“Only one life, ’twill soon be past, only what’s done for Christ will last.” ― C.T. Studd
Hi almal,Ons vertrou dat alles wel is aan julle kant en wees verseker dat ons aanhoudend vir julle bid en opdra in gebed.
Dit gaan goed hier in Asia en die Here is besig om harte aan te raak en baie ontmoet Jesus op n daaglikse basis. Daar is werklik n herlewing hier in Asia, met die grootste liggaam van Christene in die wereld, naamlik China met oor die 200 miljoen Christene nou, en ook India wat die vinnigste groeiende kerk is op die stadium. In Burma of Myanmar is daar ook n herlewing. Daar is ook baie vervolging in al hierdie lande en ongelukkig het ons (YWAM) so pas n basis in China verloor en al die sendelinge en staf is in hegtenis geneem en/of gedeporteer. Dit was tragies maar niks wat gebed nie kan verander nie en nuwe deure wat weer oopgemaak kan word nie. Van die mense is nou tydelik in Thailand maar dit is tog n bitter hartseer aangeleentheid.
et ons weer immigrasie toe gaan en weer n verslag indien. Hierdie is n pynlike scenario maar niks in vergelyking wat sendelinge in ander lande moet deurgaan nie.

Ons het n bitter besige April en Mei gehad met meer spanne as die vorige 5 jaar wat ek hier is. Daar is weer wonderbaarlike getuienisse van mense wat Jesus aangeneem het tot genesings wat plaasgevind het. Daar is ook n hele klomp jong mense wat die Heilige Gees se leiding ervaar het om of in sending te bly of om terug te kom na Thailand om deel te wees om die onbereikte mense te bereik.

Een span het lofprysing oral gedoen en selfs in n Moslem area en hierdie Moslems wou hul geld aanbied om aan te gaan en nog te worship. Ander plekke het mense so verdiep geraak dat hul met trane hande begin klap het. Nog n span het n eye glass bediening gehad waar hulle in villages die liefde van die Here kon deel en baie mense het brille met dankbare harte gekry. Horde spanne het in die tronke gaan bedien en ander het in universiteite en skole gaan bedien saam met lokale sending organisasies en kerke.
“I am no longer anxious about anything, as I realize that He is able to carry out His will for me. It does not matter where He places me, or how. That is for Him to consider, not me, for in the easiest positions He will give me grace, and in the most difficult ones His grace is sufficient.”
― James Hudson Taylor
For the Good News must first be preached to all nations - Mark 13:10
Ons was bevoorreg om saam met n kerk in Lampang te gaan bedien en kon getuig, preek, bid vir mense en Bybels en traktaaitjies uitgee. Hiedie area het geen kerrk of Christen gehad nie en die snaakste van als was dat daar ook geen tempel was nie. Die "village chief" het ons baie gehelp deur af te kondig op luidsprekers om hierdie geleentheid by te woon. Daar was baie kinders en vrouens maar bitter min mans en ons het baie geskenke (inkleur boeke, penne, inkleur kruit ens) aan al die kinders gegee, jeug Bybels en Comic Bybels.
My voorbereiding vir Mongolia en die "Stan's" vroeg volgende jaar gaan goed aan en my motorfiets is nou ten volle toegerus, my gear is amper in plek maar ek moet nog under layers kry wat sal help teen die koue. Ek is ook besig om te "partner" met van die Christene daar asook YWAM basisse en ek vertrou dat die Here elke stap sal lei.
Nou begin my nuusbrief weer soos n boek raak maar ons wil net dankie se vir elkeen se omgee, liefde en gebede. Ons waardeer julle uit ons harte uit en dankie dat julle deel is om hierdie mense te bereik vir Sy Koningkryk. Alle eer aan Jesus.
Jesus liefde.
Prayer requests
Please thank the Lord with us for His amazing protection and guidance.
Please thank Him for the souls that are coming into His Kingdom.
We need to trust Him for wisdom and anointing to be effective for the Kingdom.
For hearts to be prepared in Mongolia and wherever He send me next year.
For the Christians to stand strong during their persecution and tribulation.
For Jono to be anointed while preaching every Sunday
MISSIONARY: A PERSON WHO LEAVES HIS FAMILY FOR A WHILE, SO THAT OTHERS CAN BE WITH THEIRS FOREVER!
BANK DETAILS
Account Name: New Hope Ministries International
Bank: Absa bank
Account no: 9106492455
Branch: Parow
Bank Code: 632005