The great challenge left to us is to cut though all the glitz and glam of the season that has grown increasingly secular and commercial, and be reminded of the beauty of the One who is Christmas - Bill Crowder
Geseende Kersfees en n wonderlike nuwe jaar!!!
Ek dank ons Koning vir die voorreg om hierdie jaar deel van jul lewens te gewees het en ook jul in ons lewens hier kon deel! Ons waardeer julle met opregtheid en weet net dat jul net so veel deel het in sending met al jul ondersteuning in gebed, omgee en voorsiening!
Ek kan nie glo hierdie jaar is al verby nie en ek glo julle sal saamstem dat hierdie jaar het gevlieg! Ons beleef n snaakse tyd hier in Thailand aangesien dit redelike lekker weer is vir n geruime tyd nou! Wel as ek se "lekker" dan meen ek dis so tussen 30 en 33 grade daagliks en so 16 to 18 grade deur die nag. D.w.s ons het n heerlike "winter"! Die Thai's loop natuurlik met baadjies, jasse, serpe en handskoene rond!
Ons het weereens n bitter besige tyd weens al die spanne wat ons moet koordineer en opleiding wat ons moet gee! Daar is soveel spanne dat meeste van ons ministry hosts nie eens plek het vir hulle nie en ons moet soek vir nuwe geleenthede en uitreik plekke!
Our God is the God of the unexpected. A few things could be more unexpected than a King of heaven being born in a stable - Bill Crowder
All the Christmas presents in the world are worth nothing without the presence of Christ - David Jeremiah
My bakkie is nou 13 jaar oud en het my skielik probleme begin gee. Ek moet die "clutch" vervang maar ek is net dankbaar dat ek kan ry, ongeag. Gelukkig is hier goeie werktuigkundiges en sal dit hopelik nie n arm en been kos nie!
Ek bid en vertrou dat julle n wonderlike Christusfees sal he en dat 2020 die mooiste jaar vir elkeen van julle sal wees, gevul met die Vader se liefde, blydskap en vrede!
Ek sal Jono se nuusbrief volgende keer insluit!
May the Lord, the God of Israel, under whose wings you have come to take refuge, reward you fully for what you have done - Ruth 2:12
BANK DETAILS
ACCOUNT NAME: NEW HOPE MINISTRIES INTERNATIONAL
BANK: ABSA
ACCOUNT NO: 9106492455
BRANCH: PAROW
BANK CODE: 632005