“Live as if Christ died yesterday, rose this morning and is comingback tomorrow” - Martin Luther
Hi almal,
Dis weer tyd vir nuus vanaf ons kant. Ons vertrou julle
almal ervaar Jesus se liefde en ontferming en
verbly julle in Sy Genade ongeag
van enige omstandigede.
Vandat ek terug is in Thailand was daar tye wat redelik
besig was maar andersins is dit nou die rustige paar maande. Nie dat dit
beteken dat ek op "vakansie" kon gaan nie want Ywam vergaderings en
beplanning vir vorentoe het ons besig gehou en daar het wel spanne ingekom en
nuwes het aansoek gedoen wat my goed besig gehou het.
So ek het die see weereens gemis. Dis nou al 5 jaar wat ek laas die see en strand kon ervaar. Meeste wat my ken weet hoe lief ek vir die see is, maar ek hoop en vertrou ek kan 'n week iewers bederf word om see toe te gaan.
Jono hulle kon darem gaan en dit was 'n groot plesier vir hulle om die kinders op die strand te kry.
“The missionary heart: Care more than some think is wise. Risk more than some think is safe. Dream more than some think is practical. Expect more than some think is possible. I was called not to comfort or success but to obedience… There is no joy outside of knowing Jesus and serving him.” - Karen Watson
Ek is genooi om in Januarie lering te gaan gee oor Sending
en Evangelisasie in een van die provinsies sowat 600 km vanaf Chiang Mai. Maar
steeds nie naby die see nie...lol. Dis dieselfde plek waarheen ek jaarliks
gaan, maar weens Covid moes ek altyd via die internet (zoom) met hul doen.
Bid ook asb vir Jono wat op die stadium met 4 mense 'n pad moet stap om hul die lig te laat sien en hul harte te kan oopmaak vir Sy genade en waarheid. Dis soms nie n vinnige proses nie soos julle weet.
“Death alone will put a stop to my effort!” - David Livingstone
“Let us not glide through this world and then slip quietly into heaven, without having blown the trumpet loud and long for our Redeemer, Jesus Christ. Let us see to it that the devil will hold a thanksgiving service in hell, when he gets the news of our departure from the field of battle.” - C.T. Studd
Met Jono hulle gaan dit baie goed. Die kinders word nou groot. Danni is Jono uitgeknip. Rustig, liefdevol en nie hiper aktief nie. Sara se ouers en haar een suster kom in November Thailand toe vir 2 weke.
Ek weet Jono hulle kan nie bekostig om Amerika toe te gaan op die stadium nie. Ek vertrou steeds vir 'n deurbraak om weer vir 'n slag na my geliefde land en julle almal te kom besoek en sal net bly vertrou vir die finansies en die regte geleentheid. Ons staan verbysterd om te sien wat kaartjies kos vanaf hier SA toe. Dis baie duurder vanaf hier soontoe as vanaf daar hierheen. Dit maak net nie sin nie. Dis nou amper 5 jaar wat ek laas vir Dawie en sy familie gesien het. Ons kommunikeer darem amper daagliks, maar dit sal lekker wees om hulle net in lewende wese te sien.
When James Calvert went out as a missionary to the cannibals of the Fiji Islands, the ship captain tried to turn him back, saying:
“You will lose your life and the lives of those with you if you go among such savages.”
To that, Calvert replied, “We died before we came here.”
Weereens dankie vir julle liefde, ondersteuning, gebede en passie om deel te wees om harte te verander en Sy Naam groot te maak ongeag hoe klein of gering julle dit sien, wees verseker dat die Here enige saad kan gebruik en laat groei. Ons bid steeds en vertrou dat ons Vader jul sal bly gebruik en vir jul voorsien in elke area van jul lewens.
We know only too well that what we are doing is nothing more
than a drop in the ocean. But if the drop were not there, the ocean would be
missing something. - Mother Theresa
Baie liefde en vrede
Len, Jono, Sara en kleintjies.
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
Len +66 80 813 3509
lenustm@yahoo.com
len.dupreez@ywamthailand.org
Jono +66 80 815 5791
Jono.dupreez@gmail.com
No comments:
Post a Comment