- “Alone we can do so little; together we can do so much.” – Helen Keller
Hi almal,
Ek vertrou dit gaan goed en dat julle
geseend is in alle opsigte en dat julle elke dag n glimlag op die Vader se
gesig sit. Met n dankbare hart se ons dankie vir die voorreg om sulke awesome
vriende en boeties en sussies te he. Woorde sal nooit kan beskryf wat julle
werklik vir my/ons beteken nie. Ons waardeer elke gebed, kommunikasie, support en
liefde uit die diepte van ons harte.
Dit gaan goed die kant van Asia en die
bitter besige seisoen oor Desember en Januarie is nou oor. Die laaste span van Januarie en Desember het
n paar dae terug vertrek na hul uitreik bestemmings maar nou is dit weer tyd vir 2018 beplanning-vergaderings
en Asia konferensies.
Ek, YWAM Chiang Rai se direkteur (Greg) en n Thai
christen (Nui) het darem n geleentheid gehad om verlede week vir 4 dae weg te breek. Ons het n kombinasie van n uitreik en n plesiertrip gehad en is met ons
motorfietse na Burma se grens en daar met n bootjie oor die rivier (grens) gery
en n “festival” bygewoon vir die “Karen” mense. Ons het geleenthede gehad om
die Woord te verkondig en ook saam met leiers te bid. Bid asb veral vir Tony (Burmees)
en ook n Thai meisie, Lei wat baie soekend is.

Ons het soos sardientjies in een groot riet
gebou geslaap en die rook was erg want hul maak vuur onder die huise. Mens kon skaars
iemand herken van al die rook en dit was bitter koud. Ek moes vir die eerste keer in my lewe
met oorpluisies slaap aangesien mense erg gesnork het en baie reg deur die nag
gesels het.

Ons trip tot by die rivier wag verskriklik erg
en ek en Greg (direkteur) het maar min off-road experience gehad. Ons moes deur
riviere en berge op en af met kranse aan die een kant en afgronde aan die ander
kant. Ek het lanklaas so baie gebid…hehe.
Ons moes weer n dag later dieselfde roete ry
maar die het toe al makliker gegaan. Ek het wel een keer hard met moeder aarde
kennis gemaak maar gelukkig het my toerusting baie goeie beskerming. My
side-boxes se raamwerk het erg gebuig en my vertroue in die lokale maak het n
knou gekry.
1 Corinthians 3:7 So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God who gives the growth.
Ons is vandaar op die Mae Hong Son loop wat
uit 1864 draai bestaan. Ek het n sticker gekoop wat se: “I survived the 1864
curves”. Elke nou en dan is daar toilets wat aandui dat dit vir mense is wat
kar siek raak. Ek het dit verskriklik geniet. Ek moes weer terug jaag en kon nie sightseeing
doen nie want n span het vir my gewag vir opleiding.
Dit raak nou weer tyd vir besoedeling want
almal brand als en die rook trek in Chiang Mai in en kan nie uit nie omdat ons
omring is met berge. My gesondheid het so bietjie knou gekry en ek het vir die
eerste keer in n bitter lank tyd erg hooikoors en griep simptome. Ek aanvaar
net die Woord wat se dat ek genees is deur Sy wonde en het jul gebede ook nodig
asb.
Met Jono en Sara gaan dit goed en ons sien
mekaar steeds elke 2 de of 3 de dag. Hul is altwee besig met hul take en ek hul
vertrek volgende week vir 5 dae India toe vir n uitreik en vriende te besoek.
Ek vertrou steeds om SA toe te kom maar dit lyk nou eers na Junie of Julie se
kant. Jono en Sara sal ook kom maar hul moet daarna Amerika toe gaan om Sara se
identiteits papiere reg te kry met n nuwe van ens. Jono het ook n uitreik vanaf die 2 de Maart.
Wonderlike getuienisse kom daagliks in man mense wat Jesus aangeneem het en mense wat genees is. Hou asb aan om te bid dat die Here Divine apointments sal stuur en ons aanhou die vrymoedigheid, wysheid en krag sal gee om getuienisse vir Hom te wees en effektief vir Sy Koningkryk te wees.
Ek het sommer verskeie fotos ingesit en ek hoop dit sal so bietjie help om te sien waar ons was ens.
Baie liefde vir julle almal en mag julle Sy amazing teenwoordigheid en comfort ervaar deur hierdie maand. Laat weet as daar iets is vir wat ons kan bid of saamstem met jul gebede.
Len, Jono en Sara
1 Corinthians 3:9 For we are God’s fellow workers. You are God’s field, God’s building.