Môre my boetas en sussies in SA,
Ek hoop, bid en vertrou dat dit goed gaan en dat julle Sy liefde, vrede, voorsiening, genesing en beskerming daagliks ervaar!
Dit gaan goed met ons maar het 'n redelike besige tyd gehad met horde spanne van reg oor die wêreld wat weer hierheen gekom het op uitreik. Dit was weer wonderlik om te ervaar dat die Here deur al hierdie gewillige mense kon werk om 'n impak hier te maak! Baie het weer Jesus aangeneem en is ook gedoop! Baie is desperaat en oop vir die evangelie en daar is self in die begin van verlede maand 1260 Thai's in 'n rivier gedoop en 2 weke later nog oor die 600. Oor die 3500 mense het Jesus aangeneem gedurende die laaste 2 maande! Hierdie is 'n absolute wonderwerk aangesien daar bitter min Thai's oor die laaste 100 jaar hul Buddhistiese geloof verwerp het en waarlik Chistene geword het. Ons sien al hoe meer hoe die Heilige Gees mense aanraak en hoe hulle hul harte oopmaak sodat die lig van God daarin kan inskyn en hul die Goeie Boodskap laat verstaan. Ek dink nie baie mense sal verstaan hoe wonderbaarlik hierdie is nie! Ons is die Here so dankbaar!
Great moves of God are usually preceded by simple acts of obedience. – Steven Furtick
Ek is ook besig met 'n aanlyn skool om mense reg oor die wêreld op te lei vir sending (School of Missions Advocasy). Hierdie is n YWAM (UofN -University of the Nations) geakrediteerde kursus en dit strek oor 2 maande. Ons het 79 studente van Afrika, India, Suid Amerika, en Asia! Dit is bietjie tydrowend, maar absoluut die moeite werd! Soveel Christene reg oor die wereld is absoluut onkundig oor die "Great Commission" en dis werklik n eer om mense te help groei en te help om dit te verstaan en om dit een of ander manier toe te pas in hul lewens. Om almal se tydverskille te akkommodeer, vind dit plaas gedurende die aande in Thailand en gaan soms aan tot byna middernag.
Ek, Jono en Sara was bevoorreg verlede maand om deel te wees van 'n kinderhuis wat vir 'n lang naweek op 'n "uitreik" was..Ons was meer as 30 insluitend die kinders en jong mense wat ons moes aanry na Chiang Rai wat 'n goeie 3 ure van Chiang Mai af is. Baie van hierdie kinders was voorheen verhandel (trafficked) en ander was nog nooit uit Chiang Mai uit nie. Die vreugde wat hierdie kinders ervaar het, kon mens selfs in hul stemmetjies hoor en op hul gesigte sien. Hulle het by verskeie plekke gaan worship en hulle kon ook swem in 'n lieflike swembad by die plek waar ons moes bly. Ek moes die Vrydag hul soontoe vat, Saterdag oggend terug jaag om orientation en opleiding te doen vir 'n groot YWAM span en toe weer die middag terug ry Chiang Rai toe. Sondag aand was ons weer terug. Hierdie kinders en jong mense het werklik 'n wonderlike tyd gehad, maar ons kon ook sien dat hul 'n impak in ander se lewens gemaak het met hul worship!
“True Christianity is a life of sacrifice. It requires that in everything we live for the Lord and others, not ourselves.”— Rick Joyner
Pastoor Ed, 'n Thai vriend van my het my genooi om volgende
maand saam met hom op uitreik na Laos
(buurland) toe te gaan met motorfietse.
Hy weet my motorfiets is steeds in Mongolia maar indien dit vir my moontlik is
om te gaan, sal ek n motorfiets moet huur. Daar is wel 2 kerk spanne en n paar klompie YWAM spanne wat
volgende maand kom, maar ek vertrou dat als in plek sal val en ek hulp sal kry om te help indien dit nie anders kan nie. Ek was 4 jaar laas
uit die land uit en ek het 'n sagte plekkie vir die Laos mense wat meestal
Engels verstaan.
A faith that can be destroyed by suffering is not faith.– Richard Wurmbrand
![]() |
Soos meeste van jul weet het ek weer oupa geword vir 'n derde keer!
“At least at times of loss, we are reminded of our priorities, of our many blessings. In times of gain, we can so often lose our way.”
― Mindy Starns Clark

Ek glo meeste van julle sal weet wat dit is om magteloos te staan en toekyk maar dan net op te kyk en ongeag van ons emosies, Hom te loof vir wie Hy is en nie wat ons kan kry nie. Baie het saam met ons gebid en Jesus het skielik binne 'n dag genesing laat plaasvind en wonderbaarlik is hy 'n dag later ontslaan! Ons kon ons God net bly die eer gee vir die vinnige ommeswaai en alle eer aan Hom. Daniel is een honderd persent genees en hy is 'n baie rustige en gesonde kleinding. Satan se planne was om te "kill, steal and destroy" maar ongeag of Daniel oorleef het of nie, Jesus is Here en God van ons lewens en sy lewetjie!
The only right a Christian has is the right to give up his rights.– Oswald Chambers
Dit nou weer monsoon tyd en dit reën elke dag. Als is klam, maar ons is dankbaar want dit maak dat ons effens koeler weer het. Suid Afrika se weer sal natuurlik my hart goed doen en ek het begin kyk na kaartjies SA toe in Januarie en was geskok dat die pryse meer as verdubbeld het. n Retoer kaartjie kos nou tussen R25 000 en R30 000. Wel, daar is darem nog tyd en wie weet teen daardie tyd is daar goedkoper kaartjies beskikbaar!.
Great moves of God are usually preceded by simple acts of obedience. – Steven Furtick
Ons bid dat julle die Heilige gees se teenwoordigheid sal ervaar en elke dag sal groei in Hom en julle verhouding sal verdiep bo julle denke. Mis julle en ons vêr land baie!
Baie liefde, Len,
Jono, Sara, Zachen Daniel.
“We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop.” - Mother Theresa
BANK DETAILS
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
Len +66 80 813 3509
lenustm@yahoo.com
len.dupreez@ywamthailand.org
Jono +66 80 815 5791
Jono.dupreez@gmail.com