"To know the will of God, we need an open Bible and an
open map." — William Carey
Blessings vir julle vanaf Mongolia!
Ek vertrou als is mooi en Geseënd aan julle kant en ek bid
dat julle daagliks gebruik word vir ons Koning en God se Koningkryk.
Ek vra om vergifnis dat ek so lank stil was, maar ek was
werklik baie besig die laaste 2 maande met uitreik spanne en ook vir my uitreik
vanaf Mongolia. Soos julle kan sien is ek in Ulaanbaatar, Mongolia. Ek het
Maandag opgedaag en bly in 'n Mongoolse ger. Dit is klein maar gerieflik. Daar
is 'n verwarmer binne, maar dit maak so warm dat ek dit heeltyd moet aan en af
sit. Dis nogals koud (5 tot maksimum 16C deur die dag) in Mongolia en reën so
ver elke dag. Die nadeel van my ger is die badkamer is so 50 meter weg en deur
die nag is dit beslis nie 'n plesier om in die koue soontoe te stap nie maar ek is dankbaar vir hierdie plekkie wat ek spasie het om my motorfiets uit te sorteer!

Ek moes nuwe bande en 'n nuwe battery op my motorfiets sit
en
dit was ook nodig vir 'n effense
diens ens. maar het haar darem gister gekry. Nou is dit die groot skoon maak,
pak en alles moet getoets word voor ek met hierdie uitreik begin. My beplande
roete (maar die Here kan dit enige tyd verander) is om deur Mongolia te ry, dan
deur 'n area in Rusland, dan Kazakhstan, dan weer deur ñ area in Rusland tot in
Georgia. Om te verstaan hoe vêr dit is, is dit amper dieselfde distansie as
vanaf Kaapstad tot in Egipte. Soos julle weet dit was veronderstel om elke jaar
my uitreik te wees om met my motorfiets te ry en oral te evangeliseer maar 2019
was my laaste voor Covid en al die grensposte wat toe was. Ek sou graag deur
Tajikistan en Kyrgyzstan wou gaan, maar kon ongelukkig net 'n enkel visa vir
Kazakhstan kry en van die ander grensposte is nog toe en sommige lande was dit
onmoontlik om deur te ry ens. Ek het 'n hele paar sending vriende in daardie
lande en ons wou bitter graag mekaar weer sien maar ek laat dit in Sy hande.
Mongolia gaan 'n bitter koue trip wees, maar Kazahstan sal weer warm tot baie
warm wees.
"This generation of Christians is responsible for this
generation of souls on the earth!" — Keith Green
Ek vra vir julle gebede asseblief, want soos julle weet was
my uitreik trip in 2019 werklik amazing soos die Here my oral kon laat
evangeliseer met soveel verskillende nasies, plaaslike mense, bikers en
backpackers. Ek weet Covid het steeds n "ripple" effek en die oorlog
in Ukraine en nou selfs in Rusland, maak dit beslis nie makliker nie, maar dis
als in die Here se hande en Sy wil geskied. So, ek vra vir gebed vir 'Divine appointments' en vir my om sensitief
te wees vir die leiding van die Heilige Gees.
"God isn't looking for people of great faith, but for
individuals ready to follow Him" — Hudson Taylor
Goeie nuus hier in Thailand is daar 2975 mense gedoop in 1
week na hul Jesus as hul saligmaker aanvaar het in Phichit, Phetchabun &
Nakorn
Sawan provinsies Thailand. In dieselfde week is 1200 mense gedoop in
Khon Kaen, in die Noord Ooste van Thailand waar bitter min Christene tot nog
toe was. Ons almal kan net die Here dank vir wat Hy besig is om te laat gebeur
om hierdie verlore siele te red. Ons YWAM spanne van oral oor die wêreld het ook
'n groot aandeel aan wat Jesus besig is om te doen in Thailand en ons het goeie
terugvoer van baie wat Jesus aanneem en genesings wat plaasvind. Ons het ook
nou nuwe plaaslike kerke wat ons spanne gebruik om 'n impak te maak in areas
waar daar nog nooit die Woord verkondig is nie.
 |
|
Ons het meer spanne as ooit tevore
gekom het en ek verstaan nie hoekom nie maar ek glo nie ek het enige spanne gehad
sonder probleme nie. Dit was asof die duisternis elke moontlike ding gebruik
het om issues te maak of om spanne te keer om te kom.Jono hulle het fondse gekry vanaf Amerika om amper 2000 Bybels te aan te koop. Ons is so dankbaar daarvoor want ons kon genoeg vir elke span gee vir Bybel verspeiding.
"The history of missions is the history of answered
prayer." — Samuel Zwemer
Ons kerk- en sendingspanne het ons ingelig dat die Myanmar
Militêre Junta het die kritieke voedsel- en mediese toevoer roetes gesluit. Dit
sal wydverspreide hongersnood veroorsaak, wat duisende gemeenskappe en gesinne
beïnvloed, aangesien die regeringsmagte hul pogings gekonsentreer het om
kritieke voorrade by belangrike kruispunte te vernietig. Gevolglik ly baie
stadjies onder ernstige tekorte aan noodsaaklike voedselvoorrade, wat meer as
'n miljoen mense in gevaar stel om honger te lei. Die spanne werk aan nuwe
roetes, lewer voedsel en mediese voorrade aan behoeftiges, en plaas hul eie
veiligheid en lewens in gevaar om die mense te help. Van hul het al hul lewens
verloor gedurende die stryd.
Bid asb dat
die Here hulle help om verdere voedsel en mediese voorrade by die geaffekteerde
gemeenskappe uit te kry.
"We are debtors to every man to give him the gospel in
the same measure in which we have received it" — P.F. Bresee

Met die ander Du Preez's gaan dit goed. Soos julle weet,
hulle was vir 4 weke inThailand na die 3 maande in Amerika en toe is hulle weer
Nepal toe vir n maand. Gelukkig was hul net in die hoofstad Kathmandu en hoef
nie weer na die tribes in die berge te gegaan het nie. Die keer het die mense
na hulle toe gekom vir opleiding. Hulle het teruggekom dieselfde dag wat ek
vertrek het Mongolia toe en ek was darem bevoorreg om hulle vir 2 ure te sien
voor ek vertrek het. Jono hervat nou weer die leierskap verantwoordelikhede vir
die Noorde van Thailand en Sara is steeds besig met haar sending organisasie,
Wycliff, met Bybel vertaling. Zachi het so pas 3 geraak en klein Daniel is
absoluut n bondeltjie van vrede en liefde. Ek wens net ek kon hul meer sien
maar ons paaie is nie altyd dieselfde nie. Ek het darem saam met Zacki en Jono
go-cars gaan ry na hul terug was vanaf Amerika.
 |
|
Weereens jammer ek het julle so afgeskeep en sal opmaak met
my volgende nuusbrief en in kontak bly. Wees verseker ons bly vir julle bid en
vertrou dat Abba Vader julle oorvloediglik Seën in elke area van julle lewens.
Baie liefde en seen,
Len en die res van die Du Preeztjies.
“We are troubled on every side, yet not distressed; we are
perplexed, but not in despair; Persecuted, but not forsaken; cast down, but not
destroyed; Always bearing about in the body the dying of the Lord Jesus, that
the life also of Jesus might be made manifest in our body.” 2 Corinthians 4:8-10
ACCOUNT NAME: NEW
HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO:
9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
Len +66 80 813 3509
lenustm@yahoo.com
len.dupreez@ywamthailand.org
Jono +66 80 815 5791
Jono.dupreez@gmail.com