Difficult times show true colors, hard times reveal true
friends, and the good will be blessed through the pain…Just let go and let God!
Hi almal,
Ek het verneem dat Suid Afrika se Corona virus beperkings
minder en minder word en is dankbaar vir julle almal! Ons vertrou dat als
binnekort sal oorwaai en dinge weer terug sal keer na normal! Ek sien ook dat
gebed n absolute prioriteit geword het in SA. vir al die nog ongeredde mense, vir die beskerming van ons plaas gemeentskappe, so ook vir
die USA en die wereld in geheel! Gebeds kamers en “war rooms” is nou meer as
ooit in SA. Ons gebede is ook steeds vir julle almal en ons mooi land en ons
vertrou saam dat die Here wonderbaarlike dinge vir julle almal gaan doen!
Dinge is ook besig om stelselmatig terug te keer na normaal toe maar
die maskers, distansie en temperatuur toetse by alle winkels en besighede sal
heel moontlik nog aanhou vir n geruime tyd! Die statistieke hier in Thailand is onder 4000 gevalle en net 58
mense, oorlede maar niemand van ons glo die syfer nie! So ver was daar net een
sending familie wat die virus gekry het maar ons is dankbaar dat almal herstel
het. Ons probeer nou om meer en meer meetings hou maar word steeds beperk met die hoeveelheid mense en dit sluit kerk in.
Ons hartseer is dat ons bitter baie sendelinge verloor het
gedurende die laaste 3 maande! Meeste sendelinge is terug geroep na hul land van herkoms, baie is sak en pak hier weg met geen voorneme om terug te kom nie
weens verskeie redes maar veral die Christen skool wat toegemaak het tot 2021! Byna al ons sendelinge
se kinders was deel van hierdie skool!
God knows our situation;
He will not judge us as if we had no difficulties to overcome. What matters is the
sincerity and perseverance of our will to overcome them. ~ C.S. Lewis




Ek is steeds besig om my boek te skryf maar daar is baie ander verpligtinge wat my aandag verg! Ek is ook in die proses om voorbereiding te doen vir die volgende fase van my uitreik in Mongolia, Kazakhstan, Kyrgyzstan en Tjibekistan! Ek vertrou dat ek steeds in September soontoe sal gaan vir die uitreik maar sal nader na die tyd sien wat die situasie daar is!
I consider that our present sufferings are not worth
comparing with the glory that will be revealed in us. - Rom 8:28
Ons is ook steeds besig om kospakkies gereeld uit te deel in verskeie plekke in die Chiang Mai provinsie! Ons sluit nou ook die Bybel en traktaaitjies in! Ons bou verhoudinge met meer en meer mense en die dankbaarheid spreek boekdele in die mense se harte en lewens! Baie se harte verander en het ontmoetings met Jesus en ons gee net die eer aan Jesus! Daar is ook geleenthede om van die afdewerings in die mense se huise te doen en kry so dan geleentheid om vir hul te bid en die evangelie te verkondig! Ons het nou 309 families geimpakteer gedurende Corona!
Ons is ook steeds besig om kospakkies gereeld uit te deel in verskeie plekke in die Chiang Mai provinsie! Ons sluit nou ook die Bybel en traktaaitjies in! Ons bou verhoudinge met meer en meer mense en die dankbaarheid spreek boekdele in die mense se harte en lewens! Baie se harte verander en het ontmoetings met Jesus en ons gee net die eer aan Jesus! Daar is ook geleenthede om van die afdewerings in die mense se huise te doen en kry so dan geleentheid om vir hul te bid en die evangelie te verkondig! Ons het nou 309 families geimpakteer gedurende Corona!
Hier is n mooi getuienis: Van ons Sendelinge hier, het 'n
plaaslike gemeenskap besoek waar nog geen Christene was nie. Hulle het pakkies
uitgedeel van huis tot huis en gevra of hul kon bid vir hulle en so ook terselfdertyd die Gospel met hulle gedeel. Hul het
vir n vrou gebid en sy het hulle daarna begin volg waar hulle ookal beweeg het. So paar dae later het hulle weer opvolg besoek gedoen en die absolute wonderlike
getuienis aangehoor! Die vrou wat hulle gevolg het, het 'n gebreklike arm gehad
met onuithoudbare pyn daarby. Haar man het sy werk verloor, en so het die hele
gesin baie swaar gekry. Saam het die gesin besluit om almal saam gif
te drink en so saam te "re incarnate" volgens hul Buddist geloof.
Soos sy hulle gevolg het, het sy net gehoor en onthou "Jesus is God,
Jesus saves, Jesus heals" Op haar eie het sy gaan sit en oor en oor
gesê "Jesus is God, Jesus heals"!. Vroeg op die volgende oggend het sy
vir Jesus in 'n droom gesien en Hy het 'n geskenk na haar uitgehou. Sy het haar
gesonde arm uitgestrek om dit te neem. Jesus sê toe vir haar om haar ander arm
te gebruik, sy sê toe in haar droom : nee, sy kan nie, waarop Hy toe sê, "Ja,
jy kan"! Toe sy wakker word, is haar gebreklike arm normaal!!
Geen woorde kon haar vreugde beskryf!

“God demonstrated His wisdom in that, even as people in Europe
began despising the gospel, He was already preparing to go somewhere else.”
― Sinclair B. Ferguson
― Sinclair B. Ferguson
Wel, nou is my nuusbrief weer te lank! Ons bid vir julle en dra julle elke dag op in gebed! Laat weet asb as daar iets is wat ons voor kan bid!
Baie liefde, Len, Jono, Sara en Zac!
BANK DETAILS
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005