This morning about nine I withdrew to the woods for prayer. I was in such anguish that when I arose from my knees I felt extremely weak and overcome....I cared not how or where I lived, or what hardships I went through, so that I could but gain souls for Christ - David Brainerd
More my boeties en sussies in Christus,
Ons vertrou dit gaan goed met julle. Ons hou nie op om vir julle te bid en ook vir Suid Afrika se onrustige omstandighede nie. Mag die Here julle elke dag beskerm maar ons bid ook dat Hy n groot verandering in ons geliefde land sal maak.
Ons hier, duisende myle weg, het ook maar ons eie uitdagings. Dit is die meeste reen wat ek nog in my lewe ervaar het. Ek kan nie meer onthou hoe die son lyk nie...haha. Als is klam en nat maar ek kla geensins want dit is baie beter as die hitte wat ons die laaste vyf jaar ervaar het nie. Die humiditeit is wel steeds hoog. Ons het ook baie gebed nodig t.o.v visas hier in Thailand aangesien die army (nou die goverment) dinge harder maak vir sendeling.

God, send me anywhere, only go with me. Lay any burden on me, only sustain me. And sever any tie in my heart except the tie that binds my heart to Yours - David Livingstone
Ons het darem so hier en daar kon insit en getuienisse en terugvoer hoor en dit was baie inspirerend wat die Here besig is om te doen oral oor die wereld. Die vervolging het bitter erg begin word in die laaste jaar in China en India en die leiers se dat baie kerke word verwoed afgebreek en aan die brand gesteek. Sendelinge wat al 30 jaar daar is word visas en werk permitte geweier en moet die land onmiddelik verlaat. Dis die geval met meeste Christen organisasies. Gelukkig het baie deure oopgegaan in Noord Korea.
Op Woensdag van die week van die konferensie het ons almal, 4000 ywamer's, op uitreike gegaan oral oor Pattaya. Dit was n belewenis om al die taxi's te sien kom en gaan en ons het goeie terugvoering gekry. Die transsexuals en gays het maar baie vinnig verdwyn waneer ons die woord gedeel het maar daar was heelwat wat bly luister het en het vra gehad. Ek het lank met n Hollander gedeel wat omtrent my ouderdom is en dit het maar geknoei maar sy hart het darem teen die eiende sagter geword en het baie om te oordink en ek bid dat die Here die saad kan gebruik wat geplant is deur daardie dag van uitreik in n baie donker area van Thailand.



Na baie gebed het ek oor en oor bevestiging gekry om Mongolia toe te gaan. Ek weet nie vir hoe lank ek daar gaan wees nie nie maar die Here het al 2 jaar terug met my begin deel om Mongolia toe te gaan en dit lyk na Mei volgende jaar. Meer waneer ons kom kuier.

Ek vertrou steeds om in Oktober the kom en Jono hulle in November. Die rand het net verskriklik verswak en die kaartjies is nou R5 000 meer per kaartjie as wat dit was 2 maande gelede.
Nou ja my nuusbrief is nou te lank. Glo ek sien julle volgende maand.
Mag julle net seeninge ontvang, groei in geloof en uitreik na mense en almal impakteer met Jesus se liefde.
Let us more and more insist on raising funds of love, of kindness, of understanding, of peace. Money will come if we seek first the Kingdom of God - the rest will be given - Mother Theresa

BANK DETAILS
Account Name: New Hope Ministries International
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005