid en leiding om toetaal in Sy wil te wees en om gehoorsaam te wees vir enige nuwe seisoen.
Len en Jono
