God never said that the journey would be easy but He did say that the arrival would be worthwhile - Max Lucado
Hi my dierbare boeties en sussies,
Ons bid en vertrou als gaan goed aan julle kant! Ek bly op hoogte wat aangaan in my geliefde land maar sal ook net wil hoor hoe dit gaan in jul lewens! Ons bid daagliks vir julle en wees verseker ons is met julle in die gees alhoewel ver in die vlees!
Ons het n baie "veranderde" en omgekeerde wereld en omstandighede is beslis nie maklik op die stadium nie en ek weet dis dieselfde in julle lewens! Ons het gelukkig n HOOP in Jesus en weet Hy is in beheer van ons lewens en niks is onmoontlik vir ons wat ons vertroue in ons Skepper en Verlosser plaas nie!
Dit gaan goed met Jono hulle en klein Zach word nou groter en

Sometimes you must stand still in order to get moving to where God wants you to go - D.A McBride
Die Here is werklik besig wereldwyd om mense na hom te keer en ook hier in Thailand! In verskeie areas van Chiang mai word gemeenskappe bereik met wonderlike getuienisse van mense wat ontvanklik is vir die Goeie Nuus! Van ons groepe wat net voor Kersfees begin uitreik het, in n toe nog onbereikte gemeenskapgepaardgaande met wonderwerke van genesings en omkeer van lewens, waar geen mense die eer kon kry nie, net Jesus alleen, het in 8 maande gegroei na 5 huis kerke waar almal vurig en brandend is vir Jesus! Die Thai vrou wat se arm wonderbaarlik genees is, en oral getuig dat Jesus n werklikheid is, is steeds die hoof evangelis in die omgewing! Weekliks word nuwe lidmate gedoop, selfs op n Saterdag want hulle will nie wag tot die Sondag nie!
Die Here het vir ons deure oopgemaak hier in die gemeenskap! Ons eerste uitreik was 4 Julie in samewerking met plaaslike konneksies! Die eerste gemeenskap wat ons bereik het, is baie strategies gelee, net buitekant die wal van die ou historiese stadsmuur. Van hulle huisies is nou gebou op die wal wat die muur vantevore verteenwoordig het. Geestelik is die ligging van die 1ste village wat die Here ons na toe gelei het, baie noemenswaardig.
Die ou stad was gevestig 12 April 1296 naby die Pingrivier, hoofsaaklik vir handel transaksies. Dit is gelee waar die "watchmen" diens gedoen het by die ingang na die ou stad. Blykbaar is daar na
by 'n put waar baie mense onthoof is wat 'n bedreiging ingehou het vir daardie jare se Lanna Kingdom heerskappy. Daar le nog oorblyfsels van kleistene van vervloe jare. 'n Spesiale "spirit house" staan nog steeds daar gewy aan :Grand father ruler spirit house Old City Wall"
Net met die uitreike in 3 gemeenskappe het die Here die deure oopgemaak en vanaf Julie het 28 Thais hulle harte vir die Here gegee! Ons is sooo dankbaar! Opvolge word weekliks gedoen deur 'n Thai kerk wat ons mee saam
uitreik. Hulle is gelee binne in die hart van die Ou Stad! Ons het ook wonderlike genesings beleef! 'n Man wat jare lank aan die bed gekluister was, het opgestaan en begin loop! 'n Vrou wat 'n beroerte gehad het en verlam was aan haar regterkant, het begin gevoel kry in haar been en hand! 'n Man wat geen gehoor gehad in sy linker oor en net 10% in sy regter oor, kon na gebed hoor as iemand net fluister! As ons terugkyk, kan ons die pragtige legkaart stukkies eien soos net Hy dit kan saamstel!

Drie weke terug, op 'n Sondagaand om 9nm, het ons 'n oproep ontvang van die Thai Hotel eienaar
susters wat ons nou mee saamwerk, met die blye nuus dat hul broer NOU gedoop wil word! Wat 'n "amazing" doop op die Sondagaand in die donkerte om 9:50nm! Hy het vir byna 20 minute op die oppervlak gedryf nadat hy gevul is met die Heilige Gees! Sy hele voorkoms het sedertdien verander, hy is stralend, lyk ook sommer 10 jaar jonger!!
Die Here bring nou mense van alle vlakke van die gemeenskap oor ons pad, selfs ex Mev Thailand. Sy was voorheen getroud met 'n Hollywood film maker. Sy het weer 'n Koreanse akteur na ons gebring vir gebed!
We need never shout across to the spaces to an absent God, He is nearer than our own soul, closer than our most secret thoughts - A.W Tozer
Sy ma was die hoof witch in hulle omgewing waar animism beoefen is deur die groot getal inwoners en al die Buddist tempels was ook onder haar gesag. Sy het na baie gebed tot wonderbaarlike inkeer gekom! Tydens haar 1ste bevryding sessie by City Gate Church, het sy klaarblyklik 15kg onmiddellik verloor nadat sy onmiddellik van baie siektes genees is. Sy gaan nog steeds deur bevryding. Sy is ongeletterd, maar het nou so 'n sterk geloof dat sy selfs haar suster na die Here gelei het! Ook as sy pyn het, sit sy net die Bybel op daardie gedeelte van haar liggaam, bid, en die pyn gaan!
Die Heilige Gees het daarna Somsak gelei na die altar waar sy ma vir al die geeste geoffer het, om dit te vernietig. Onder andere ook na 'n hut. Toe hy opkyk, was daar 'n massiewe luislang in die een hoek teen die dak. Hy het 'n geweer gaan haal en korte mette gemaak met die luislang. Nadat alle altare vernietig is, het daar vrede toegesak op die hele village!
Pastor Joshua (regs op die foto) was weer vantevore 'n "medium", van die manne wat met bonatuurlike kragte hang aan die swaarde wat hulle deur hulle wange steek. Die letsels is nog effens merkbaar vandag. Hy het sy vrou ontmoet, agter haar aangekom Chiang Mai toe en hier het iemand hom na Jesus toe gelei. Beide van die manne is deur baie bevryding sessies en genesing. Vandag straal hulle beide en is baie sensitief vir die Heilige Gees!
I have read the last page of the Bible, it is all going to turn out all right - Billy Graham
My nuusbrief is nou baie lank en sal ek moet afsluit! Ons wil net se ons waardeer julle almal en vertrou julle sal met nuwe passie en blydskap ons Koning dien! Ons bid daagliks vir julle in is lief vir julle almal.
Baie liefde en met groot verlange na my geliefde land en my geliefde mense!
Len, Jono, sara en Zach
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005